Jesus het daarop gereageer: Ek verseker jou, as iemand nie van bo (opnuut)gebore word nie, kan Hy die Koninkryk van God nie sien nie.

Joh 3:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


14 Dec 2018  

In sy brief sê Adriaan Meintjies: “Tiendes is deel van die wet van die Ou Testament wat verby en afgesluit is.” Ongelukkig sê hy nie na watter wet hy verwys of op watter teks(te) hy sy bewering grond nie. Ek kan nie so ’n wet in die Ou Testament opspoor nie. Tiendebetaling was ’n gebruik lank voor enige wette ingestel is (sien Genesis 14:18-20). Meintjies fouteer wanneer hy sê Paulus het “nooit enigiets oor tiendes genoem nie”, want in Hebreërs 7 verwys Paulus na Melgisedek  en tiendes.

Meintjies gooi heelwat babas saam met die badwater uit, soos waar hy sê: “Om die wet te probeer onderhou, het geen waarde in die Nuwe Testament nie.” Sy siening is teenstrydig met Christus se lering: “Moenie dink dat ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie … maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry … Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrif-geleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.” – Matteus 5:17-18. Christus sê: “Maar as jy die ewige lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.” – Matt 19:17

Die Nuwe Testament is vol tekste wat die belang van gehoorsaamheid en wetsonderhouding beklemtoon. Johannes sluit in Openbaring af: “Salig is dié wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte van die stad.

Ja, wettisisme – om die Ewige Lewe te probeer behaal deur jou eie goeie werke – gaan jou nêrens bring nie. Maar wetsgehoorsaamheid is ’n voorvereiste vir die Ewige Lewe, soos die Bybel dit herhaaldelik uitwys.  

Meintjies verwar die Morele Wet (Tien Gebooie) met die seremoniële wette. Die Morele Wet – moes in die ark geplaas word (Eksodus 25:16, 21), terwyl die seremoniële wette langs die ark geplaas moes word (Deuteronomium 31:26).

Seremoniële wette het bestaan uit al die “slagoffers en spysoffers en brandoffers en sondoffers” (Hebreërs 10:8) en seremonies wat vooruit gewys het na die offerdood van Christus. Hierdie seremoniële wette het tot ’n einde gekom toe Christus gesterf het. Meintjies se verwysing na wette wat verby en afgesluit is, is slegs van toepassing op die seremoniële wette en nié op die ewighoudende Tien Gebooie (Morele Wet) nie.

Paulus skryf: “Deur die wet is kennis van sonde” (Romeine 3:20). Om die Wet van God te elimineer, beteken dat sonde nie meer kan bestaan nie, want sonde is oortreding van die wet. As met die wet weggedoen word, is genade onnodig, want genade geld slegs waar gesondig is. As genade nie meer nodig is nie, dan was Christus se soendood heeltemal onnodig. As Christus nie vir ons gesterf het nie, het ons in ons eie kierangs gebraai sonder enige hoop op die hiernamaals.

Dr. Bernhard Ficker

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication