Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgele word nie.

2 Pet. 1:20.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Mar 2019  

Met Paasfees kom ons opnuut by die Kruis onder die indruk van God se liefde vir ons. Brennan Manning het in The Ragamuffin Gospel geskryf: “Dit maak nie saak hoe groot ons dink God se liefde is nie, dit is altyd groter.” My grootste droom was nog altyd om Paasfees saam met gesinne te vier wat nie die vreugde en betekenis van Paasfees ken nie. Vir die afgelope tien Pase vier ons as gesin Paasfees saam met ander mense wat ook ’n begeerte het om ’n ware Paasfees te vier. Ek sien al die kleuters se ogies na die handgemaakte hout kruis staar. Ek gaan vir hulle die rooi kolwyntjies bak met ’n kersie daarop en die woorde: ”My liggie skyn helder vir Jesus.” Daar gaan baie paaseiers wees – genoeg om vir al die “weggooikindertjies” ook te gee. Ek gaan hulle bederf met emmers vol liefde. Ons gaan lofliedere sing en almal heerlik eet en vrolik wees ter ere van ons Groot Meester – dit is Sy fees. Ons gaan dit behoorlik vier! Mag elkeen iemand aanneem en hulle toevou met liefde en mededeelsaamheid. Dis die klein dingetjies wat die lewe betekenis gee – geld en wêreldsgoed het weinig waarde in vergelyking met die liefde vir ander. Hierdie maand gaan oor God se liefde, versoening en ons liefde as Christene vir mekaar, asook die liefde wat God van Sy kinders vra – liefde vir ons naaste en liefde vir ons vyande. ’n Geseënde Paasfees vir almal – mag God se mildelike reën van blymoedigheid, hoop, liefde, vrede en versoening oor Sy kinders spoel.

Antoinette Schoeman

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication