Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel alle opregtes!

Ps.32:1.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Jul 2018  

Onlangs sien ek ’n program op televisie oor die koninklikes van Engeland en wat alles agter die skerms gebeur het voordat die jong voshaarprins met die Amerikaanse sproetgesiggie getrou het. Ek wonder oor die rykdom van die koninklikes. Die juwele – diamante, pêrels en gesteentes. Skitterende tiaras en armbande, ringe en juwele. Die tunieke in rooi, swart en goud met dik masjien- en handgeborduurde stiksels en oprygsels en vergulde wapens gemaak deur ’n fabriek vol ontwerpers en naaldwerkers. Gestik en gepas om koninklike lywe te omskep in vorstelikheid. Die knope van die orkessoldate en prinse gedruk deur ’n spesiale masjien en ontwerp met keiserlike tekens en verguld met egte goud. Blomme om baddens vol te maak: stuifmeelvrye berkehouttakkies, wit pinksterrose en vingerhoedjies. Die koek, ’n suurlemoen-en-vlierblomgedoente. Die sjokolade in die vorm van krone en geverf met ware stofgoud. Die perde gryswit en blinkbruin gekies uit die stalle van die koningin se landgoed in Berkshire. Terwyl die prag en praal van die adellikes voor my oë verby flits, dink ek aan wat my skoonma altyd gesê het: “Party mense het ook hulle hemel op aarde!” Hoewel ons daaglikse lewe ver verwyderd is van die prag en praal van die Windsors van Engeland, kan ons ook ’n stukkie hemel op aarde hê, want die dag toe die Prins van Vrede ons in Sy koninklike familie van God ingeneem het, het koninklikheid ook deel van ons lewens geword. Weliswaar nie goud op ons knope of tiaras op ons koppe nie, maar ons is gekroon as ware kroon van Sy skepping. En het Hy elke voddekind geklee in die wit linne van heil, verlossing en geregtigheid. Hy het jou as terugkomseun of -dogter ’n kosbare ring aangeglip om te verklaar: Van nou af is jy koninklik, vir ewig deel van die vorstehuis van die Koning van die Heelal.

Hanlie Smith

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication