Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U Woord is die waarheid.

Joh. 17:17.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


17 Oct 2019  

Ek is op 20 Julie 2002 gekaap. Ek het die oggend vroeg van Oranjeville na Krugersdorp gery. God se plan het reeds in werking getree toe ek vertrek, want ek het een van my maatskappyvoertuie geneem in plaas van my nuwe dubbelkajuit met twee skerp kopligte. Die Isuzu se ligte was nie van die beste nie; daardie dag ’n bedekte seën. Net buite Vereeniging sien ek die voertuig wat omdraai. Toe ek nader kom, sien ek die man op die witlyn staan. Toe ek verbyry, klap die skoot. Ek het agter sy voertuig om die veld ingejaag tot waar my voertuig gestol het. Ek het uitgespring en my rewolwer uitgehaal, want toe klap die skote. My nuwe selfoon het iewers in die veld uitgeval. Ek wou nog soek, toe besluit ek om liewer net te hardloop. Ek het gehardloop tot waar ek geval het en toe begin die duiwel: “Wat gaan jy doen as hulle jou kry? Hulle weet jy lewe en jou rewolwer is leeg. Hulle gaan die soeklig voor in jou bakkie kry en jou kom soek.” Ek het so plat moontlik bly lê totdat ek my bakkie hoor wegry. Ná ’n ruk het ek opgestaan en aangestrompel totdat ek besef het, ek moes die hoofpad lankal gekruis het. Daar het ek my hande in die lug opgesteek en die Here gevra om my te help. Ek het omgedraai en ’n voertuig se ligte gesien en teruggehardloop pad toe. Ek was seker nie ’n aanskoulike wese met ’n gesig vol bloed en ’n rewolwer in die hand nie. Ek is die Vader dankbaar vir Marius wat met ’n Interlink-trok gestop het. Hy het sowat 50 m verby my tot stilstand gekom en my tegemoet gekom. Ek het hom gevra of hy kan sien waar hulle my geskiet het. ”Dit lyk nie goed nie, oom. Klim dat ek oom by die hospitaal kry,” het hy gesê. Ek wil net so ter afsluiting sê dat niemand vir God te vuil is om uit die modder te haal nie. In my lewe was drank, korrupsie en ander vrouens aan die orde van die dag, maar my vrou het 14 jaar lank aanhou bid.

Johan

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication