God is nie n mens dat Hy sal lieg nie.

Num 23:19a.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Apr 2019  

Ek lees in die tydskrif van November 2017 oor die behoefte aan hernude hervorming. Ek laat my hoof in skaamte sak. Ek besef hoe ver ons afgedwaal het onder die dekmantel van veranderde tye en dat die Bybel vir ’n ander tyd en omstandighede geskryf is. Ek besef hoe selfs die gevestigde kerke op ’n dwaalspoor is en ons sodanig beïnvloed. Ek besef my eie tekortkominge en die verskonings om my optrede, my lewe te reg-verdig. Vandag is Sondag, die sabbatdag. Die Here vra vir een dag per week om aan Hom te wy. Een dag – ja, ons moet elke dag so leef en alles doen asof vir die Here, maar moenie dat dit jou verskoning wees, om nie een dag af te sonder nie. Daar is ’n hele paar ander sake waaroor ons kan praat, waar ons ongehoorsaam is aan God se Woord. Hemelse Vader, ek kniel in eerbied voor U, my kop laat sak ek in skaamte, my hart is stukkend, want ek laat my deur die wêreld beïnvloed. Ek verontagsaam U woord en U verordeninge, ek leef by U verby en sonder nie eers ’n enkele dag vir U af nie. Vader, vergewe my en lei my op die regte pad. Maak aan my bekend wat U graag wil hê ek moet doen en hoe ek moet leef. Laat my lewe spreek van iemand wat volgens U verordeninge leef en wat by U bepalings hou. Beskerm my teen die aanslag van die wêreld en hou my lewe skoon van die wêreld se invloed. Maak my sterk om skelname soos “konserwatief” en “fundamentalisties” te weerstaan. Laat ek my herkoms as Christen met trots vier. Soos Paulus is dit ook my getuienis: om Christus my Here te ken, oortref alles in waarde. “Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie.” – Eksodus 20:8-10     

Dana

 

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication