Maar nou se die Here: Draai met volle oorgawe terug na my toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hart seer is nie, skeur julle harte!

Joel 2:12,13

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


13 May 2019  

Die fel aanslag teen Israel Folau in die Afrikaanse media is kommerwekkend. In Die Burger was daar drie groot berigte waarin sy mening oor gay mense se leefstyl ten sterkste veroordeel is. (Folau het egter ook sewe ander sake genoem wat sal veroorsaak dat mense nie toegang tot die Hemel kry nie.) Hy word as ’n “stommerik” en “bombasties” uitgekryt. Die redes wat aangevoer word is: “Jy maak inbraak op iemand anders se vryhede as jy hom tot die hel verdoem weens sy seksuele voorkeure,” skryf Tinus van Staden in Die Burger. Skuimkop sê in dieselfde uitgawe Folau se uitspraak (dat die hel wag vir dronkaards, homoseksuele, egbrekers, ens.) “is natuurlik sy eie mening.” Daarby noem beide hy en Thinus van Staden dat “Christelike beginsels oor ”liefde, medemenslikheid en verdraagsaamheid” gaan. Twee lekker leuens om lesers mee te mislei:

 1. Néé, dis hoegenaamd nie Israel Folao se “eie mening” nie – ek gaan nie eens hier probeer om ál die tekste in die Bybel te noem wat dit duidelik stel nie (Lev 18:22 en 20:13; 1 Kor 6:10 en Rom 1:26, 27). Skuimkop sê Folau is “onsensitief, onverdraagsaam en oningelig” en “as dit by sotlike, kortsigtige boodskappe kom, sit hy voor in die klas met Twittertrolle soos …” (en hy noem die name van twee leiers). Ek wil net vra: Wie is nou oningelig? Die tekste in Levitikus praat van ’n “gruwel” / ”afstootlike sonde”. Is Folau werklik so skuldig as hy dringend hierteen wil waarsku?

2. Op die veralgemening dat “Christelike beginsels gaan oor liefde, medemenslikheid en verdraagsaamheid” het ek gereageer met ’n SMS wat sê: “Christelike beginsels sluit in wat goed én verkeerd is volgens die Woord van God.” Maar dit is natuurlik nooit geplaas nie. Daar is nou Christene wat sê ons moenie oordeel nie, want die oordeel kom slegs God toe. Liewe aarde: wat ’n verdraaiing is dit nie van wat die Bybel ons leer nie. Ons moet haat wat sleg en verkeerd is volgens die Woord, nie die mense nie. Ek skryf nie hierdie brief uit enige haat vir die gay mense nie. In my 70 jaar het ek baie jare saam met gay mense gewerk en ook goed oor die weggekom met hulle. Maar ’n mens moet werklik erns maak met wat die
Bybel jou leer.

Martyn Venter

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication