Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Eksodus 20:1

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


19 Jun 2019  

Ek het ’n “ou” November 2018 JUIG! Tydskrif by Elsa Meyer van TURN TO GOD gekry saam met CD’s wat sy vir my gestuur het. In hierdie uitgawe het ek Lourieke Haller se artikel, “Laat die kindertjies” gelees. Sy het gesê: “Ek wonder soms oor ‘kinderkerk’.”

Die huidige vorm van kinderkerk pla my en ek identifiseer met Lourieke as sy sê: “God se Woord het oor my geklink, my gees oorspoel en ’n begrip van iets van Sy Heiligheid in my vasgelê,” toe sy as kind saam met haar ouers kerk bygewoon het.

My beskeie mening is dat satan besig is om ons Evangelie op baie subtiele manier af te breek.

As ’n vuurpyl ’n halwe graad van koers af gelanseer word, sal dit die teiken mis. Net so lyk die pad van kinderkerk vir ons reg en mooi, maar wanneer die kinders volwassenheid bereik, sal hulle Evangelie van koers af wees. “Daar is ’n lewenswyse wat vir ’n mens reg kan lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood.” – Spreuke 14:12 (Afrikaanse Nuwe Vertaling)


Oor die afgelope paar jaar het ons leefwyse en denke baie verander. Veral ook wat kerk betref.

Ons moet oppas vir satan wat gebruik maak van hierdie "evolusie", en baie spesifiek teenoor ons kinders wat die leiers van die toekoms moet wees. Leiers wat die toekoms met ’n prentjie van God en sonder Sy Gees moet ingaan. Omdat ons hulle leer dat kerk en godsdiens, prentjies en video’s is. Die Rooms-Katolieke sê: “Gee ons jou kinders vir die eerste sewe jaar van hulle lewens en hulle sal Rooms-Katolieke bly vir die res van hul lewens. Dis so belangrik dat die fondament reg gelê word en diepte het. (Hoë geboue se fondasie is dieper as ’n huis s’n.)

Dit lyk vir my ons is besig om ons kinders / toekomstige leiers se toekoms op sand te bou wat nie die storms van die toekoms sal kan weerstaan nie. God het aan ons as ouers die verantwoordelikheid gegee om hierdie kinders gepas op te voed. Children follow by example and not by what they are taught. Ons stuur die kinders uit die kerkdiens uit en dink ons leer die kinders. Wat hierdie kinders egter leer (if they are led by example), is dat jy by die kerk uitstap en voor die televisie gaan sit om video’s te kyk. Is hulle verkeerd? Nee dis wat die “slim” ouers hulle leer, en die duiwel juig, want die toekomstige leiers van die wêreld sal nie kerk toe gaan nie. Hulle gaan televisie en sepies kyk en glo dat dit reg is – want hulle is so geleer.

Jesus sê in Matteus 19:14 (AOV): “Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die Koninkryk van die Hemele.” En dan vra ek: wat gaan ouers in die Hemel maak as die Koninkryk aan die kinders behoort?

Sakkie Olivier (Snr)

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication