U Woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.

Ps. 119:89.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


12 Aug 2019  

Die Matie-student wat uit ’n gebou se tweede verdieping geval het, sê in die Huisgenoot dat sy daarna in die Hemel was en dat God aan haar gesê het dat sy die “volk” moet gaan sê Hy kom binnekort. Die egtheid van haar getuienis blyk daaruit dat sy daarna nie juis geweet het wie die “volk” is nie. Ek glo ons moet baie meer oor hierdie saak praat. Ja, ek en my vrou het albei al drome gehad oor Jesus se wederkoms, maar ek neem dit nie eens in ag nie. Net dit wat vandag in die wêreld aangaan, is genoeg om enige mens se oë te laat oopgaan oor die kennis van die Bybel se uitsprake in onderskeidelik Matteus 24; Markus 13, Lukas 21 en dan veral ook 2 Timoteus 3:1-5 en Daniël 12. Vandag is die liefde vir self so duidelik en ’n resultaat daarvan is dat niemand blykbaar meer gesag kan aanvaar nie. Geldgierigheid tier – 26 mense besit soveel as wat die helfte van die ander (armer) mense besit. Daar is 30 000 denominasies in die Christelike kerke en orals begin die oorlogpraatjies en dreigemente nou uitslaan. Joyce Meyer het nou die aand uit 2 Timoteus 3:1-5 al die veranderinge voorgelees wat by die mens te bespeur sal wees in die eindtyd. Sy het by 21 punte uitgekom en afgemerk. Al daardie dinge is nou met ons. Hierdie land kan net van ’n goeie toekoms seker wees as al die mense nader aan God begin leef.

Martyn

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication