God is nie n mens dat Hy sal lieg nie.

Num 23:19a.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


19 Jun 2019  

My persoonlike beskeie mening is dat die “kerk”, die sogenoemde christene, vergeet dat God ons na Sy beeld geskape het en ons so lief het dat Hy selfs nie eens Sy Seun, Jesus Christus, se lewe gespaar het ten einde ons as Sy erfgename te red van die ewige verderf, die hel, nie. Noudat ons ons ware geloof in God moet beaam deur vir Hom op te staan, word sulke kwessies soos gay huwelike, aborsies, ens. geïgnoreer of word dit op gemeentes afgeskuif om oor te besluit, terwyl die sinode met die hele Skrif as bewys sit om die saak te verdedig. Hoe is dit moontlik? Ons wys vinnig vinger na Petrus wat God verloën het, maar wat doen die groot kerkmanne dan nou? Presies dieselfde! Ons die skepsels, die kroon van God se skepping / kinders van God, swig voor die belaglike aanklagte van die mensdom. Dit wat God as veragtelik beskou, word skielik goedgekeur deur die mensdom? Geen appèl, geen stryd om die eer van ons Koning, die enigste ware Koning te verdedig met die Woord as wapen wat nooit weerlê of verkeerd bewys kan word nie! God sê in Sy woord dat ons, wanneer ons vervolg word, nie moet twyfel oor wat om te sê nie. God is self teenwoordig en sal deur Sy Heilige Gees aan die woord wees en ons lei. Die eindtyd is nader as wat ons besef en as ons nou al terugsteier vir die wêreldlinge en vals leraars se aanklagte teen ons Koning en Sy kinders is ons beklaenswaardig. Ons moet besef dat ons nie op mense kan vertrou nie, hulle sal ons altyd in die steek laat, maar God nooit.

 Gert Prinsloo

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication