Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Eksodus 20:1

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Oct 2018  

In Genesis 49:9 seën Jakob sy twaalf seuns: “Juda is ’n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos ’n leeu en soos ’n leeuin; wie sal hom opjaag?” (1953-vertaling). Net eergister toe ek ontsteld raak oor iets by die werk, noem my man dat ek die saak rustiger en van ’n ander hoek af moet bekyk en kom sy woorde: “Julle vroue is emosioneel oor dinge. Kom ons staan terug en hanteer dit sonder om opgewerk te raak.”

Ek sien die standvastigheid van die leeu van Genesis in my man. Die maanhare laat hulle nie opjaag deur ’n vlieg of ’n voël of selfs ’n groot dier soos ’n kameelperd nie. ’n Leeu is van inbors stabiel, dapper, manhaftig, sterk, bedaard, onwrikbaar. Hy is immers die koning van die oerwoud. In ’n land soos Suid-Afrika is daar daagliks kwettervoëls wat raas en dreig om ’n volk se rus te versteur. Negatiewe koerantopskrifte in swart drukletters. Dominerende uitsprake uit die mond van opswepende leiers wat duidelik meer omgee vir hulle eie agendas as vir ’n gemeenskap van voorspoed en vrede.

Maar kalmte en onverstoorbaarheid sal mettertyd elke Koningskind se deel word. Want is ek en jy dan nie onder die seën en ingekoopte bloedlyn van Juda nie  die Leeu waarvan Openbaring praat: “Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal …” Soos Joseph Prince, een van die stigters van die New Creation Church in Singapoer, dit stel: “Destined to be solid. Destined to reign!”                         

Hanlie Nel-Smith

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication