Maar die man wat julle in die verwarring bring, wie hy ookal mag wees, God sal hom straf

Galasiers 5:10

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


9 Feb 2011  

Ek het van U pad afgedwaal/
O ! Here wil U my nie kom haal?
Die lewe het my net begin druk
Aan sonde is ek besig om te verstik
 
Wys my hoe ek my lewe moet ly/lei
Om op groener velde te wei
Dit is so moeilik sonder U aan my kant
O! Liewe Jesus vat asseblief my hand
 
Ek wil weer skoon wees , sonder vrees
Ek wil my lewe voluit leef.
Ek wil geluk in my hart vind
Sonder die duiwel wat my vasbind
 
Ek voel alleen en ook so leeg
Liewe Jesus vorm my, ek is U deeg
Met U aan my kant, kan ek weer lag
Kan ek uitsien na elke nuwe dag.
 
Kan ek weer die mooi in die wêreld sien
Kan ek weer kry wat ek verdien
Kan ek weer my ou self wees
Kan ek weer die lewe voluit leef
 
O! Liewe Jesus hoor my bid
Want eendag wil ek voor U voete sit
Maak my vry van hierdie las
Maak my los, want ek is vas
 
Wys my die rigting wat ek moet loop
Gee my geloof, liefde en hoop
Here hoor asseblief my gebed
Al wat ek wil hê , is dat U my red

deur Samanta Roos

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication