God is nie n mens dat Hy sal lieg nie.

Num 23:19a.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Jul 2018  

Dr. J v.d. Berg meld in die Junie-uitgawe van JUIG! in antwoord op Bonny van der Merwe se brief oor lewe ná die dood dat sy die siening van die Sewendedagadventiste en die Jehovasgetuies oor die siel weergee. My indruk is egter dat sy eer-der ’n Bybelse siening weergee. God het nie ’n siel in die mens “ingesit” nie. Gene-sis 2:7 sê: “En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ’n lewende siel geword.” Nuwer vertalings gebruik die term “lewende wese” (living being) eerder as om na die siel te verwys. Dit is ’n meer korrekte vertaling in die lig van ons huidige taalgebruik. Om te leer die mens het ’n siel, spruit uit die ou Griekse filosofie.

Lukas 23:43 (waar Christus sê: “Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy met my in die paradys wees” – Ou Vertaling) kan op twee maniere gelees word. Volgens die Multivertaling Bybel kan die komma vóór of ná die woord “vandag” geplaas word, wat tot twee heeltemal verskillende betekenisse lei. Die komma hoort ná die woord “vandag”, soos bevestig deur Johannes 20:17, waar Jesus ná Sy opstanding aan Maria sê sy moet Hom nie aanraak nie, “want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie”. Hy was dus glad nie in die Hemel die dag van Sy dood nie. As mense onmiddellik ná hul dood na die Hemel gaan, waarvoor is die opstanding met Christus se tweede koms dan? Die Bybel sê immers heel duidelik in 1 Tessalonisense 4:16: “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep … en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.” As mense Hemel toe gaan met hul afsterwe, kan hulle mos nie uit die graf opgewek word met Christus se tweede koms nie, of hoe?

Dr. Bernhard Ficker

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication