Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel alle opregtes!

Ps.32:1.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Oct 2018  

Tiendes is deel van die wet van die Ou Testament wat verby en afgesluit is. Paulus het geskryf dat die wet nie meer van toepassing is nie. Niemand in die Nuwe Testament het enige opdrag of lering oor tiendes gegee nie. Paulus het wel gevra dat gemeentes offergawes bymekaar moet maak volgens elkeen se vermoë. Hy het nooit enigiets oor tiendes genoem nie. Jesus het dit ook nie verkondig nie. Niemand het nie. Dus, tiendes is ’n teruggryp na die oue wat verby en afgesluit is.

Wat wel sterk geleer word in die Nuwe Testament, is dat ons moet liefhê. Ons moet God so liefhê dat ons onsself geheel en al aan Hom gee. Ook ons geld, ons tyd, ons aandag. Gee omdat jy liefhet. Geen teruggryp na die wet nie. Ek verstaan dat gemeentes soos ondernemings bedryf word en geld nodig het. Sommige predikante preek sodat hulle miljoene bymekaar kan maak. Dit is hulle saak waaroor hulle rekenskap sal moet gee. Volgens die Nuwe Testament verkies God blymoedige gewers, nie mense wat die wet probeer onderhou nie. Om die wet te probeer onderhou, het hoegenaamd geen waarde in die Nuwe Testament nie. Ook nie die vloek van Maleagi nie. Onderhou die gebod van liefde, daarin is groot waarde.

Adriaan Meintjes

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication