Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel alle opregtes!

Ps.32:1.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Jul 2018  

Ek het ook die gravin van Sussex (toe nog Megan Markle) se video gesien oor die begin van haar stryd vir vroueregte. Ek het ook gesteurd gevoel oor die woorde: “All over America women are fighting greasy pots and pans.” My rede het egter van hare verskil. Ek het besef daar sal nou weer ’n hele vlaag meelopers wees wat dié ou perd gaan opsaal. Dalk hierdie keer met ’n ander naam, maar een wat nie heeltemal so nuut is nie. En sowaar, toe is daar op RSG ’n program oor paternalisme in die kerk. En ek wonder: Wanneer gaan ons die regte vyand aandurf? Beslis is ons geveg nie teen olierige potte en panne nie. Nee, ons geveg benodig iemand kragtig en toegerus vir die stryd. Só stel die Amplified Bible dit: “I have endowed one who is mighty [a hero], giving him the power to help.” – Psalm 89:19b. Dit is ’n raak beskrywing van ’n helper. Ja, ’n vrou is ’n helper. My Vader het my met baie geduld gelei na die begrip van my rol as helper. Die antwoord het gekom van Pete Thompson van YWAM (Youth With A Mission) wat ’n seminaar aangebied het: “When a man loves a woman.” Wat ’n openbaring! Die hoë roeping van “helper” het my aangegryp. Hy het ’n duidelike uiteensetting gegee van wat “azer”, Hebreeus vir “helper”, eintlik beteken. Psalm 121:5 sê: “The Lord is your keeper; the Lord is your shade on your right hand [the side not carrying a shield]” (Amplified Bible). Eva is uit Adam se sy gehaal om sy helper te wees. Dit is allesbehalwe ’n assistent of bediende. Kyk mooi, sy staan aan die man se sy waar daar geen skild is nie. Sy en haar man is saam in ’n stryd betrokke. Hy dra die wapen in sy een hand en sy skild in die ander. Met sy wapenhand gelig vir die stryd, is sy regtersy onbeskut en dít is waar sy “helper” staan. Sy wat naby haar God leef, weet die vyand beplan om haar man en haar gesin en haar land te verwoes. Dit is hoekom sy op so ’n strategiese plek staan. En die vyand is bang vir haar. Hoekom anders probeer hy so hard om haar uit daardie posisie te kry? Hy het dit met Eva reggekry en toe is Adam ’n oop skyf. Vandag probeer hy steeds om haar weg van Adam se sy te kry. Hy slaag grootliks daarin om haar aandag weg te trek van die ware stryd en haar op haarself te laat fokus, ook op alles wat haar man nie reg doen nie. Wie sy behoort te wees en hoe sy nie behandel behoort te word nie – ja, dit het sy plek en tyd, maar dit behoort nie die hooffokus te wees nie. Nee, ons stryd is nie teen potte en panne nie. Ons stryd is ook nie teen vlees en bloed nie. Ons, die helpers, “endowed with power and might”, se stryd is teen die magte van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug (Efesiërs 6:12). Die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp (2 Korintiërs 10:5-6). Laat ons nie langer in die vyand se kamp veg en hom toelaat om ons aandag af te lei van sy dade om te slag en te roof en te verwoes nie.

C.M.E. de Bruto

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication