Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan he.

Joh. 20:31.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Jul 2018  

Ek lewer graag ook insette oor dié onderwerp. Verwysing: “Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie … Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.” – 1 Tessalonisense 4:13-15. Die Apostel Paulus verwys na die dood as ’n slaap- of rustyd en maak geen melding van aktiwiteit in die dood nie. Die dode slaap tot en met die koms van Christus. Ons lees verder: “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.” – 1 Tessalonisense 4:16-17. God neem die mens se siel en gees in bewaring, wat dan by Sy wederkoms na die opgestane liggaam terugkeer en weer lewend gemaak word, soos beskryf word: “… en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan …” Nie die dooies of die lewendes sal enige voordeel bo mekaar geniet nie. God is ’n regverdige God, hoe sal Hy toelaat dat die gestorwenes voor Sy wederkoms in die Hemel of Paradys sal wees voor dié wat nou lewe, terwyl ons almal gelyk voor God gereken word. Die tyd wat iemand in die doderyk is, gaan in ’n oogwink verby, vandat die laaste asem uitgeblaas word tot by die wederkoms van Christus. Met ander woorde, vir ons in die lewe is dit ’n tydperk waarvan ons bewus is, maar vir die afgestorwe mens is dit soos ’n breukdeel van ’n sekonde van die sterwensoomblik tot die oomblik van opstanding met die blaas van die basuin. Ek dink die belangrikste doel van ons lewe op aarde is om seker te maak ons is gereed om ons God te ontmoet, wat ook al ná die dood op ons wag. Dankie vir ’n puik tydskrif en puik onderwerpe.

Frans Labuschagne

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication