Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgele word nie.

2 Pet. 1:20.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Apr 2019  

“Wanneer jy kwaad word, moenie dan verkeerde dinge doen nie. Gaan lê op jou bed en dink wat jy gedoen het. Word rustig! Bly stil. Dien die Here met oorgawe! Vertrou op Hom.” – Psalm 4:5,6 (DB). Elkeen word die een of ander tyd kwaad en sommige mense heel dikwels. Hulle skree op ander en spring op hulle perdjie vir die geringste ding. Miskien is dit nodig dat ons kaalkop hieroor praat – of moet ek sê “koelkop”. Daar is min dinge wat ’n gesin, ’n familie, besigheid of vriendekring so uitmekaar kan skeur as ’n kort humeur. Moenie verskoning maak en sê: “Mense moet my maar vat soos ek is nie!” Jy kán verander en jy moét verander. Ondersoek jou hart, want dis uit jou hart waar al die slegte dinge opkom. Jy kan mos nie toelaat dat jou humeur jou huwelik verwoes en jou kinders van jou vervreem nie. Psalm 4 gee baie praktiese raad. Kyk waar begin Dawid met hierdie Psalm: “God wat my red … U sorg altyd vir my … In ’n krisis het U ’n sagte hart” (v.2). Om na jou eie hart te kyk, moet jy eers na God se hart kyk. Vir elke krisis wat jy het, het God ’n sagte hart vir jou. Daarom moet jy jou hart by God se hart uitbring. Dit gaan oefening en selfverloëning verg, maar hou net aan. Bely dit voor die Here, maar bely dit ook teenoor die persoon vir wie jy jou humeur verloor het. Tweedens, plaas jou humeur onder God se soeklig en moet niks miskyk van wat jy verkeerd doen nie. In die derde plek: word rustig en bly stil. Bring jou harde hart by God se sagte hart. Jou hart sal ook sag word en sy vrede sal oor jou kom. “Here, ek bely my vinnige humeur. Ek bring my harde hart vandag na U sagte hart. Ek wil U met oorgawe dien en volkome op U vertrou. Help my vandag om die geur van U liefde te versprei.” Amen.    

Attie Beetge.

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication