Maar nou se die Here: Draai met volle oorgawe terug na my toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hart seer is nie, skeur julle harte!

Joel 2:12,13

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


13 May 2019  

In die Mei-uitgawe 2019 spreek Hendrik van Niekerk sy kommer uit oor die afwesigheid van die kerk wanneer hulp verleen moet word. “Gift of the Givers” (GotG) is oral te sien, van boorgate wat gesink word tot voer wat aangery word. Is die kerk of kerke, eintlik die Christene, werklik afwesig? Volgens die berigte in koerante, tydskrifte en oor die radio en televisie, het talle organisasies soos boereverenigings, skole en kerke water en voer aangedra. Die oorgrote meerderheid van die persone wat hiervoor verantwoordelik is, is Christene. Selfs “Dokters Sonder Grense” verleen hulp in geteisterde gebiede. Die verskil is dat ons, soos die 

Bybelse voorskrif, dit nie uitbasuin nie.
Matteus 6:3 sê: “Nee, as jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie.” Die liefdadigheid word stil-stil, sonder baniere op die trokke wat voer aankarwei, gedoen. Die media, veral televisie, skenk baie aandag aan die hulp wat GotG lewer en skep die indruk dat dit ál organisasie is wat help. Ons hoor gereeld onder-
houde wat met dr. Suliman gevoer word, maar selde van die boere en ander Christene wat dalk veel meer doen. Hoeveel van die goedere en middele wat GotG uitdeel, word deur mense geskenk wat nie Moslems is nie? ’n Vriend het op eie koste van sy eie voervoorraad op sy eie trokke gelaai en na die droogtegeteisterde dele geneem. So het talle ander boere ook gedoen. Weet iemand anders daarvan? Maar, volgens Bybelse wyse roem ons nie daarop nie, “sodat jou goeie daad verborge kan bly” (Matteus 6:4). Afgesien van hierdie sporadiese hulp, voorsien die kerke en dus Christene in die daaglikse behoeftes van talle ouetehuise, kinderhuise en ander soos Trans-Oranje Skool en soortgelyke instansies. Ons Christene doen dit stil-stil, deur met debietorders en op ander wyses by te dra tot die daaglikse versorging van hulpbehoewendes. Dis nie nodig om dit op “straathoeke en sinagoges” uit te basuin nie. Ons beloning wag op ons in die Hemel. Moenie ’n groot okkasie daarvan maak nie (Matteus 6:2).

Hannes Coetzee

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication