Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel alle opregtes!

Ps.32:1.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


14 Dec 2018  

“Salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam” (Openbaring 19:9). Ons is uitgenooi na die bruilofsmaal van die Lam, maak seker u is met Christus beklee om deel daarvan te wees en nie weggewys te word nie: “Die koninkryk van die hemele is soos ’n koning wat ’n bruilof vir sy seun berei het en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie … Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof … en die bruilofsaal het vol gaste geword.” Maar daar was ’n voorwaarde: “En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ’n bruilofskleed aan het nie [die voorwaarde].” – Matteus 22:2-11. Galasiërs 3:27 sê ons moet ons met Christus “beklee”. Dié wat nie aan die voorwaarde voldoen nie, kan nie die bruilof van die Lam bywoon nie: “Toe sê die koning vir sy dienaars: ‘Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Want baie is geroep, maar min uitverkies.’” – Matteus 22:12-14. God wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid (Jesus) kom (1 Timoteus 2:4).

Ben Biggs

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication