Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan he.

Joh. 20:31.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Sep 2018  

Ek sien berigte oor vervolging van Christene deur Islamiete al tot so na as ons buurlande. Ook dat Suid-Afrika se regering hand om die blaas is met Islamiete. Ek doen ’n beroep op Christene in Suid-Afrika: Let op dat meer as 80 persent van die produkte op die winkelrakke die halaalmerk op het. Ons befonds hierdie geloof wat geweldenaars oplewer wat ons medegelowiges aanval en vermoor of martel. Die halaalteken is baie klein op produkte aangebring, byna versteek.

Suid-Afrika is veronderstel om ’n Christelike land te wees en dit is ons plig om nie hierdie produkte te koop nie. Sommige kettingwinkelgroepe se eie handelsmerke het nie die halaalmerk nie en ’n mens kan dit darem nog koop. Ek self was tot onlangs toe salig onbewus van hoe ons Suid-Afrikaanse Christene miljarde bydra tot die Islam. Danksy ’n medegelowige is my oë nou oop en wil ek ook hierteen standpunt inneem. Halaal is geensins op die Christelike geloof van toepassing nie. As Christene moet ons dit nie as onskadelik vir onsself en / of ons geloof ag nie. Ons land is in ’n groot gemors, dié is een van die redes.                                  

Nico Henning

 

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication