Maar nou se die Here: Draai met volle oorgawe terug na my toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hart seer is nie, skeur julle harte!

Joel 2:12,13

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Jul 2018  

Ek was in Januarie in ’n motorongeluk en daar is met my na drie verskillende private hospitale gejaag. Einde ten laaste is ek in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria opgeneem. Hier het hulle my vinger, hand en arm gered en ’n mediese wonderwerk verrig. By die private hospitale het hulle dadelik gesê my regterduim sal afgesit moet word – dit sou baie probleme vir my veroorsaak het omdat ek regs-handig is. Die eerste wonderwerk was dat ek die ongeluk oorleef het. Die tweede wonderwerk is dat my hand en arm se vel- en beenoorplantings suksesvol was. Dit is alles te danke aan dr. Ivan Landman by die Steve Biko Hospitaal wat gewillig was om te waag – medies gesproke was daar net een persent kans dat die prosedure sou slaag. Danksy dr. Landman en die genade van die Here het ek my duim behou. Alle eer aan God, ek glo dat Hy ingegryp het. Ek wil graag almal laat weet van die goeie diens by die Steve Biko Hospitaal. Hulle het my baie goed behandel en die dokters is die beste in die land.

Landie Nel

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication