Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie,want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood..

Rom. 1:16

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Apr 2019  

Hosea het gewaarsku “my volk gaan ten gronde weens ’n gebrek aan kennis.” In Suid-Afrika waar tot 80% mense beweer hul is Christene, verskil hulle gedrag nie veel van dié van ongelowiges nie. Ons is net so sieklik, diep in die skuld, het net so veel egskeidings, ens. Jesus het gewaarsku dat die dief net kom om te steel, slag en te vernietig. Jesus wil egter vir ons lewe en lewe in oorvloed gee (Johannes 10:10). Ons probleem is dat te veel van ons eerder ons professore, doktore of geestelike leiers i.p.v. God se Woord glo. Net soos die verbleikte Stop-teken steeds STOP beteken, so is God se Woord vandag nog net so van toepassing. Ons dwaal omdat ons die Skrif nie ken nie, maar toelaat dat “skrifgeleerdes” dit vir ons uitlê. In 1 Korintiërs 10:11 staan daar dat die ou Testament dien as voorbeeld vir ons. Jesus en die apostels het dikwels na die Ou Testament verwys. Ongelukkig vestig soveel van ons sogenaamde geleerdes vandag hulle geloof op die wetenskap. Groot dele van die Bybel word verwerp en teksverse word as onvanpas uitgesny. Dit is natuurlik net wat die aartsvyand wil hê. Indien jy nie álles kan glo in die Bybel nie, hoekom sal jy Jesus glo as Hy sê dat Hy vir ons lewe in oorvloed kan gee – daar is mos ander paaie bv. Lotto, kredietkaarte, my sport, my stokperdjie en wat nog meer! Jesus is glo ook nie meer die enigste Weg na die Vader nie, nee, Boeddha, Allah, Hara Krisna, ons voorvaders of wie ook al is – wie is ons om te sê! Die Ou Testament bevat egter baie meer as net die Wet wat teen die kruis vasgespyker is. Daarin vind ons ook God se waarskuwings, bevele, voorskrifte, ens. Romeine 2:14,15 gee vir ons insig dat God se wette in die mens se harte ingeskryf is, en word deur ons gewete bevestig. Byvoorbeeld: Jy mag nie doodslaan nie – In watter land is moord of diefstal aanvaarbaar? Tiendes en offerandes is net so in die mens se hart geskrywe. In Genesis lees ons hoe Kain en Abel, asook Noag, offers aan God bring. Lank voor God die wette gee, lees ons hoe Abraham en Jakob tiendes gee. Die Bybel gee vir ons wonderlike voorskrifte en bepalings vir geestelike sowel as liggaamlike vooruitgang. Enkele voorbeelde: Spreuke 3:6,9, 10; Lukas 6:38; 2 Korintiërs 9:6. Mag ons ook soos in 2 Timoteus 3:15 die Heilige Skrifte ken sodat ons nie soos golwe van die see rondgeslinger word van een lering na die ander lering wat ons pas nie. Onthou die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwy-sing, tot onderwysing in die geregtigheid.

 Jeremia

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication