Maar die man wat julle in die verwarring bring, wie hy ookal mag wees, God sal hom straf

Galasiers 5:10

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


15 Jul 2019  

Ek en my man is al tien jaar kinderloos. Vandag deel ek ’n stukkie van my hart, miskien kan dit iemand inspireer. God is liefde, Hy verander hartseer in seën. Ek was so vasgevang deur die wrede woord, “kinderloosheid”, dat ek soms vergeet het om te lewe. God verander dalk nie altyd omstandighede nie, maar Hy maak stukkende mense weer heel. Hy het ons heel gemaak. God het nie vir ons ’n baba gegee nie, maar Hy het Homself onvoorwaardelik gegee en daar vind ons rus en vrede. Die wonder wat met ons gebeur het, is dat God dit vir ons moontlik gemaak het om dankbaar te leef in alle opsigte. Selfs ten spyte van

Wanneer jy vasgevang is in jou hartseer, is dít al wat jy raaksien. Ongeag hoeveel ander wonderlike goed in jou lewe gebeur, fokus jy net op dit wat jy nie het nie en so graag wil hê. Dis net genade wanneer God jou oë begin oopmaak om verder te kyk as dit wat jy nie het nie. Soms gee God nie vir ons alles wat ons vra nie. Soms gee Hy soveel meer. Hy gee Homself.

God se pad vir ons lewe was anders as wat ek op ons droomtroue in 2007 voorsien het. God bepaal ons lewe en ek het meer ontvang as wat ek op aarde verdien. Mag die vrede wat alle verstand te bowe gaan, vandag by jou huis aandoen. Al het die ooievaar orals gestop behalwe by jou. “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle.
Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.”
– Johannes 14:27

Mag ons onthou dat kinders nie die enigste seën uit God se hand is nie. ’n Vrou se waarde lê nie in haar moederskap nie.  Mag Koning Jesus jou seën wat ’n moederhart het.

Leonie Dippenaar

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication