Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan he.

Joh. 20:31.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Mar 2019  

Ben Louw (JUIG! Tydskrif Feb/Maart) reageer op my skrywe en maak beswaar dat ek meld wetsgehoorsaamheid is ’n voorvereiste is vir die Ewige Lewe. Dis egter nie ék wat so sê nie, dis die Bybel en Christus self. Hy raai aan dat daar geluister moet word na pastoor Miki Hardy wat alles verduidelik. Ek gaan eerder na die hoofbron, die Bybel, en kyk wat dít en Christus self te sê het oor die Wet en genade. As uitgangspunt stel Christus dit prontuit: “As jy die ewige lewe wil ingaan, onderhou die gebooie“ (Matteus 19:17). Die Nuwe Testament sluit af deur te sê: “Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan he op die boom van die lewe en ingaan deur die poort van die stad.“ – Openbaring 22:14 (OV). Christus spreek ’n oordeel uit teenoor dié wat verkondig die Wet is nie meer van krag nie: “Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mens so leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele.“ – Matteus 5:19 (OV). As ’n mens die Wet wegmaak, bestaan sonde glad nie meer nie, want “deur die wet is die kennis van sonde“ (Romeinie 3:20). Sonder die Wet kan daar ook nie ’n oordeelsdag wees nie, want ons word volgens die Wet geoordeel (Jakobus 2:12) Hoe dan anders? En so word die Bybelse waarhede platgeslaan deur dié wat God se Wet wil elimineer. Sommiges wil die Wet en genade as ’n oksimoron uitmaak, d.w.s. twee teenstrydige begrippe. Maar wat sê die Bybel? Paulus skryf: “Maak ons die wet tot niet deur die geloof? Dit tog nie! Inteendeel ons bevestig die wet“ (Romeine 3:31). Genade kan nie bestaan as jy die Wet wegmaak nie, want slegs waar daar ’n wet bestaan, kan genade bestaan. Ongelukkig verkondig baie mense ’n oksimoroniese teologie waarvolgens die Wet en genade teenstrydige begrippe is. Sulke verwarrende teologie is nooit deur die Hervormers verkondig nie en is ’n onlangse verskynsel. Christus lê geweldige klem op beide die Wet en genade en dit is begrippe wat hand aan hand gaan. Lees maar die Bybel en sien self die magdom tekse wat die waarheid aangaande die Wet en genade uiteensit.

Dr. Bernhard Ficker

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication