God is nie n mens dat Hy sal lieg nie.

Num 23:19a.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


15 Jul 2019  

Dit is soos eerw. Kenneth Meshoe verklaar – politiek is deel van ons godsdiens. Toe ek dít eendag by ’n uitreikaksie sê, het die gehoor my snaaks aangekyk. Ek vra toe vir hulle wanneer en waar die eerste verkiesing was. Niemand kon my antwoord nie. “In die Hemel,” antwoord ek.  Ek moes my stelling verduidelik.

God en die engele was saam in die Hemel. God het die engele (sowel as die mens) met ’n vrye wil geskape. Die duiwel het hoogmoedig geword. Hy wou die aanbidding wat vir God bedoel was, vir homself toe-eien. Net soos baie politici het die duiwel engele met valse beloftes begin werf. Onthou, hy is die vader van die leuen. En toe die groot “verkiesing”. God het die tweederde-meerderheid gehad en die duiwel net eenderde. Hy is saam met sy gevalle engele uit die Hemel gewerp.

Die Bybel beskryf dit in Openbaring 12:7-9.  Adam en Eva het ook ’n keuse gehad tussen God en die satan. Hulle is ook uit die paradys gewerp omdat hulle na satan se leuens geluister het. Jou besluite bepaal jou eindbestemming. As jy verkeerd kies, kan jy jou soos satan buite die Hemel bevind, of jou soos Adam en Eva buite die paradys bevind. Dit is God of satan, jy kan nie twee Here dien nie. “Toe sê Jesus vir haar: ‘Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?’” – Johannes 11:25-26

Emma van der Vyver

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication