Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan he.

Joh. 20:31.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Mar 2019  

Mnr. Louw se reaksie op dr. Ficker se brief laat ’n mens wonder of ons verstaan waarom Christene streef om volgens God se wil te leef. God het Sy wil aan ons openbaar deur die Bybel (2 Tim 3:15-16). Om verse heen en weer aan te haal, sal weinig vrug afwerp as ons nie die motief vir getrouheid aan God se Wet verstaan nie. Die Nuwe Testamentiese skrywers is in ’n voortdurende stryd om die verhouding tussen die Wet en genade in balans te hou en om hulle hoorders se motief, om God se wil na te streef, suiwer te hou. Wanneer hulle probeer om deur werke gered te word, vermaan Paulus hulle. Wanneer  hulle die Wet nalaat, herstel Jakobus weer die balans (Jak 2:14-26). Ons liefde vir Jesus is die motief om volgens God se wil te leef. “Want dit is die Liefde tot God, dat ons Sy gebooie bewaar …” – (1 Joh 5:3 OV).

Die pendulum swaai vandag na wetteloosheid. Oral sien ons “mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het” (2 Tim 3:1-6). Om die wil van God na te streef, is die natuurlike uitvloeisel van ’n siel wat Jesus liefhet. Jesus sê: “As julle my liefhet, bewaar my gebooie” – Joh 14:15 (OV). Aan die einde van Johan-nes se lewe skryf hy in sy eerste brief: “Hy wat sê: Ek ken Hom – en Sy gebooie nie bewaar nie – is ’n leuenaar en in hom is die waarheid nie.” – 1 Joh 2:4. Die ergste leuen is die een wat jy aan jouself vertel.

Johann Prinsloo

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication