Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Eksodus 20:1

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Mar 2019  

Dr. Ficker verkondig ongelukkig ’n vreemde Evangelie dat ons self verplig is om die Ou Testament se Wet te hou ten einde gered te word. Maar sy standpunt bots lynreg met wat Jesus Christus ons in die Nuwe Verbond deur Sy Heilige Gees in onder meer Efesiërs 2:8-9  leer: “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke" (eie pogings om die Wet te onderhou) nie, sodat niemand mag roem nie." Dit is ook God se boodskap in onder meer Handelinge 15:11, Romeine 3:21-23, 2 Timoteus 1:9, Titus 3:7. Onthou: die Nuwe Verbond van genade is eers met Jesus se kruisiging en opstanding finaal gevestig. Eers nadat Jesus Self as Mens in ons plek die Wet volmaak volbring het, toe gekruisig is, uit die dood opgestaan en na die Hemel opgevaar het, het God Sy Heilige Gees gestuur om ons te lei en te leer hoe om Sy wil in álles te doen (Johannes 14:26). Ja, God begeer dat ons in ’n lewende verhouding met Hom sal leef en nie slawe van die Wet moet wees nie. Ons mag nie die Heilige Gees weerstaan deur self die Wet te probeer onderhou nie. God waarsku ons inderdaad daar rus ’n vloek op elkeen wat deur wetsonderhouding gered wil word (Galasiërs 3:10-14). Ons ontvang tog God se krag slegs wanneer die Heilige Gees oor ons kom (Handelinge 1:8), en nooit deur eie pogings om die Wet te probeer hou nie. Ja, die Wet leer ons wel wat sonde is, maar die Wet kan geen mens red nie, en, buitendien, geen mens kan die Wet hou nie. 

Dus lyk dit my ons kan tog nog baie leer uit die talle Bybeltekste dat ons nou onder die Nuwe Verbond van Genade leef en nie meer onder die Ou Testament se Wet nie. Nietemin, ons mag nooit hierdie genade misbruik nie, want God se Genadeverbond is in geen opsig ’n vrypas sodat ons nou maar kan sondig en leef soos ons wil nie! (Judas v. 4).  Dr. Ficker haal graag aan wat Jesus Christus gesê het toe Hy op aarde was en self onder die Wet gestaan het. Maar ignoreer dan dat alles ná Jesus se kruisiging en hemelvaart verander het, want so het Hy die Nuwe Verbond van Genade tot stand gebring. Volgens die Nuwe Testament word ons net uit genade deur geloof  gered. 

Ben Louw

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication