Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgele word nie.

2 Pet. 1:20.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


1 Feb 2019  

Oor die gee van tiendes en die Wet – ek bepaal my by Paulus se raad aan Timoteus om hom nie met “verdigsels en eindelose geslagsregisters besig te hou nie. Sulke dinge gee eerder aanleiding tot twisgesprekke – 1 Timoteus 1:4. Ek verbaas my oor die argument wat soms gevoer word oor onderwerpe wat duidelik in die Bybel uitgespel is. As jarelange student en prediker van die Bybel, wil ek graag daarop wys dat die Nuwe Verbond nie by Matteus 1:1 begin nie, maar eers vanaf die Kruis. Ons kan dus nie Jesus se gesprekke en antwoorde summier oordra op vandag nie. Jesus het in die tydperk vóór die Kruis gelewe toe die Wet nog gegeld het en het dus daarvolgens geantwoord. Ek verwys byvoorbeeld na die vraag van die ryk jong man toe hy vir Jesus gevra het wat hy moet doen om gered te word. Waarop Jesus antwoord: “Maar as jy in die ewige lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.” – Matteus 19:16-17. Maar ná die Kruis, toe die tronkbewaarder vir Paulus presies dieselfde vraag vra, antwoord Paulus: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.” – Handelinge 16:31. Kan u sien dat die antwoorde lynreg verskil en tog was Jesus en Paulus se antwoorde albei korrek. Die rede vir hierdie skynbare teenstrydigheid is dat ons vandag ná die Kruis leef, en God “die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak [het]. Deur dit aan die kruis te spyker het Hy dit vir goed weggeneem. – Kolossense 2:14. Daar is net een persoon wat ooit die Wet kon onderhou en volbring het, en dit was Jesus Christus die Seun van God! Daarom leef ons nie meer onder die Wet nie, maar onder die genade! (Romeine 6:14). Vóór die Kruis het God net met die Jode ’n verbond gehad. Die nie-Jode het eers vanaf die Kruis in die nuwe verbond ingekom. (Efesiërs 2:14-19). Die tiendes was nodig om die Levitiese priesters te versorg en die tempeldiens in stand te hou. Daar is nie vandag meer ’n tempel en offers nie. Gevolglik ook nie meer tiendes nie. Indien daar aangevoer word dat Abraham vóór die Wet tiendes gegee het en daarom is dit vandag nog geldig, moet ons ook die besnydenis nakom omdat Abraham vóór die Wet ook besny is. Die besnydenis en die tiendes is later onder die Wet ingebring en het op die Kruis geëindig. 2 Korintiërs 8 en 9 is die Nuwe Testamentiese voorskrif vir finansies. Dankie vir ’n puik tydskrif!

Pieter Labuschagne

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication