Desember 2014

JUIG! Desember 2014
JUIG! Desember 2014
Ons Kers-uitgawe bars uit sy nate met artikels wat voedsel vir die Gees bied, jou sal bemoedig en inlig. Ons neem ʼn kort reis deur die wêreld en vind uit hoe Kersfees in ander lande gevier word. Daar is ook ʼn insiggewende bespreking oor Jesus, ons Wonderbare Raadsman en Vredevors ̶ die ware betekenis van Kersfees. Lees gerus oor katedrale, die argitektoniese meesterwerke wat deur die Christelike geloof geïnspireer is in, ‘Geloof verwoord in ontwerp’. Laat Stephan Joubert se artikel, ‘Ingemaakte Christen?’ jou uitdaag en inspireer om vir meer as net jouself te leef. In aansluiting hierby is ‘7 Gevaartekens in jou geestelike lewe’ ʼn artikel so uit die bladsye van die herlewing as jou siel dors na meer. Daar is ook inspirerende getuienisse van Aldo en Chantel McPherson wie se droom bewaarheid is; Barend Joubert, wat fisiek en geestelik ʼn nuwe mens is danksy Jesus se werking in sy lewe; lees ook van Paul Smit, boer, politikus en entrepreneur vir Christus. Laat ons ook nie tydens hierdie feestelike seisoen van ons vervolgde broers en susters vergeet nie; lees meer oor Chandra Bikash se moedige geloof in Geopende Deure-artikel in die Desember-uitgawe van JUIG! wat 24 November op die rakke beskikbaar sal wees. Laat ons jou inspireer!
- Oorwinning Oor Pornografie
- Bangladesj ̶ Geopende Deure
- Kersfees In Ander Lande
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Psalms
- Die Ware Betekenis Van Kersfees
- Vaste Beginsels Vir ʼn Christelike Leefstyl: Piet Strauss
- Geloof Verwoord In Ontwerp
- Is Julle ʼn Sorgsame Kerk?
- 7 Gevaartekens In Jou Geestelike Lewe
- Ingemaakte Christen: Stephan Joubert
- Om Soos Jesus Te Dien!
- Seksuele Ateïsme
- Aldo En Chantel ̶ ʼn Droom Bewaarheid
- Getroue God: Retah McPherson
- VCSV: 118 Jaar Se Jesus-Getuienisse
- Gee Jou Kind ʼn Voorsprong
- Gee Jouself Ten Volle
- My Woefles
- Entrepreneur Vir Christus: Neal Van Den Berg
- Barend Joubert ̶ Ek Kies Die Lewe In Oorvloed
- Gee Ook Jouself: Angus Buchan
- Lof Met Louis ̶ Die Passie Van Jesus
- Nader Aan God Se Hart
- Tygerberg 104FM ̶ Rouchelle Liedemann
- Op Die Man Af !...En Hy Word Genoem: Wonderbaar


November 2014

JUIG! November 2014
JUIG! November 2014
Soos gewoonlik is JUIG! vol inhoudryke artikels net vir jou. In die November-uitgawe wat 13 Oktober op die rakke beskikbaar sal wees, is daar ʼn insiggewende artikel oor die brein en denke. In ‘Die wetenskap van denke’ lig bekende neurowetenskaplike, dr. Caroline Leaf, jou in hoe gedagtes jou brein en liggaam ten goede of ten kwade beïnvloed. Peter Hammond bied ʼn insiggewende artikel oor die geskiedenis van Islamitiese kalifate en in die artikels oor die Oekraïne en Nigerië word jy op hoogte gehou van wat die situasie vir Christene in hierdie twee lande is. Gretha Wiid gee op kenmerkende wyse, praktiese raad en advies om grense in jou huwelik op te stel sodat verhoudinge met die skoonfamilie gesond en manipulasievry kan wees. Daar is ook nuttige riglyne vir diegene wat wil weet hoe om Bybelstudie te hou. Stephan Joubert praat oor Christenskap, besittings en maatstawwe waaraan geestelike sukses nie gemeet moet word nie. Ons vier Tygerberg 104FM se mondigwording saam met hulle en kyk terug oor 21 jaar van diens en seën. Verlustig jou ook in Ilse Kleyn se geïnspireerde kuns en lees hoe sy ná 16 jaar uit die polisiediens bedank het om haar Godgegewe droom te verwesenlik.

- Die Dinge Wat Kinders Kwytraak
- Die Louwarm Christen
- Wat Is ʼn Kalifaat?
- Nigerië: Vroue In Die Vervolgde Kerk ̶ Geopende Deure
- Die Oekraïne: Oorlog, Woede En Pyn ̶ FEBA
- Dieremishandeling En Korrupsie In Dierebeskerming
- Nuwe Skoene: Stephan Joubert
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Job
- Die Here Se Volhardende Liefde
- Die Wetenskap Van Denke
- Sakelui Vir Christus: Dirkie Van Der Spuy
- Kuns Met ʼn Geestelik Diepte
- Hoe Om Die Bybel Te Bestudeer
- Jou Huwelik En Die Skoonfamilie: Gretha Wiid
- ʼn Kussing Vir ʼn Knie
- Goedheid En Guns ̶ Agter My Swirlkous
- Cornelius Swart ̶ Wenner Van Silwerkroon-toekenning
- Negester Onrusrivier
- Jannie De Beer ̶ Vergifnis En Versoening: Myan Subrayan
- Ken Jy My Seun: Angus Buchan
- Tygerberg 104FM ̶ 21 Jaar Van ‘Ons Storie, Sy Glorie’
- Op Die Man Af ̶ ʼn Droom Van 13 Jaar Lank Is Verwesenlik


Sept-Okt 2014

JUIG! Sept-Okt 2014
JUIG! September/Oktober 2014
Wil jy meer uitvind oor die sogenaamde bloedmane, of wat die Bybel oor verassing te sê het? Lees meer hieroor in ons September/Oktober uitgawe en laat ons weet wat jou mening daaroor is. Retief en Isabel Burger, wat onlangs getroud is, pryk op ons voorblad. Lees hoe hierdie gesalfde paartjie ontmoet het en watter insigte en advies hulle oor wag vir ‘die regte een’ en verhoudings het. Vir die manne is daar artikels oor Drummond Robinson se ‘Manne Van Eer’; die boer, Jannie Moolman, van die plaas Rusoord waar die Karoo Mighty Men Saamtrek vir die afgelope paar jaar gehou word; asook ʼn artikel oor die Mighty Men KZN. Daar is ook leesstof vir die dames met ʼn inspirerende artikel van Retah McPherson oor die omheinde en afgebakende tuin van ons hart en die artikel, ‘Wat is jou nalatenskap – vroue van geloof en moed’ wat elkeen sal inspireer en bemoedig. Leer die aanbiddingsgroep, Casting Crowns, beter ken en lees oor die wenner van Tygerberg 104FM se Gospel Talent Search, Henry Pike. Hierdie uitgawe, vol artikels wat jou Gees sal voed, sal 1 September op die rakke beskikbaar wees.

- Behou Perspektief: Stephan Joubert
- 12 Maniere Om Nader Aan God Te Kom
- Taal: Gawe Van God Of Afgod?
- Feba ̶ Radio Suid-Afrika
- Colombia: Gesinne In die Vervolgde Kerk ̶ Geopende Deure
- Word Jy Deur Sonde Verlei?
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Ester
- Bloedmane ̶ Tekens In Die Hemelruim
- Die Graf Of ʼn Urn?
- Hoe Die Media Jou Kinders Seksualiseer
- Dié Alternatief Ná Matriek
- Retief En Isabel ̶ Gedugte Span Vir Die Koninkryk
- Wat Is Jou Nalatenskap?
- Klara Majola
- Die Tuin In Jou Hart: Retah McPherson
- Carl Hugo Gutsche
- Manne Van Eer
- Bied God Jou Beste: Myan Subrayan
- Wees Voorbereid Vir Die Ewige Lewe: Angus Buchan
- Mighty Men Saamtrek In KZN
- Jannie Moolman
- Casting Crowns
- Henry Pike
- Lof Met Louis ̶ Wat Van Liedjie No. 7?


Augustus 2014

JUIG! Augustus 2014
JUIG! Augustus 2014
In ons Augustus-uitgawe met Ilse Roux op die voorblad, kan jy meer lees oor hierdie gesogte trourokontwerper met ʼn passie vir die Bruid van Christus en gesonde huwelike. Lees in aansluiting hierby die artikel, ‘Genees die Pyn’, met praktiese advies om konflik in die huwelik op te los, asook ʼn insiggewende artikel van Gretha Wiid hoe om die stille verslawing van pornografie die hoof te bied. Vind uit hoe jy betrokke kan raak by FOR SA wat namens die Christen-kerk oor geregtelike kwessies praat en hoe jy vervolgde Christene in samewerking met Geopende Deure kan bemoedig. Peter Hammond gee uiters interessante feite weer in sy geskiedenisartikel oor die 100ste herdenking van die Eerste Wêreldoorlog en bespreek in nog ʼn geskiedenisartikel, die eerste sendeling na Suid-Afrika, Georg Schmidt. Lees die artikels oor Vladimir Putin en dagga vir medisinale gebruik en gee ons jou mening. Lees ook ʼn treffende artikel, ‘Seuns en Huurlinge’ van Angus Buchan. Hierdie nuutste uitgawe van JUIG! Tydskrif sal 21 Julie op die rakke beskikbaar wees. Moet dit nie misloop nie!

- Silwerkroon-toekenning
- FOr SA ̶ ʼn Mondstuk Vir Die Christen-kerk In Suid-Afrika
- Vat Hande Om Vervolgde Christene Te Bemoedig ̶ Geopende Deure
- Is Vladimir Putin ʼn Christen?
- Dagga Vir Medisinale Gebruik ̶ Die Argument Om Die Dwelm Te Wettig
- Dagga Vir Medisinale Gebruik ̶ Waarom Dit Gevaarlik Is
- God Is Steeds Op Sy Troon
- Jesus In Die Bybel
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Nehemia
- Emosionele Bagasie: Dawie Spies
- Sekulêre Invloed En Materialisme In Die Kerk: Bennie Mostert
- Pornografie ̶ ʼn Stille Geheim: Gretha Wiid
- Ilse Roux ̶ Getrou Aan Jesus
- Genees Die Pyn
- As Ek Geweet Het Dit Is Die Here: Stephan Joubert
- Seuns En Huurlinge: Angus Buchan
- Laat Jou Lewe Spreek: Myan Subrayan
- Die Eerste Wêreldoorlog
- Georg Schmidt En Die Morawiese Sending In Suid-Afrika
- Lof Met Louis ̶ Hoe ‘Kook’ ʼn Mens Vir Die Koning?
- Dominus Illuminatio Mea ̶ Die Here Is My Lig
- Oom Karoolus En Lente Se Moewie
- Karien Basson
- Op Die Man Af! ̶ Dissipel Van Jesus: Ons ‘Gewilde’ Slagspreuk


Junie/Julie 2014

JUIG! Junie/Julie 2014
JUIG! Junie/Julie 2014
In hierdie uitgawe, wat 9 Junie op die rakke beskikbaar sal wees, is daar voorwaar stof tot nadenke. Lees Clem Sunter se insiggewende kommentaar oor die ekonomiese bevryding van Afrikaners, dr. Isak Burger se bestekopname van Suid-Afrika se geestelike toestand en Errol Naidoo se nabetragting oor die verkiesing. Nico Bougas bekyk die Oscar-hofsaak vanuit ʼn Christelike perspektief en dr. Stephan Joubert bespreek die praktiese rol van die Kerk. Lees Brian Oldreive, die stigter van Foundations for Farming, se getuienis in ‘ ʼn Boer met God se Plan’ en vind uit wat die vier sleutels tot wins vir Afrika is. Brei jou kennis oor Afrika uit met interessante statistieke in die artikel ‘Hoe goed ken jy Afrika?’. Ons gee raad hoe om eensaamheid hok te slaan en hoe om te bid tydens demoniese aanvalle. Daar is bemoediging, raad, nuus en leersame inligting te vind in ons JUIG! Junie-uitgawe. Moet dit nie misloop nie!

- Arendsfees 2014 ̶ Hartenbos
- SA Se 5de Demokratiese Verkiesing
- Oscar: ʼn Christelike Reaksie?
- Die Ekonomiese Bevryding Van Afrikaners
- Die Christelike Toestand Van Ons Nasie: Isak Burger
- Hoe Om Te Bid Tydens Demoniese Aanvalle
- Huis Van Gebed
- Die Bes Bewaarde Geheim In Die Christendom: Stephan Joubert
- Wêreldwaarnemingslys: Sentraal-Afrikaanse Republiek ̶ Geopende Deure
- ʼn Boer Met God Se Plan
- Bybelse Beginsels Vir Boere: Angus Buchan
- Bok-En-Biltong-Aande: Dawie Spies
- Laat Die Siekes Na My Toe Kom
- Vind Daar Nog Bekerings In Die Kerk Plaas: Dirkie Van Der Spuy
- Toegewy Aan God
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Esra
- Jy Klim ʼn Berg Voetjie Vir Voetjie: Retah McPherson
- Flenters
- Eensaamheid: Die Siekte Van Die 21ste Eeu
- Silwerkroon-toekennings
- Hoe Goed Ken Jy Afrika?
- Penkoppe: Melkbaarde Van Die Anglo-Boereoorlog
- Veelsydige Edna: Neal Van Den Berg
- Lof Met Louis ̶ Aanbidding Is Nie Logies Nie
- Gospel Skouspel 2014
- Dooie Geloof


Mei 2014

JUIG! Mei 2014
In hierdie uitgawe is daar iets vir almal. Met Moedersdag om die draai, fokus ons op vroue met artikels oor die belewing van vroue in Irak; ʼn brawe ouma se getuienis oor haar kleindogter se verdrinking en Vicki Fourie, voormalige Mej. Dowe Suid-Afrika wat dapper en vol geloof haar weg suksesvol deur die wêreld baan. Lees oor die kompetisie vir mense ouers as 60 waar JUIG! in samewerking met Helpende Hand opsoek is na iemand met ʼn goue hart en ʼn helpende hand. In ‘Wrede Verdraagsaamheid; ‘Die Gevaar van Postmodern teologie; en Ons verwerp korrupsie en bedrog’ word aktuele sake vanuit ʼn Bybelse wêreldbeskouing bespreek. Gereelde rubriekskrywer Gretha Wiid gee uitstekende advies om die valstrik van owerspel te vermy en Stephan Joubert daag jou uit om jou agenda opsy te skuif en ʼn voltydse dissipel van Jesus te word. Ons Mei-uitgawe sal 28 April op die winkelrakke beskikbaar wees, moet dit misloop nie!
- Irak, Spesiale Fokus Op Vroue ̶ Geopende Deure
- Ons Verwerp Korrupsie & Bedrog, maar…
- Wrede Verdraagsaamheid
- Die Gevaar Van Postmoderne Teologie
- Die Bybel In ʼn Neutedop: 1 & 2 Kronieke
- ‘Son of God’ ̶ Rolprent
- ʼn Voltydse Dissipel Van Jesus: Stephan Joubert
- Wat Sluit God Se Wil Alles In?
- Ouma, Shimoné Verdrink!
- Owerspel Breek Mense En Verbond: Gretha Wiid
- Vicki Fourie ̶ Moed Is ʼn Keuse
- Wanneer Vrouens Verwerping Ervaar: Bennie Mostert
- Ma-wees Met Selfvertrou
- Andrew Murray ̶ Gesalfde Skrywer
- Wellington
- Silwerkroon-toekennings
- Ervare Raadgewer: Angus Buchan
- Identiteit: Myan Subrayan
- Stories Is Deel Van Ons Lewe
- Lof Met Louis ̶ Vlamme Van Herlewing
- LiG-WeG ̶ Gert Smit
- Anton Brink
- Ware Leierskap Begin By Die Huis


April 2014

JUIG! April 2014
In ons Paas-uitgawe, wat 24 Maart op die rakke beskikbaar sal wees, word daar na die drie moontlike verklarings vir die opstanding van Jesus gekyk: as ʼn biologiese wonderwerk, ʼn sielkundige wonderwerk, of ʼn teologiese wonderwerk. In aanloop tot die verkiesing bespreek ons die rol van Christene in die politiek in diepte. Errol Naidoo lig ons lesers in oor wetsontwerpe wat binnekort ter tafel gelê sal word en wat direkte impak op Christene sal hê. Charl van Wyk bespreek die Christelike invloed in die samelewing en ons vind uit waarom en hoe ons vir ons leiers moet bid. Glo jy in God, maar leef asof Hy nie bestaan nie? Lees Craig Groeschel se artikel, ‘Die Christen-ateïs’ en laat die Heilige Gees jou na ʼn nuwe lewe vir God lei. Ons sluit in hierdie uitgawe ons reeks oor die Tien Gebooie af en Peter Hammond behandel die boeke 1 & 2 Konings. Vind uit oor ʼn interessante nuwe hulpmiddel vir selgroepe en -leiers in die artikel, ‘Here, nie ek nie!’

- Wêreldwaarnemingslys ̶ Geopende Deure
- Het Jy Geweet?
- Christene En Politiek
- Bid vir ons leiers: waarom en hoe
- Gewillig om te verander: Dirkie van der Spuy
- Die Stryd Vir die Millenniumgenerasie
- Die Christen-Ateïs
- Die Tiende Gebod: Jy Mag Nie Begeer Nie
- Ligloop vir die Godsdienstige tweeling
- Die Betekenis van die opstanding van Jesus
- Die Bybel in ʼn neutedop ̶ 1 & 2 Kronieke
- Moenie bevrees wees nie: Retah McPherson
- Kruistog in Namibië
- Die slag van Majuba
- Laat ons nie vergeet nie: Angus Buchan
- Swellendam
- Lê ʼn fondasie van sukses: Myan Subrayan
- Lof Met Louis ̶ Wanneer Is Ons Aanbidding Heilig?
- Here, nie ek nie!
- Mia Slabbert
- Op Die Man Af! ̶ Moet ʼn Christen stem?


Maart 2014

JUIG! Maart 2014
In ons Maart-uitgawe, met Clemens en Stephanie Mans van Kruiskyk op die voorblad, vind ons meer uit oor hulle Christelike TV-kanaal en hoe dit ʼn platform skep vir ander se Woord- en sangbedienings. Daar is raad vir die gesin in Gretha Wiid se artikel oor konflik in die huwelik en Bennie Mostert se verduideliking waarom gehoorsaamheid van kinders aan hulle ouers so belangrik is. In die insiggewende artikel oor transendentale meditasie word die verskuilde agenda daaragter die implementering daarvan in ons skole, blootgelê, asook hoe Christelike meditasie daarvan verskil. Lees oor Fergus Buchan se bediening na die mees onherbergsame dele van Afrika en hoe God Henry en Mandy Jackson deur ʼn plaasoorname in Zimbabwe gedra het. As jy Peter Hammond se reekse oor die Tien Gebooie en boeke van die Bybel geniet, moet jy nie ons Maart-uitgawe, wat 17 Februarie op die winkelrakke beskikbaar sal wees, misloop nie. In hierdie uitgawe word die Negende Gebod en 1 en 2 Samuel bespreek.

- Alles Is Vergewe: Stephan Joubert
- Die Maledive ̶ Geopende Deure
- Die Negende Gebod: Jy Mag Nie Vals Getuienis Teen ʼn Ander Gee Nie
- Die Bybel In ʼn Neutedop: 1 & 2 Samuel
- Transendentale Meditasie
- Wat Is Christelike Meditasie?
- Clemens en Stephanie Mans Droom Groot
- Wanneer Kinders Van Die Here In Die Huwelik Baklei: Gretha Wiid
- Eer En Gehoorsaamheid: Bennie Mostert
- Kan Christene Aanlynverhoudings Aanknoop?
- Fergus Buchan ̶ Geloof In Die ‘Ruveld’ Van Sending
- Plaasoorname ̶ Alles Prysgegee Ter Wille Van Christus
- Laat Dit Aan God Oor: Angus Buchan
- Graaff-Reinet
- Martinus Steyn ̶ Kampvegter Vir Vrede
- Johan Kriel
- Hier Kom ʼn ding: Myan Subrayan
- Lof Met Louis ̶ Wanneer Is Ons Aanbidding Heilig?
- Op Die Man Af! ̶ Hoekom Is Afrikaans Groot?
- Benescke Janse Van Rensburg


Januarie/Februarie 2014

Januarie/Februarie 2014
Ons skop die jaar af met ʼn Januarie/Februarie-uitgawe propvol pittige artikels. In ‘Natuurrampe’ word die kwessie oor wie in beheer van die weer is, aangespreek. Daar is ʼn insiggewende artikel wat aspekte rondom die heilige standaarde van die Kerk en moderne norme vir bruidsrokke debatteer. Stephan Joubert draai ook nie doekies om in sy artikel oor ‘ongemaklike waarhede’ wat onder die mat ingevee word nie. Lees twee interessante artikels oor die skepping en ewolusie: ‘Ewolusie: ʼn Antieke, Heidense Idee’ en ‘Arendsvlerke Tegnologie Ver Vooruit’. Ons geskiedenisreeks word voortgesit met ʼn artikel oor Generaal de Wet. In ons Bybel in ʼn Neutedopreeks word die boek Rut behandel en in ons reeks oor die Tien Gebooie word die Agtste gebod bespreek. Kom put verdere inspirasie uit artikels van ds. Dirkie van der Spuy en Retah McPherson in JUIG! Tydskrif, wat 6 Januarie op die winkelrakke beskikbaar sal wees.

- Die Wêreldekonomie Verduidelik Met Koeie
- Voorspoedige & Geseënde Nuwe Jaar: Dirkie Van Der Spuy
- Raak Dringend: Stephan Joubert
- Pastoor Kanselleer Kerktroue Weens die Bruid Se ‘Onbetaamlike Rok’
- Natuurrampe
- Ewolusie: ʼn Antieke, Heidense Idee
- Arendsvlerke Tegnologie Ver Vooruit
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Rut
- Dieselfde Gesindheid Moet In Julle Wees: Retah McPherson
- Bid Meer, Praat Minder ̶ Angus Buchan
- Die Agtste Gebod: Jy Mag Nie Steel Nie
- Die Volle Betekenis Van Vergifnis
- Die Reis Na Nugterheid
- ʼn Moeder & Dogter Se Hoop In Die Filippyne ̶ Geopende Deure
- Geroep Na Israel
- Lof Met Louis ̶ Wees Waar Die Lewe Is
- Nogtans Sal Ek Jubel: Neal Van Den Berg
- Lig In Duisternis
- Potchefstroom
- Generaal De Wet