As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou genesing sal spoedig herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die Here sal jou van agter beskerm.

Jes 58:8.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


11 Nov 2019  

100 issues! Congratulations JUIG! for having reached this significant milestone. The articles in JUIG! are a regular encouragement to many in South Africa who worship Jesus Christ as Saviour and Lord. May the Lord continue to enable you to raise a banner of truth in South Africa for years to come.

Robert Zins, Creation Ministries International SA

Veels geluk met die 100ste uitgawe van JUIG! Dit is ’n wonderlike prestasie, en ’n reusagtige seën vir die lesers. Wat JUIG! Tydskrif vir my so besonders maak, is die suiwer teologiese inhoud daarvan. In ’n tyd van afvalligheid van die Woord van God is dit baie bemoedigend om te weet daar is nog uit-gewers wat by die suiwer Evangelie hou. Dit is ook waar dat JUIG! Tydskrif konsentreer op dit wat vir die lesers ook belangrik is. Ek vertrou dat julle sal voortgaan om die suiwer Evangelie op ’n praktiese manier aan te bied. Groete in die Geliefde.

Johan Kriel, medewerker en vertaler

 

Baie geluk met hierdie 100ste uitgawe van jul puik publikasie. Erin en Lourieke, julle liefde vir die Here en jul ingesteldheid op Skrifgetrouheid, gehalte en akkuraatheid maak dit ’n voorreg om as medewerker met julle vriendelike span te kan saamwerk. Ek vertrou dat die Here julle sal seën en jul lewens sal verryk. “As jy luister na die Here jou God, sal al hierdie seëninge oor jou kom en jou lewe verryk.” – Deuteronomium 28:2

David Malherbe, Christenskap in die Werkplek

 

Ek glo met my hele hart in die medium van ’n gesonde media. In my meer as 40 jaar in die bediening, waar ek dikwels van die hoogtes van vryheid na die dieptes van ver-volging reis, het ek een ding ontdek: ’n Gesonde gemeenskap word gedefinieer deur ’n gesonde media. Die uitdaging in Suid-Afrika lê nie net nie in die leierskap van die nasie nie, maar ook in die persepsies wat deur die media in die harte van die burgers van die land geskep word. ’n Media wat fokus op versoening, hoop en vergifnis sal ’n gemeenskap skep wat saam lewe, saam glo en saam genees. Baie geluk aan JUIG! Tydskrif vir julle bydrae tot die vrede en versoening in Suid-Afrika en vir 100 uitgawes van sinvolle nuus en artikel van geloof en hoop.

Mike Burnard, INcontext International

 

JUIG! Tydskrif bring ’n goeie boodskap. Dit bring verskeidenheid, gee hoop, help mense om te onderskei en help hulle om ingelig te wees oor meer as net wat “in my eie klein wêreldjie” aan die gang is. Ek beleef JUIG! Tydskrif as ’n instrument wat hoop bring – en daarvan het ons baie nodig. Geluk aan JUIG! wat al deur moeilike tye deurgedruk het. Seën vir die volgende 100 uitgawes. En onthou: “Maak geen kompromie nie” – soos wat julle tot nou toe gedoen het.

Bennie Mostert, Jericho Walls Internasionale Gebedsnetwerk

 

Hartlik geluk aan JUIG! Tydskrif met die groot mylpaal van 100 uitgawes! Wat ’n groot seën is hierdie Christelike tydskrif nie vir ons land nie! JUIG! is ’n kragtige vaandeldraer vir die waarheid van God se Woord. Die miljoene lewens wat julle maandeliks inspireer met die Goeie Nuus getuig van die groot seën wat rus op hierdie spreekbuis. Mag daar nog duisende uitgawes wees!

Dr. Arno & Leani van Niekerk

 

Namens die Vriend van God Kerk wil ek en Liezl ons innige gelukwense aan julle toewens met hierdie wonderlike prestasie. Dit is met groot verwagting dat ons uitsien na die volgende 100 uitgawes, want God gebruik julle nie net om die nasie van dissipelskap te leer nie, maar ook om geestelike gesprekke wêreldwyd te beïnvloed. Ons glo dat julle, saam met die res van die Liggaam van Christus, sal kan voortgaan om ’n lig te laat skyn in wat slegs as donker tye beskryf kan word. Ons vertrou dat julle as ’n span die pas vol sal hou met die volle wete dat God met julle is. Wees verseker dat Liezl en ek, saam met die Vriend van God Kerk, sal voortgaan om die groot werk wat God begin het, te vier en te ondersteun tot die dag van die voleinding daarvan. Niks anders as liefde nie.

Gerald en Liezl Ferreira, Vriend van God

 

Met ons sekulêre media wat deesdae feitlik sonder uitsondering ’n liberaal-humanistiese aanslag het en wat dit nie waag om buite die grense van die polities korrekte orde te beweeg nie, is JUIG! Tydskrif ’n betroubare en waardige kompas vir Christene in Suid-Afrika. Die “wêreld” raak al hoe onverdraagsamer en onvriendeliker teenoor dié vir wie die Bybel die rigsnoer van hulle lewe is. Dank die Here vir JUIG! wat aan vele Christene vandag hoop en rigting bied. Baie dankie en baie geluk aan hulle wat t.o.v. hierdie pragtige tydskrif vóór loop – ongeag ontmoedigings en teenstand. Hou so aan en mag die Koninkryk van die Here nog baie jare deur hierdie kragtige instrument bedien word!

Isak Burger, voormalige president van die AGS

 

JUIG! Tydskrif is jare lank al ’n steunpilaar en ’n sterk morele kompas vir Suid-Afrika. Die tydskrif het nog nie een keer onder druk gevou om ’n meer “aanvaarbare” standpunt oor morele en etiese kwessies in te neem of om kompromie daaroor aan te gaan nie. Ek wens JUIG! geluk met ’n ongelooflike mylpaal en bid dat die Here hulle nog jare lank sal seën en bewaar.

Hardus Zevenster, Bloudruk Groep

 

Wat ’n mylpaal! Eenhonderd uitgawes! Geluk en weer eens geluk, JUIG! Tydskrif. Dankie vir sulke goeie hemelse sout en sulke helder Bybelse lig! Dankie vir julle toewyding, volharding en liefde. Mag die Here se goedheid en guns sommer nog baie jare lank skyn en skitter oor JUIG! en oor elke leser.

Stephan Joubert, e-kerk

 

Ek juig oor JUIG! Ek is so dankbaar vir ’n tydskrif wat in hierdie sekulêre wêreld die Woord van God uitdra en die banier van Christus al vir 100 uitgawes hoog hou! Daar is so min mediaforums wat goeie nuus verkondig en wat fokus op die wonderlike dinge wat God in ons tyd doen. Ek dank die Here vir hierdie stem in Afrikaans wat soveel lesers oor die jare bemoedig, opgebou en gehelp het om geestelik te groei. Dankie aan die redaksie vir julle gehoorsaamheid aan die Here en aan Sy roeping. Mag die Here se guns en seën oor julle en oor elke volgende uitgawe van JUIG! Tydskrif wees.

Dirkie van der Spuy, Moreletapark Gemeente en MPA

 

 

JUIG al wat leef, JUIG voor die Heer, dien God met BLYDSKAP gee Hom eer. Dis die inspirasie wat ek kry as ek die JUIG! Tydskrif in my hande hou. Ek word geestelik met goed deurdagte inligting geestelik verryk en versterk, ek kry hoop vir die toekoms en bekom antwoorde op baie onbeantwoorde vrae. JUIG! is ’n spreekbuis vir die Waarheid. Baie geluk met hierdie spesiale uitgawe. Ek juig saam met julle tot eer van ons Vader. Mag JUIG! voortgaan om ’n uitwerking op mense se lewens hê en ’n verandering te weeg bring.

Willem Badenhorst Moreletapark Gemeente

 

Ons leef in ’n digitale era en mense lees al hoe minder en minder, maar as daar boeke en tydskrifte is wat prakties en relevant is, dan vul hul juis ’n baie belangrike en relevante behoefte in die markplein. Van my kant en Lewende Woord wil ek graag vir Erin Georgiou, wat betrokke is om van JUIG! Tydskrif as ’n geestelike tydskrif ’n sukses te maak, sê: “Baie Dankie!” Ons “JUIG” saam met julle vir julle 100ste uitgawe en ons gebed is dat JUIG! van krag tot krag sal gaan. 1 Joh 5:4 sê juis: ”Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld”; letterlik – oorwin die Kosmosstelsel!

Nevil Norden, Stigter: Lewende Woord

 


Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication