Jesus het daarop gereageer: Ek verseker jou, as iemand nie van bo (opnuut)gebore word nie, kan Hy die Koninkryk van God nie sien nie.

Joh 3:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Mar 2019  

Ek het die artikel oor George Soros in die Desember 2018-uitgawe gelees en was so bly dat iemand sy bose agenda onder die lesers se aandag bring. In September 2018 is ek gevra om navorsing oor sy invloed in Suid-Afrika te doen. Terwyl ek sy invloed op aborsie in Suid-Afrika ondersoek het, het ek op National Abortion Federation (NAF) se webwerf afgekom wat deur George Soros se Open Society Institute befonds word. NAF werk saam met Gynuity Health Projects, wat navorsing doen oor die gebruik van mifepristoon in aborsies in Suid-Afrika. ’n Uittreksel uit die teks op die NAF-webtuiste: “With significant expertise in training medical abortion providers, NAF is working with Gynuity Health Projects to 

develop and provide training on mifepristone in conjunction with the launch of an operations research study in South Africa. This study will provide the National Department of Health with the data on how acceptable mifepristone is to both providers and patients in the public health system …” Wil julle nie verder ondersoek instel na die “navorsing” wat deur Gynuity in Suid-Afrika gedoen word en wie die “proefkonyne” is nie?

Norma Ittmann

Baie dankie Norma. Ons het jou voorstel na African Christian Action verwys wat hulle beywer om aborsie en pornografie in Suid-Afrika te beveg. – Red.

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication