Jesus het daarop gereageer: Ek verseker jou, as iemand nie van bo (opnuut)gebore word nie, kan Hy die Koninkryk van God nie sien nie.

Joh 3:3.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


10 Jan 2011  

Die Bybel is ‘n dagboek
wat toegesluit is;
en die sleutel vir die dagboek
is in ons hart….

Party mense haal nooit die sleutel uit nie;
ander mense, vat die sleutel,
sluit die dagboek oop, sluit dit,
en sit die sleutel weer terug.

Ander mense vat die sleutel,
en sluit net die dagboek oop
as hulle dit nodig het.

Dan is daar mense,
wat die dagboek oopsluit,
dit lees, dit glo, en dit  lewe,
maar dit weer toesluit en die sleutel bêre.

Dan is daar mense
wat die dagboek oopsluit,
die woorde in hulle harte dra,
dit glo en dit lewe.

MAAR DAN, kry jy mense wat die dagboek OOPSLUIT!
en die sleutel WEGGOOI,
en hulle absorbeer die woorde,
dat dit so baie word, dat dit uit hulle borrel,
en dit ander mense aanraak.

En die mense vra:

“Waar kry jy dit? Ek soek ook daarvan?”  Die antwoord?

Die sleutel is in jou hart,
Sluit die dagboek oop!!

deur Lizelle Horn

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication