Maar nou se die Here: Draai met volle oorgawe terug na my toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hart seer is nie, skeur julle harte!

Joel 2:12,13

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Jul 2018  

Hallo Jackie en die JOY! toerspan – Ek wil jou van harte bedank vir ’n wonderlike toer na Israel en vir die spesiale verrassing waarmee jy my geseën het [’n enkelkamer]. Dankie dat die toer so goed beplan was dat ons die beste kon geniet. Dit was so ’n seën en soos met die meeste dinge van die Here, weet ek dat baie van die dinge wat ek ervaar het, tot groot openbarings en groei in my verhouding met Hom sal lei. Ek wil jou ook bedank vir die verrassingsbesoek aan Yad Vashem, ek wou dit so graag beleef. Ek was nog nooit voorheen op ’n toer nie, ek is so gewoond daaraan om alleen of net saam met familie te reis. Om kleiner ruimtes met vreemdelinge te deel, kan ’n uitdaging wees vir ’n introvert, maar dit het glad nie so gevoel nie! Ek was omring deur liefde en sorg en ek bedank jou vir jou bediening en toewyding. Ek bid dat God vir jou en jou gesin sal seën en jou grondgebied nog verder sal uitbrei.

Julie-Ann

 ’n Toer saam met JOY! Travel is altyd genotvol. Sluit gerus aan by een van ons komende toere na die Heilige Land – ons het nog agt plekke oop vir ons toer van 10-18 Oktober 2018. E-pos info@joytravel.co.za vandag om jou plek te bespreek! – Red

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication