Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Eksodus 20:1

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


12 Aug 2019  

Onteiening van grond sonder vergoeding en die uittog uit die kerk is bekommerenswaardig. Nieteenstaande baie gebed om die leiers se denke te suiwer om ons land te red van ondergang, is die optrede van ons leiers nou eers verwarrend en die toekoms baie donker. Maar waarom is ons onrustig en bekommerd oor die toekoms, want luister wat sê die Magtige God, oorwinnaar en kenner van die toekoms in Psalm: 147: 5-6: “Ons Here is groot en magtig. Sy kennis is onbegrens. Die Here laat die hulpeloses weer opstaan maar die goddeloses verneder hy tot in die graf.” Kom ons juig oor die boodskap in Psalm 90:1-2: “Die Here is vir ons ’n toevlug van geslag tot geslag voordat die berge gebore is, voordat U die wêreld voorgebring het, ja van Ewigheid tot Ewigheid is U God.” Wat ’n fantastiese toevlugsoord. Dinge wat vir die mens onmoontlik is, is vir God moontlik, want Sy Seun het die dood aan die kruis oorwin, iets wat niemand op aarde kan vermag nie. Die magtige God nooi ons ook : “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, Ek sal julle rus gee want my juk is sag en my las is lig.”– Matteus 11:28-30. Hy moedig ons aan om gedurig met Hom in kontak te bly: “Alles wat julle in gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang en dit sal vir julle so wees.”  – Matteus 11:21,22. Daar heers tans groot kommer oor die uittog uit die Kerk van God met gepaardgaande vervlakking van ons geestelike lewe. God is bewus van ons geestelike insinking; daarom sê Hy in Jesaja 29:13-14: “Hierdie volk is naby my met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê nie soos Ek wil nie. Daarom gaan ek nog ongehoorder dinge doen met hierdie volk; die een ongehoorde ding na die ander, sodat die wysheid van die wyse manne sal verdwyn, die verstand van sy verstandige mense tot niet sal gaan.” ’n Mens kan duidelik sien God is ontevrede en daarom is dit so noodsaaklik vir selfondersoek en ’n eerlike antwoord op die volgende vraag: “Glo ons eerlik dat God by magte is om Christene uit hierdie geestelike en finansiële modderpoel te red?” God verlang ’n onwrikbare geloof in Hom en daarom ’n baie eerlike antwoord. Hemelvader gee asseblief leiding en hulp met die volgende probleme: Onteiening van grond sonder vergoeding. Wysheid aan kerkleiers om die uittog van lidmate om te keer. Bystand om nooit in U te twyfel nie en dat die volgende slagspreuk die taal van ons hart sal wees en bly. Glo in oorwinning, dink oorwinning, preek oorwinning , leef oorwinning.

Peet Pelser

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication