Briewe
God se seën in dié ekonomiese tye
Baie dankie vir die uitnemende tydskrif. Ek vind vreeslik baat by al julle motiverende en inspirerende artikels. Doen so voort. Ek vertrou dat God julle sal dra en seën in hierdie nuwe ekonomiese tye. Natalie ArendseLees Nog »Dankie vir die geloofsverse
Ek bid dat die Here julle sal seën en julle besigheid groot sukses sal behaal en groei sodat julle nog baie verlore siele kan bereik. Baie dankie vir die geloofsverse wat julle in die vorige artikel aangebied het. Ek glo dit sal ook help om ander te versterk en by te dra tot hulle geestelike […]Lees Nog »Geloofsverse ook teen my muur
Baie dankie vir ’n pragtige tydskrif. Ek geniet dit baie, want dit is opbouend en versterkend. Ek is besig om in my werkskamer foto’s en Bybelverse op te sit. Dankie vir die geloofsverse, ek sit dit ook hier op. Baie dankie, Erin, dat jy dit beskikbaar stel. Mag ons hemelse Vader jul seën en guns […]Lees Nog »Kreasionisme en wetenskaplikes
In die September-uitgawe van JUIG! vra ’n leser in die briewekolom waarom die wetenskaplikes so teen kreasionisme gekant is. Ek het uiteindelik, ná 50 jaar, die antwoord hierop gevind. Wetenskaplikes is so bevooroordeeld daaroor omdat hulle eerstens nie wil aanvaar dat daar ’n Skepper is nie. Tweedens glo die meeste wetenskaplikes dat evolusie ’n funksionerende […]Lees Nog »Steun vir regter Mogoeng
Ek lees nou net oor hoofregter Mogoeng Mogoeng in julle tydskrif. Ek dank God vir wat die regter doen om Israel te ondersteun. Ek steun sy standpunt en vir hom ten volle. Mag God elkeen seën wat Israel steun. Ek geniet dit om die nuus in JUIG! Tydskrif te lees. Jeanetta NussLees Nog »Pedofiele
Met verwysing na Pearl Kupe se artikel in die September-uitgawe. God wees ons kinders genadig! Mag Jesus goú kom, want Sodom en Gomorra was nie eers so erg nie. Cheryl (Wes-Kaap) Lees Nog »Bybelprofesieë voor ons oë vervul
Of jy nou van pres. Trump hou of nie, hy het reeds een van die laaste profesieë in die Bybel oor Jesus se wederkoms vervul. Om die Amerikaanse ambassade in Israel terug te verskuif na Jerusalem en om Jerusalem as die hoofstad van Israel te erken, is een van die profesieë wat vervul moes word. […]Lees Nog »Kunsartikel inspireer
Hiermee wil ek graag my dank betuig vir wonderlike artikels in JUIG! Tydskrif. Ek het die artikels in die Augustus-uitgawe oor hoofregter Mogoeng Mogoeng en Riekert Botha asook die een oor René Snyman in die September-uitgawe uitsonderlik geniet! Julle tydskrif getuig van ware Christelike beginsels en ek wag elke maand met opgewondenheid om te sien […]Lees Nog »Die kunstenaar René Snyman
Wat ’n besonderse artikel in die September-uitgawe van JUIG! Die artikel het my eie hartsbegeerte as kunstenaar geëggo! Die artikel oor René Snyman wat as Christen met “lig” in haar skilderye skilder en die leiding wat sy van Gerhartz ontvang het, is uitstekend. Die foto’s daarby is puik. ’n Mens kry ’n warm gevoel in […]Lees Nog »God verhoor gebede
Ek loof die Here vir drie gebede wat Hy binne ’n week verhoor het! Eerstens het ek vir my ’n WiFi-router gekoop en die Airtime Providers (AP) het ’n goeie uur bestee om my mobiele foon en skootrekenaar daarop in te stel. Tuis was ek nuuskierig om te sien of ek net deur Google Chrome […]Lees Nog »God skuld ons nie ’n antwoord nie!
Ek staan onlangs in ’n supermark in die ry. Voor my staan twee omies en gesels oor die gemors wat in ons land aangaan – net negatiewe dinge word bespreek. Hulle is vol wrokke, haat en nyd teenoor alles wat aangaan. Die een omie bevraagteken God – hy sê hy wonder waar Hy dan in […]Lees Nog »Waar is die onderskeiding?
Ek is so moeg daarvoor om soveel WhatsApp-boodskappe van Christene te ontvang wat video’s aanstuur – meestal samesweringsteorieë van ongenoemde bronne of deur mense waarvan ek nog nooit vantevore gehoor het nie. Dit is regtig oorweldigend en misbruik my WhatsApp-nommer. Ek vee die meeste van die boodskappe net uit, maar hoe kry ek mense so […]Lees Nog »Kreasionisme
“Waarom is die wetenskaplike gemeenskap so teen kreasionisme gekant?” in die Julie-uitgawe was ’n baie interessante artikel. Ek glo dat die God van die Christelike Bybel, álles en almal deur Sy Seun, Jesus, geskep het (Ef 3:9). Ek ken ’n wetenskaplike wat nie net ’n evolusionis was nie, maar ook ’n ateïs. Dit was juis […]Lees Nog »NG Kerk moet hom bekeer
Ek was baie teleurgesteld oor die nuus dat die NG Kerk weer in ’n stryd betrokke is oor troues tussen mense van dieselfde geslag. Dit is ’n groot jammerte dat hulle dit na die howe geneem het, wanneer die howe geen gesag in die kerk van God het nie. God het die enigste gesag. As […]Lees Nog »NG Kerk volg pad van liberalisme
Ons is die Here innig dankbaar vir JUIG! Tydskrif. Dit is een van die min tydskrifte wat ons geloof versterk en ons geestelik opbou. Dit bevorder die Evangelieboodskap en is Skrifgetrou! Ons NG Kerk-tydskrif, die amptelike blad van liberale denkers in die NG Kerk, het die pad van die liberalisme en ’n onbybelse Skrifbeskouing gekies. […]Lees Nog »Black Lives Matter
Sedert George Floyd so gewelddadig aan sy einde gekom het, is die wêreld op sy kop gekeer! Asof ons nie genoeg ergernis met COVID-19 beleef nie, is Black Lives Matter (BLM) ook op ons losgelaat. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek glo ook dat “black lives matter”, maar so glo ek ook dat baie ander […]Lees Nog »Ek glo in die wegraping
Hierdie tydskrif is kos vir my siel, dankie en hou asseblief aan met julle goeie werk. Dankie vir julle goeie rubrieke elke maand. Dit is baie belangrike en goeie leesstof en hou my op my tone om elke dag te waak. In die Junie-uitgawe word die vraag gevra of ek aan die wegraping glo. My […]Lees Nog »Die wegraping
Sal iemand wat wel ’n gelowige is, maar nie in die wegraping glo nie, deel hê in die wegraping? Ek glo nie so nie, want die Bybel sê: “Laat dit vir julle wees volgens julle geloof” – Matteus 9:29. Indien jy nie in die wegraping glo nie, kan jy nie deel in die wegraping nie. […]Lees Nog »Bemoediging te midde van die COVID-19-pandemonium
Die virus is skrikwekkend want hy is onbekend, onsigbaar en versprei blitsvinnig. Maar hoe groter die kommer, hoe makliker is ons die prooi van satan. Hoe minder ons ons bekommer, hoe makliker om satan te oorwin. Niemand weet wanneer die duiwel nog aanvalle gaan loods nie. Daarom is dit baie noodsaaklik dat ons onsself met […]Lees Nog »Aanslag op ons geloof
Die Christelike geloof word deesdae vanuit vele oorde aangeval/verwring of as niksseggend afgemaak. Gelowiges moet bedag hierop wees en sterk staan in wat hulle glo en bely. Hierdie drog-artikels het ten doel om dié wat nie baie sterk staan in die geloof nie, te verlei in onsekerheid aangaande die geloof wat hulle bely. Ek lig […]Lees Nog »Leer vir God ken
Geagte dr. Kuligin, baie dankie vir jou reeks in die tydskrif, “Leer vir God ken”. Dankie dat jy die lesers na die Bybel verwys en vir die aanmoediging om God op ’n persoonlike manier te leer ken. God seën jou en jou bediening. Riana van TonderLees Nog »Geweld teen vroue en kinders
Ek voel ook soos Jeremia in hoofstuk 20 vers 9 ná my bykans 46 jaar verbintenis met die plaaslike bevolking in die Kuruman- / Postmasburg-area. Ek het as kind in ’n alkoholis-stiefpa se huis deurgebring waar my moeder ’n paar keer amper vermoor is. Alkohol en vrouemishandeling is jare lank al ’n probleem. Suid-Afrika se […]Lees Nog »Spreek lewe in dankbaarheid
Abba Vader ek is dankbaar vir U genade, goedheid, guns en liefde elke dag. Ek is U ewig dankbaar vir die voorreg en eer om as U dienskneg U onfeilbare Woord te kan verkondig op die kansel. Ek is dankbaar vir die geleentheid en dat die inperking nie die verkondiging van U Woord kan beperk […]Lees Nog »My seun was ook aan dwelms verslaaf
In “Vra jou Vrae” van die Julie-uitgawe stel ’n leser die vraag: “My seun is verslaaf aan dwelms, moet ek hom uitskop of moet ek hom onvoorwaardelik liefhê?” Ek is self die ma van ’n seun wat agt jaar lank aan dwelms verslaaf was. Hy het self besluit dat hy hulp nodig het. Ek het […]Lees Nog »Bid vir die NG Kerk
Ek is ’n emeritus-leraar van die NG Kerk, is wedergebore en het die Here en Sy Woord baie lief. Ek lees JUIG! Tydskrif gereeld en ontvang baie geestelike seën daaruit. Ek preek feitlik elke Sondag en verkondig die suiwer Woord onbevrees deur die krag van die Heilige Gees. By baie van ons leraars is daar […]Lees Nog »Pogings om ons te breinspoel?
Sommige herken ons situasie vandag aan gebeurtenisse uit die verlede. Daar word vertel dat Stalin die metode om ander te breinspoel op so ’n manier demonstreer het: Hy het ’n lewendige hoender geneem en sy vere een vir een uitgepluk. Toe sit hy die bebloede, beseerde voël ’n entjie van hom af op die vloer […]Lees Nog »Grendeltyd en gebed: ’n getuienis
Hierdie inperking het meegebring dat ek en my man, Casper, se inkomste so gekrimp het dat ons net ons selfoonrekening en motorversekering kon betaal. Die selfoon – om in kontak met die buitewêreld te bly en die versekering – sodat ons motor nie terug-geneem word nie. Ons nood was groot! Ek begin bid. My man […]Lees Nog »Versoek vir artikel oor die Dorothea Sending
Weens die COVID-pestilensie is die April-uitgawe van JUIG! nou eers afgelewer. Ek is gefassineer deur die artikel, “Ilse Barlow: My stap van gehoorsaamheid”. Mag God haar seën vir hierdie groot stap wat sy geneem het. Christus se opdrag van die bekeringsdoop is so duidelik in die Bybel dat enige persoon dit kan verstaan, selfs kinders. Ja, […]Lees Nog »Die koronavirus en die eindtydartikel
Ek stem saam met die artikel, “Hoe die koronavirus die tafel vir die eindtyd dek”. Die Here se koms is nader as wat ons dink. Hy gaan soos ’n dief in die nag kom. Is ons gereed? Dit is die eerste keer dat ek die tydskrif koop en is baie bly ek het. Dit is […]Lees Nog »Beste artikel oor die koronavirus
Ek stem saam met die artikel, “Hoe die koronavirus die tafel vir die eindtyd dek”. Dit is die beste artikel wat ek nog gelees het oor die koronavirus. Baie dankie. Hester le RouxLees Nog »Glo jy in die wegraping?
Ek glo nie in die wegraping voor die Groot Verdrukking nie. As daar bedoel word dat Jesus ná die Groot Verdrukking Sy erfgename kom haal en die wêreld veroordeel: Ja. Maar die artikel verwys na die wegraping voor die Groot Verdrukking. Volgens Daniel 12 en Openbaring 3:10 is dit beslis nie die geval nie. Nêrens […]Lees Nog »Die wegraping
Die sogenaamde “geheime wegraping” is een van die grootste misleidings en nee – ek glo beslis nie daaraan nie. Dit is die produk van Francisco Ribera (1537-1591) om die aandag van die ware Antichris af te trek. Die fiksieboeke van die Left Behind-reeks, het die wye publiek op hol gejaag en futurisme weer laat herleef. […]Lees Nog »Verkondig die waarheid
Baie dankie vir die artikel in die Junie-uitgawe in verband met die (sogenaamde) koronavirus wat die tafel dek vir die eindtyd. Dit sal wonderlik wees as JUIG!, as enigste tydskrif wat die waarheid verkondig, opvolgartikels kan bied. Sybil de BruinLees Nog »Wegraping en die eindtyd
Ek het pas die artikel oor die koronavirus en die eindtye in die Junie-uitgawe van JUIG! gelees. Hierdie berig is 100% reg. Baie dankie dat julle hierdie artikel gepubliseer het. Ek verstaan nie hoekom nie, maar ons kerke is baie traag om enigsins oor die eindtye en wegraping te praat. Ek glo die wegraping is […]Lees Nog »Wegraping nie in die Bybel nie
Daar is ’n hele polemiek in die kerke oor die wegraping. Die woord “wegraping” kom nie in die Afrikaanse Bybelvertaling voor nie. As jy glo dat jy as Christen ’n verdrukking gaan misloop, verkondig jy ’n goedkoop Evangelie. Die Evangelie van Jesus Christus is nie goedkoop nie – dit kos iets! Dit is seker ’n […]Lees Nog »Wetenskap en rede het nie die antwoorde vir sinvolle lewe nie
“Life is fundamentally uncertain!” weerklink ’n filosofieprofessor se bulderstem in my kop. Hierdie koronading het ons onseker. Ons wil die onsekerhede van die lewe verminder deur dinge beter te verstaan. Die koronavirus het soos ’n tsunami oor ons lewensbootjies kom breek. Ons soek na ’n plek om te anker, terwyl golf op golf onsekerheid ons […]Lees Nog »Wat is die pad vorentoe?
Ek het in die Mei-uitgawe van JUIG! die artikel, “Die Spesiale Beraad Moreletapark Gemeente”, gelees. Ek haal aan: “As ons terugkyk, het die beraad sy doel gedien. ’n Nuwe vlak van entoesiasme en opgewondenheid oor die toekoms is te bespeur. Pieter Breytenbach, die bedryfshoof van Moreletapark Gemeente, het tereg gesê: ‘Daar is hoop vir die […]Lees Nog »Wat sê jy elke oggend vir jouself voor jy die dag begin?
• Moses sou sê: “Here, as U nie self saam met ons gaan of voor ons uitgaan nie, gaan ons nêrens heen nie.” • Abraham sou sê: “Die Here sal voorsien.” • Jakob sou sê: “Ek sal U net los as U my seën.” • Josua sou sê: “… maar ek en my huis, ons […]Lees Nog »Kies nou
Ons lewe in ’n tyd waar daar soveel onsekerheid is. Die vrae kom gedurig by ons op: Hoe gaan ons vir ons gesin sorg? Hoe gaan ek my paaiemente betaal? Ek het ’n paar weke gelede by my pa se sterfbed gestaan. Ek het besef: Wanneer dit jou tyd is om te gaan, maak niks aardse […]Lees Nog »Ons ewige bestemming
Die koronavirus vestig die aandag vir ons op ’n belangrike aspek van die lewe, naamlik die tydelikheid van die mens se bestaan om sy keuse vir die ewigheid te maak. Die virus eis slegs ’n klein persentasie sterftes, maar het die aandag van alle nasies 100%. Ons ewige bestemming betrek 100% van alle mense op […]Lees Nog »Die nadraai van die koronavirus
Kan dit wees dat die virus die tafel dek vir ’n wêreldwye ekonomie en kerk? Dit staan geskryf in die Skrif dat die antichris die wêreld vir sewe jaar gaan regeer met sy 666 ekonomiese nommer (Op 6-9, 13 en 16). Die tafel staan tans mos vir hom gedek om daarmee te begin. Die vraag […]Lees Nog »Ons wêreld is Sodom – genoeg is genoeg!
Terwyl ek deur die April-uitgawe van JUIG! lees, kom die gedagte by my op dat God toekyk hoe die wêreld babas aborteer, homoseksualiteit aanvaar en gelowiges vervolg. Ek dink hierdie jongste Comprehensive Sexuality Eduction (CSE)-program vir seksvoorligting was net die laaste strooi vir Hom. Onthou, in Matteus 19:14 het Jesus gesê: “Laat staan die kindertjies […]Lees Nog »5G is uiters skadelik!
Ek verwys na ’n nuusartikel wat op Joydigitalmag.com geplaas is om die “fopnuus” wat deur iemand genaamd, Jonathan, verkondig word. Hy het gewaarsku dat 5G skadelik is vir mense. Hy is erg gekritiseer vir sy pogings. Ek het ’n artikel aan julle redaktrise gestuur waarin 180 wetenskaplikes van 36 lande ’n brief onderteken het om […]Lees Nog »Afwykende seksvoorligting in Suid-Afrika
Die implementering van CSE (Comprehensive Sexuality Education) in laerskole se lewensoriënteringsklasse, sal ons kinders van hulle onskuld ontneem en hulle met dinge belas wat te moeilik is vir hulle om te begryp. Net soos laerskoolkinders nog nie Pythagoras se stelling of die wette van termodinamika kan snap nie, sal hulle nog minder die eksplisiete besonderhede […]Lees Nog »’n Ode aan ’n baie spesiale skrywer, Nina Smit
Nina Smit was ’n ervare skrywer en het vir vroue, tieners, kinders en oumas geskryf! Haar boeke is treffers in ons land. Sedert Dagboek vir die vrou en Asemskep-oomblikke met God in Nederlands vertaal is, is haar boeke ook in ander lande beskikbaar. Sy was sekerlik een van die gewildste sprekers. Ek gaan haar geweldig […]Lees Nog »Getuienisse is geloof in aksie
Beste Erin, dit was baie goed om oor jou getuienis / droom te lees, asook die raad wat daarop gevolg het. Ek stem saam met jou dat dit wysheid van God was om jou te beskerm. Deel asseblief baie getuienisse uit die daaglikse lewe. Dit laat ons geloof ook groei wanneer ons dit lees. Die […]Lees Nog »Deel altyd God se waarhede
Die redakteursbrief van die Februarie / Maart-uitgawe het my geboei. God praat op die wonderlikste manier met elkeen van ons. Hy het in die droom met Erin oor haar omstandighede gepraat en toe met my, nadat julle dit gepubliseer het. (En ek is seker dat dit ook met baie ander lesers gepraat het). Dit is […]Lees Nog »’n Kragtige droom!
Hallo Erin, baie geluk met ’n wonderlike getuienis oor jou profetiese droom in jou redakteursbrief. Dit was baie insiggewend en ek het dit geniet om dit te lees. Neil LowreyLees Nog »God praat deur drome
Beste Erin, ek is diep geraak en geïnspireer deur jou redakteursbrief in die Februarie / Maart-uitgawe van JUIG!, waar jy vertel het van jou droom en hoe God jou duidelike leiding gegee het. Ek het ook al ’n droom gehad wat ’n dreigende en ernstige ongeluk verhoed het. Ek het ná Sy duidelike boodskap aan […]Lees Nog »Die Bybel in ’n neutedop is puik
Ek wil julle net gelukwens met jul wonderlike Bybel in ’n Neutedop Nuwe Testament. Dit is so mooi uiteengesit, en die illustrasies is pragtig! Dit is duidelik dat daar met groot sorg aan elke bladsy gewerk is. Die inhoud is puik! Ek het vanoggend my daaglikse Bybelgedeelte gelees. Dit was uit 1 Petrus. Daarna het […]Lees Nog »Gee God nog om?
Ek lees vanoggend Maleagi en daar gaan ’n lig vir my op. Hoekom is ons almal so vreesbevange? Mense is siek en gaan dood, ons ekonomie is afgegradeer na Rommelstatus. As ons vanuit die wêreldling se oogpunt na die wêreld kyk, is dit vreesaanjaend. Is dit nie miskien die probleem nie? Soos Maleagi se mense […]Lees Nog »Opstandingsondag
Ons het onlangs tydens Paasfees in die Wes-Kaap ons eerste winterreëns van 2020 gekry. Die volgende oggend, toe ons die opstanding van ons Here Jesus herdenk, is alles skoongewas en vars. Dit is vir my so simbolies van die kruisiging en alles wat daarop gevolg het. Reën bring groei en nuwe lewe. Die Seun se […]Lees Nog »Kom ’n tyd
Die Prediker was reg … daar kom ’n tyd. ’n Tyd vir alles. ’n Tyd om af te tree en ’n nuwe ritme vir jou treë te vind ’n Tyd om jou kasteel teen die berg te ruil vir ’n herberg in ’n veilige vallei ’n Tyd om te besef familie is nie alles nie, […]Lees Nog »Brief aan teïstiese evolusie Christene
Dit is met baie groot teleurstelling dat ek die artikel: “Hoekom is Evolusie so ’n groot vraagstuk vir Christene?” van dr. Albert Alberts in die Desember-uitgawe van JUIG! gelees het. Niemand het ’n probleem met vryheid van spraak nie en ons as lede van Truth and Science (TAS) verwelkom enige eerlike en wetenskaplike poging daartoe. […]Lees Nog »Reaksie op evolusie-artikel in JUIG!
Dit is met gemengde gevoelens dat ek hierdie brief aan julle skryf. Toe ek die artikel se opskrif lees, was ek aanvanklik so opgewonde, want hier (het ek gedink) is (nog) ’n wetenskaplike wat uitkom vir die waarheid van Genesis 1-11 en homself skaar by die duisende kreasionis-wetenskaplikes wêreldwyd wat die leuen van evolusie uit […]Lees Nog »Evolusie ’n groot vraagstuk
Ek het JUIG! leer ken as ’n tydskrif wat nie evolusie voorstaan nie. JUIG! het selfs in die verlede artikels ingesluit wat ’n jong aarde voorstaan. In die 100ste uitgawe (Des 2019) was daar egter ’n artikel wat Albert Alberts se pro-evolusie boek, 70 vrae oor evolusie deur Christene, geadverteer. Ek beskou evolusie nie as […]Lees Nog »Brief aan teïstiese evolusie Christene
Op die voorblad van die eerste JUIG! pryk die artikel, “Evolusie: die Groot Leuen”. Dis nog steeds presies dieselfde leuen wat deur sommige opregte Christene geglo word wat glo evolusie is wetenskap. Soos spesifiek deur dr. Alberts gestel: “In teïstiese evolusionisme word die wetenskap van evolusie aanvaar net soos dit in daardie stadium ontwikkel het”. […]Lees Nog »Beroemdes wat gered word
Hierdie artikel het regtig met my gepraat. Ja, ek glo dat God in beroemdes se harte werk. Ek glo ook dat Hy deur party van hierdie mense baie ander sal bereik. Ek dink byvoorbeeld dat daar ’n beter kans is dat bendelede, dwelmverslaafdes en misdadigers na Kanye sal luister wat die Evangelie verkondig as wat […]Lees Nog »Sterre wat tot bekering kom
Dankie vir die goeie artikel oor beroemde sterre wat tot bekering kom. Ek hou van die feit dat God die harte van dié raak wat skynbaar alles het. Die waarheid is dat ongeag al die rykdom, roem en guns, mense steeds nie vrede het nie. Ek onthou toe die prediker, Tim Story, Suid-Afrika in die […]Lees Nog »Moenie deur sekulêre media gelei word nie
Mag Abba Vader deur Sy Heilige Gees die genade skenk dat Christene insig in die geestelike ryk sal hê om te onderskei wie werklik vir die Koninkryk van God is en wie daarteen is. Mag Christene deur die Heilige Gees in plaas van die sekulêre media gelei word. Die JOY! en JUIG!-tydskrifte is ’n stukkie […]Lees Nog »Ons gaan nog almal oud word
Ons moet leer hoe om oud te word! Ons almal gaan nog oud word mits geen dodelike ongeval, hartaanval of ernstige siekte ons tref nie. Ek het onlangs ’n inspirerende storie gehoor oor die Goudvelders wat in hulleself glo al is hulle al oud. Hierdie mense laat nie toe dat oudword ’n demper op hulle […]Lees Nog »Geen kompromieë
Liewe JUIG! Ek juig saam oor die tiende verjaarsdag van JUIG! Baie dankie dat julle die tydskrif onverskrokke, volgens die Woord, rig. Dankie dat julle geen kompromieë aangaan nie. Bennett van RensburgLees Nog »Christelike gesindheid
Ek wil JUIG! bedank vir ’n inspirerende en relevante tydskrif. Een wat werklik interkerklik probeer wees en nie skroom om die ander kant van ’n omstrede mening ook te publiseer nie. Die gesindheid van baie Christene teenoor dié wat nie aan húlle kerkgenootskap behoort nie, breek egter my hart! Bybelinterpretasie mag verskil, maar waarom so […]Lees Nog »