Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Eksodus 20:1

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


19 Jun 2019  

Ek dink dat daar by baie mense ’n groot misverstand is oor die klein- en die grootdoop. Geen doop kan jou in die Hemel bring nie. Net die geloof in Jesus kan. As kind is ek kleingedoop, het grootgeword in die kerk en later op 25-jarige ouderdom eers werklik die roepstem van Jesus gehoor en Hom aangeneem as Verlosser. Die feit dat ek gedoop is, het niks werklik daarmee te doen gehad nie. Wat my pla, is stellings dat iemand jare in die kerk was en nooit gehoor het dat ’n mens ’n keuse vir Jesus moet maak nie. Ek kan dit nie glo nie, maar as dit so is, het die lidmaat ook nie die Woord gelees nie. ’n Leraar het my nie vertel dat ek ’n oorgawe aan Jesus moet maak nie, die Woord het . Ek het op my eie ’n oorgawe gemaak , alleen met net die Bybel by my . Ons leraars kan egter ook gerus iets hieruit leer – moenie aanneem dat iemand werklik gered is, net omdat hy ’n lidmaat is nie , al is die lidmaat al oud en grys. Toe ek en my vrou ouers geword het , was ons diep bewus van die belofte wat ons afgelê het om ons kinders in Sy Naam groot te maak. Ons het hulle van kleins af in die Woord onderrig en hulle het vroeg reeds geweet wat Jesus vir hulle kom doen het. Ons het soggens ’n halfuur vroeër opgestaan en stiltetyd saam met ons kinders gehou. Die dag toe hulle as lidmate bevestig is , is hulle geloof gevestig . Hoeveel ouers doen werklik hierdie moeite met hulle kinders se geestelike opvoeding ?

Theo Visser

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication