Wat sê die Bybel oor dinosourusse?

Die onderwerp van dinosourusse in die Bybel is deel van ’n groter deurlopende debat binne die Christelike gemeenskap oor die ouderdom van die aarde, die korrekte interpretasie van Genesis en hoe om die fisiese bewyse oral om ons te interpreteer. Dié wat in ’n ouer ouderdom vir die aarde glo, is geneig om saam te stem dat die Bybel nie dinosourusse noem nie, want volgens die ou-aarde-paradigma het dinosourusse miljoene jare uitgesterf voordat die eerste mens ooit die aarde betree het. Dus kon dié wat die Bybel geskryf het, nie lewende dinosourusse gesien het nie…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!

Die gelykenisse van Jesus: Die weduwee en die onregverdige regter

In sy gelykenis stel Jesus twee mense naas mekaar, ’n magtige, hoewel korrupte regter en ’n magtelose weduwee. In die eerste eeu was ongetroude vroue of weduwees besonder kwesbaar. Hierdie weduwee is blykbaar sleg behandel en vra die plaaslike regter vir geregtigheid. Haar lot het hom egter min geskeel. Sy laat haar egter nie afskrik nie en het die regter genoegsaam getreiter dat hy toegee en geregtigheid vir haar laat geskied.

Talle mense het hierdie gelykenis al gelees en tot dié gevolgtrekking gekom: “Net soos die weduwee die onregverdige regter getreiter het om te kry wat sy wou hê, moet ek die Here pla totdat Hy keelvol is, toegee en my gebedsversoek toestaan.” Ongelukkig is so ’n interpretasie heeltemal verkeerd…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!

Wat is kulturele Christenskap?

Kulturele Christenskap is godsdiens wat oppervlakkig met die “Christendom” identifiseer, maar nie werklik getrou aan die geloof is nie. ’n “Kulturele Christen” is ’n nominale gelowige – hy dra die etiket “Christen”, maar die etiket het meer te doen met sy agtergrond en opvoeding as enige persoonlike oortuiging dat Jesus die Here is. Kulturele Christenskap is meer sosiaal as geestelik.

’n Kulturele Christen identifiseer met sekere aspekte van Christenskap, soos die goeie werke van Jesus, maar verwerp die geestelike aspekte wat volgens die Bybel se definisie van iemand ’n Christen maak…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!