Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie,want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood..

Rom. 1:16

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


14 Dec 2018  

“Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie, moet my tog nie alleen laat nou dat my kragte ingegee het nie … Nou dat ek oud en grys geword het, moet my tog nie alleen laat nie, o God …” – Psalm 71:9,18. Wat is die grootste vrees van die ouderdom? Alleenheid en eensaamheid. En dit gebeur. Jy verloor jou lewensmaat wat ’n lang pad saam met jou geloop het. Jy verloor vriende wat reeds voor jou na die ewige Vaderhuis gegaan het. Jy verloor soms jou kinders en kleinkinders wat te besig is, of te ver of in die buiteland is. Jy verloor jou gesondheid. Jy verloor jou vryheid en onafhanklikheid. Jy verloor jou waardigheid. Jy verloor jou ruimte. Jou groot huis het ’n enkelbed in ’n enkelkamer geword. Jy voel uitgestoot en verwerp. Máár: Jy verloor God nie!

As jou oë swakker word, word dit helder-der om God te sien. As jou ore doof word en jy nie meer klanke kan onderskei nie, hoor jy die stem van God duideliker met jou praat. As jy  in jou bed lê en nie meer kan opstaan
nie,  kyk jy makliker boontoe. As jy op jou sterf-bed lê en jou laaste woorde prewel, sit jou familie nader aan jou met hulle oor by jou mond om jou laaste woorde te hoor. Dan onthou hulle wat jy jou hele lewe vir hulle probeer sê het, hulle koester dit en hou daaraan vas.

Psalm 71 vertolk die hart van elke bejaarde. God se teenwoordigheid, Sy bystand en liefde, Sy regterhand hou ons vas. In Jesaja 46:4 beloof die Here: “Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra.” Van Abraham word gesê: “Abraham was al baie oud, en die Here het hom in alles geseën.” – Genesis 24:1 Mag dit ook van jou gesê word in jou ouderdom. “Ouderdom is ’n sierlike kroon; dit word bereik deur dié wat reg lewe.” – Spreuke 16:31. Dankie Here, dat U my vashou in my ouderdom. U dra my as ek nie kan loop nie; U is my lig, as my oë dof word; U is my hoop, as ek moet sterwe. Amen.

Ds. Attie Beetge

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication