Jesus het daarop gereageer: Ek verseker jou, as iemand nie van bo (opnuut)gebore word nie, kan Hy die Koninkryk van God nie sien nie.

Joh 3:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


10 Jun 2010  

Moederhart

My eerste hartklop was onder my hart
My bewegings en my groei was onder my moederhart
Die eerste bors waarop ek lê – was my moederhart
Aan die bors vul ek my dors - met gesus vind ek my rus
Met geskreeu kry ek reaksie - dis al taal met ’n aksie

Ek groei sonder ’n geluid - sien net hoe die klere krimp
My eerste tand my eerste treë - my eerste lag my eerste val 
My eerste met moederhand 
Die hand wat beskerm - Die hand wat troos
Die hand vol liefde - die hand wat versorg
Moeder verstaan als so goed - van die bitter en die soet
Haar oë praat sonder klank – haar stem maak my rustig
Wanneer ek kom by twintig – so stap die jare aan
My pad gaan met moeder saam

Die bruidsrok word opgedok – die trane rol van gemoede vol
Dis tyd om uit te trek – van moederhek tot my se plek
Gebed die plek van weet – geleer hoe moeder sweet
Dankie Heer vir ’n moederhart –wat GOD alleen verstaan

deur SS Claasen

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication