U Woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.

Ps. 119:89.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


13 May 2019  

Dit kan ons wel vra. Ek het ook so grootgeword. Gedoop as ’n baba en toe aangeneem in die kerk. Baie, of die meeste kerkgangers het hierdie paadjie gestap. Op ’n dag kom daar ’n outjie van Nieu-Seeland om my kantoor met my te deel. ’n Snaakse ou wat elke oggend sit en Bybel lees en wil weet of ek “gered” is. Ek het geen idee gehad waarvan hy praat nie, maar het voorgegee dat ek wel gered was – wat dit ook al beteken. Dit het nie end gekry nie! Elke dag die vraag: “Is jy gered?” Hy het natuurlik geweet, ek is ongered. Mens weet mos as jy in die teenwoordigheid van ’n bekeerde is. Dít het ek nie tóé geweet nie. Ek het vir die baas gesê dat ek van dié ou gered moet word, want ek is nou siek vir sy stories. Later ontmoet ek ’n dame wat my vriendin word. Sy vertel eendag dat sy gedoop gaan word en nooi my om saam te kom. Ek het my verwonder oor die snaakse mense wat ek ontmoet. Sy is tog as baba gedoop, waarvoor nou weer? Ek het tog maar gegaan omdat ek nuus-

kierig was. Dit was die eerste keer dat ek die verlossingsboodskap gehoor het. As daar dalk een keer ’n verlossingsboodskap in die kerk was, het ek dit gemis, want ek het dit nooit gehoor nie. Ek het altyd na die predikant in sy toga gekyk en gedink hy is een van die gelukkiges, want hy gaan Hemel toe. Ek het toe Sondagaande na haar kerk toe gegaan en een aand besluit – dis nou of nooit. Toe die uitnodiging kom vir dié wat hulle wou bekeer, was ek daar en het die verlossingsgebed gebid en Jesus as my persoonlike Verlosser en Saligmaker aangeneem. ’n Mens verander beslis. Die hartseer waarmee ek vir jare geloop het, het van my afgeval en ek was vir die eerste keer in jare opgewonde. Daardie besluit verlos jou van al die sonde en swaarkry wat al ’n lang pad gekom het. Voor my bekering het ek my nie as ’n sondaar beskou nie. Ek was nie ’n slegte mens nie. Maar die Bybel sê mos daar is nie een wat nie gesondig het nie, nie een regverdige nie, nie eers een nie. Ons het almal ’n Verlosser en Saligmaker nodig. 
Ek was salig onbewus hiervan, want ek is mos as kind gedoop en aangeneem. Daar is niks “magies” in die water wat jou ’n kind van God kan maak, wanneer die dominee die water oor jou kop sprinkel nie. Dié aanneming is nie aanneming van die kerk nie, dis aanneming van Jesus as Verlosser. Ek dink dis waar dinge skeefgeloop het en hoe die kerk by hierdie punt uitgekom het. 

Drienie Tiessen

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication