Vra My, en Ek sal jou antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nog vir jou n geheim, en jy weet niks daarvan nie.

Jer 33:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Oct 2018  

Daar is so baie kere in die lewe dat ’n mens jou kind ruimte gee vir eie besluite. Elke een daarvan kom met vreugde of pyn. ’n Mens gee geboorte en dan word jou kind uit die veiligheid van die baarmoeder gehaal – as hulle asemhaal, sukses, as hulle nie asemhaal nie, groot hartseer.

Dan kyk ’n mens hoe sy kruip en wanneer sy wil begin loop, hou jy haar hand vas, maar jy moet ook laat los en haar aanmoedig: “Mooi so, Ousus, nog ’n treetjie vorentoe.” Die lewe gaan sy gang, dis vinnig en voor jy weet, het Hilma ’n babasussie en sy leer haar, terwyl ek met trotse mamma-oë toekyk: “Dis oukei, Sumi, ek val ook nog partykeer – nog een treetjie vorentoe.”

En hier is ek nou besig met ’n stryd teen kanker en ek kyk nog ’n keer toe hoe my kind haar eie besluit neem, hoe sy haar lewe vir Jesus gee. Ek wonder of sy benoud is terwyl sy vir die gemeente en kerkraad kyk en ek wil vir haar sê: “Ousus, dis oukei – Mamma is by jou, soos God altyd by jou is – nog een treetjie vorentoe!”                                                   Mamma

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication