God is nie n mens dat Hy sal lieg nie.

Num 23:19a.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Oct 2018  

In haar brief “Ons analiseer Christenskap te veel” verwys Lorene Nel (September-uitgawe) na die nuusberig oor die Hillsong-leier Joel Houston wat gesê het evolusie kan nie ontken word nie en dan vra sy: “Wat maak dit saak wat wie sê?” Sy voer aan dat ons Christenskap te veel analiseer.

Die feit is dat dit ’n Bybelse opdrag is – ons moet ons Christenskap analiseer sodat ons die woord van die waarheid reg kan sny (2 Tim 2:15). Analiseer impliseer bestudeer en die Bybel praat baie oor ons verpligting om die Woord te bestudeer “en tot ’n kennis van die waarheid te kom”. Sonder ’n goeie kennis en analise van Bybelse waarhede en van Christenskap sal ons soos ’n dobbertjie op die see wees wat deur elke windjie van dwaalleer van koers verander. Ons moet die Bybel bestudeer sodat ons geloof gevestig kan wees in die waarheid.

Volgens die evolusieteorie het alles uit niks ontstaan en is ’n god heeltemal oorbodig. Dit is in direkte stryd met wat die Bybel leer, naamlik dat God die Skepper van lewe op aarde is. Een van die mees fundamentele boodskappe van die Christendom is dat God ’n Skepper-God is waarsonder niks ontstaan het nie. God, wat die Tien Gebooie met Sy vinger geskryf het, het in die Vierde Gebod geskryf dat ons die Sabbatdag moet onderhou “want in ses dae het die Here die hemel en aarde gemaak” (Gen 20:11).

Mense wat die evolusieteorie voorstaan, glo nie dat God alles geskape het nie en nog minder dat Hy dit in ses dae gedoen het. Gevolglik kan niemand wat die Bybelse Sabbat onderhou, ooit die evolusieleer erken of dit voorstaan nie. Onderhouding van die Bybelse Sabbat is die bakermat teen die valse evolusieleer. Baie Christene wat die evolusieleer ondersteun, weet nie mooi wat dit eintlik behels nie. Mikro-evolusie, waarvolgens alles “binne sy soort” kan verander en vorder, is ’n Bybelse leer. Maar makro-evolusie, waarvolgens alles uit niks ontstaan het en van gogga tot vis tot bok tot aap tot mens gevorder het, is direk teenstrydig met die Bybelse leer dat die mens na die beeld van God geskape is. As ons glo soos ’n kind, soos Lorene wil hê ons moet doen, sal ons met kinderlike (en wetenskaplike) geloof glo dat God die Skepper van alles is en dat ons nie ons ontstaan het vanweë ’n evolusie-
proses van miljoene jare se dood en verwoesting en oorlewing van die sterkste nie.

Dit sal goed wees as Lorene meer inligting verkry oor die aard en wese van die evolusieleer. ’n Goeie begin is om die boek van mnr. (Basie) Basson oor evolusie te lees. Hierin word vrae bespreek soos: “Evolusie word wêreldwyd as ’n wetenskaplike teorie voorgehou, maar is dit werklik wetenskap of dalk die grootste leuen van alle tye?” Sy DVD-stel getiteld‚ Evolusie en die lang oorlog teen God, is ook baie insiggewend (sien tasforum.org). Dit is belangrik dat ons ons Christenskap analiseer en weet wat ons glo en hoekom ons dit glo.

Bernhard Ficker

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication