Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?

1 Korintiers 4:7

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Sep 2018  

Ware en volkome geloof is om in algehele afhanklikheid en opregtheid in God te glo, met die sekere wete Jesus Christus is die Ware God (1 Johannes 5:20) en die enigste weg na die Hemel en die Ewige Lewe (Johannes 3:16). Enigiets anders is onvoldoende. Ons is almal kinders van God deur Adam en Eva as ons voorgeslagte (Genesis 1:27), maar deur die val van Adam en Eva in die paradys het ons almal verlore kinders van God geword en moet ons gered word. “Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.” – Romeine 3:23. God voorsien ’n reddingsboei vir die verlore mensdom in die vorm van Sy eniggebore Seun, Jesus Christus. Ons kan weer egte kinders van God word deur ons geloof in Jesus Christus (Galasiërs 3:26-29), met alles wat daarmee gepaardgaan: bekering, aanneming en doop in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van ons sonde (Handelinge 2:38 en Handelinge 19:5). Nou kan ons saam met die profeet Jeremia juig: “Ek het U woorde verslind toe hulle gekom het, hulle was vir my vreugde; ek was bly daaroor dat U Naam oor my uitgeroep is, Here almagtige God.” – Jeremia 15:16. Nou lê die besluit by elkeen afsonderlik – gered of verlore.                       

Ben Biggs

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication