JUIG! Desember 2015
Lees in hierdie uitgawe oor Homo naledi en die belangrike vrae rondom hierdie ontdekking. In aansluiting hierby is daar ook die artikel, 'Is die mens 'n vergeestelikte homonide?'. Daar is die aangrypende getuienis van Fanie Scanlen, ʼn polisieoffisier wat sewe keer tydens ʼn aanval gesteek is en in die hospitaal ʼn visioen van die Kruis gesien het. Lees ook ons lesers se mening oor die NG Kerk se sinodale besluit om gay huwelike en gay predikante in die kerk te erken. Ons voorbladartikel, 'Jesus Christus ̶ Wie is Hy?’ is ʼn interessante bespreking van die eensydige Jesus-figure wat gewildheid verwerf het in die kontemporêre Westerse Christelike kultuur: byvoorbeeld die ghoeroe-Jesus, die sosialistiese en polities-korrekte Jesus, die ‘He-man’-Jesus, die patriotiese Jesus, die dr. Phil-Jesus, die voorspoed-Jesus, die beste-vriend-Jesus en die wettiese Jesus.
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
• ʼn Seisoen Van Geloof: Angus Buchan
• Julle Mening Is...
• TWR Nuus Verkondig Hoop Aan Die Wêreld
• Midde-Ooste ̶ Geopende Deure
• ʼn Maria-Kersfees: Gerald Ferreira
• 40 Wonderwerke Van Jesus
Category: 2015
November 2015
JUIG! November 2015
In hierdie uitgawe van JUIG! is daar ʼn goue draad oor vaderskap. Gerald Ferreira se artikel handel oor die voorbeeld en nalatenskap van ʼn godvresende vader, Peter Hammond resenseer ʼn Christelike rolprent, Khumbula wat ondermeer die verhouding tussen ʼn pa en sy seun beklemtoon; Tom Tapping se artikel, ‘Die Hart van ʼn Vader’ bespreek God se Vaderhart en vra wat jou beskouing van God as Vader is.
Die artikel oor radikalisering van die jeug deur Islamitiese ekstremiste is ʼn moet-lees-artikel vir elke ouer en diegene wat met die jeug werk aangesien dit na redes kyk waarom tieners polities geradikaliseer word, wat faktore vir vatbaarheid vir radikalisme kan aanwakker en hoe om dit te voorkom.
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- ʼn Reusekullery
- Kazakstan ̶ Geopende Deure
- Oorwinning Oor Die Bose, Vervolging En Selfs Ongeletterdheid ̶ FEBA
- Wat Verander Normale Kinders Skielik in Radikale?
- Wanneer Die Here Die Gasheer En Eregas Is: Stephan Joubert
- ʼn Nuwe Lewe In Christus
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Daniël
- God Is Getrou: Angus Buchan
- Die Voorbeeld Van ʼn Vader: Gerald Ferreira
- Dawie En Leonora ̶ Mense Van Die Woord
- Die Hart Van ʼn Vader
- Khumbula ̶ Ek Sal Onthou
- Die Kombuis: Die Masjienkamer Van Die Gesin
- Die Geestelike En Simboliese Waarde Van 6: Elza Meyer
- Wat Oudword My Geleer Het
- Beklee Kankerpasiënte Met Waardigheid ̶ Felicity Combrinck
- Jou Woestynseisoen Sal ʼn Doel Dien
- Loopbaan(on)sekerheid?
- Jacques Van Vuuren
- NueLight ̶ ʼn Nuwe Klank
- Tygerberg 104FM ̶ Belofteweek
- Voxtrain-toep
Sept/Okt 2015
JUIG! Sept/Okt 2015
In hierdie uitgawe van JUIG! is daar heelwat artikels wat genesing vir die gees, siel en liggaam sal bied. In Go Natural se artikel vertel Johan Jacobs ons waarom Christene nie siek hoef te wees nie, vind uit oor genesingsdienste wat Fergus Buchan hierdie maand in die Wes-Kaap gaan aanbied en lees Regardt Verster se getuinenis van volkome genesing nadat hy sy nek in ʼn motorongeluk gebreek het. Stephan Joubert spreek die negatiwiteit en afbrekende kommunikasie aan wat tot siektetoestande en gebroke verhoudings kan lei. In Gretha Wiid se rubriek bespreek sy finansies en die huwelik en hoe om die slaggate te vermy en ʼn gesonde huweliksverhouding te kweek. Henry Jackson gee in sy artikel, ‘Vrees of Vrede?’, raad oor hoe om vrees en trauma ná ʼn gewelddadige aanval te verwerk en hoe om tot vergifnis en vrede te kom. Vir rugbygeesdriftiges is daar ʼn artikel van Manne van die Woord waarin Pierre Spies, Jannie de Beer en Ollie le Roux hulle ervaring van die rugbywêreldbeker bespreek en ʼn voorspelling waag op die Bokke se kanse vir 2015. Frans Ludeke praat in ons voorbladartikel oor sy geloof, sy gesin en sy nuwe begin in Fidji. Ons bied ons sendingartikels van FEBA en Geopende Deure om jou op hoogte te hou van sendingbedienings en manier waarop jy jou Christen-broers en -susters kan ondersteun. Die September/Oktober-uitgawe van JUIG! sal 31 Augustus op die rakke beskikbaar wees. Lekker lees!
- VSA vs Rusland ̶ Die Stand Van Dié Nasies
- Radio Wat Die Lewende Woord Aan Die Mense In Rusland Bring ̶ FEBA
- ʼn Gevaarlike Geloof ̶ Geopende Deure
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Esegiël
- Frans Ludeke
- 2015 Rugbywêreldbeker In Engeland ̶
Augustus 2015
JUIG! Augustus 2015
In die Augustus-uitgawe van JUIG! wat 20 Julie op die rakke beskikbaar sal wees, dek ons ʼn verskeidenheid interessante onderwerpe. Ons bespreek godsdienskwessies soos: Hoe verskil die Islamitiese djihad van die geweld in die Ou Testament; die Antichris; en wie of wat is die Moslem Mahdi. Daar is twee interessante artikels oor ewolusie en die skepping – in, ‘Kan al daardie wetenskaplikes verkeerd wees’, word ondersoek ingestel na verkeerde wetenskaplike oortuigings wat vir hondere jare lank voortgeduur het omdat dit op filosofiese idees en nie op waarneming gebaseer was nie. In ons sendinggedeelte vier ons saam met Geopende Deure 60 jaar van diens aan die vervolgde Kerk met ʼn artikel oor Broer Andrew, die geliefde stigter van die bediening. In die artikel, ‘Moord in Kaboel’, deel Hannelie Groenewald haar getuienis met ons nadat haar man en kinders vir Christus in Afganistan gesterf het. Hettie Brittz spreek in die artikel ‘Is Gesag uit die mode?’ die kwessie rondom ouerlike dissipline en gesag aan en ons bied praktiese raad aan diegene wat hulle werk verloor het. Dr. Peter Hill spreek die aktuele saak van vetsug en die metaboliese sindroom aan. En laaste maar beslis nie die minste nie, ons gesels met Elza Meyer oor haar bediening, die uitdaging aan die Kerk en haar lewensdroom. Lekker lees!
- Ek Glo Nie In Ateïste Nie
- Kan Al Daardie Wetenskaplikes Verkeerd Wees?
- TWR Nuus
- Broer Andrew ̶ Geopende Deure
- Die Antichris
- Die Moslem Mahdi
- Hoe Verskil Die Islamitiese Djihad Van Die Geweld In Die Ou Testament?
- Die Hart Van Elza Meyer
- Sippora: Gerald Ferreira
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Jeremia & Klaagliedere
- Omskep Die Alledaagse In Feesgeleenthede: Stephan Joubert
- Christenskap In Die Werksplek
Junie/Julie 2015
JUIG! Junie/Julie 2015
As jy ernstig is oor die kerk en die welstand van die Liggaam van Christus is hierdie uitgawe van JUIG! een wat jy nie moet misloop nie. Ons redaktrise en van ons lesers lug in die artikel, ‘Die Kerk moet Ruggraat hê’, hulle mening oor die Belharkwessie en die toenemende druk op die Kerk wêreldwyd om by ʼn liberale wêreldbeskouing aan te pas. Laat ons weet wat jóú mening is. In ʼn roerende artikel gee ons die toespraak weer wat rabbi Jonathan Cahn onlangs by die VN gelewer het. Hierin doen hy ʼn beroep op die wêreld om die stilswye te verbreek omtrent die uitmoor van Christene in die Midde-Ooste en iets daaromtrent te doen. Bennie Mostert rapporteer terug oor die positiewe feite te midde van die vervolging in Sirië en ons bied jou die geleentheid om prakties iets te doen om die vervolgde Christene in die Midde-Ooste by te staan. Louis Brittz en ʼn paar tieners lig ons in oor die #Imagine-fees wat besig is om die jeug van ons land te begeester. Gerald Ferreira sluit in hierdie uitgawe vir die eerste keer by ons aan as een van ons medewerkers. Gretha Wiid spreek die kwessie aan van ouers wat te veel van hulle kinders verwag en Stephan Joubert praat oor die pad van selfverloëning wat oor die brug van gesonde verhoudings loop. Ons voorbladartikel handel oor Anthonie Bougas, aanbieder van onder meer Solis vir Christus en Tienerzone. Vind meer uit oor hierdie jongman wat soveel geleenthede vir die Afrikaanse jeug in Suid-Afrika skep en ʼn hart vir Christus het. Die Junie/Julie-uitgawe van JUIG! sal 20 Julie op die rakke beskikbaar wees. Lekker lees!
- Die Kerk Moet Ruggraat Hê!
- In Hemelsnaam...Doen Wat Reg Is!
- Genesing Van Die Verlede ̶ FEBA
- Colombia ̶ Geopende Deure
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Jesaja
- Antwoorde Op Jou Netelige Bybelse Vrae
- Meester Gee U Nie Om Nie: Gerald Ferreira
- Vasgevang In Die Selflewe: Angus Buchan
- Christenskap In Die Werksplek
- Om Die Liefde Te Leef
- Mars En Venus Ontmoet Hier Op Aarde: Stephan Joubert
- Bybelse Berading Is Die Goeie Nuus
- Hoekom Word Jy Alewig Siek?
- Vetvry! My Reis Na Gesondheid
- Moet Jou Vis Kan Boomklim: Gretha Wiid
- Bou Geloof In Jou Kind Deur Literatuur
- Anthonie Bougas – Rolmodel Vir Die Jeug
- Wat Sê Die Jeug Van #Imagine?
- Tygerberg 104FM ̶ Newsboys Basuin dit Uit, God Leef!
- NueLight ̶ ʼn Nuwe Klank
- Op Die Man Af ̶ Musiek, Een Van God Se Kragtigste Wapens
Mei 2015
JUIG! Mei 2015
JUIG! Mei 2015
In hierdie uitgawe van JUIG!, wat 27 April op die rakke beskikbaar sal wees, is daar iets vir almal. Met al die woelinge in ons land bied ons geestelike bemoediging met artikels van Angus Buchan, Stephan Joubert en Elza Meyer. Ons neem ook van die kwellende landskwessies onder die loep met die artikels, ‘Geskiedenis in perspektief en ‘Jan van Riebeeck – pionier, stigter en ontdekker’, waar ons die belang van geskiedenis, geskiedkundige figure en identiteit bespreek. Ons ondersoek die stand van sake ten op sigte van terrorisme: Waarom dit toeneem, hoe ons moet reageer en hoe om effektief te bid wanneer Christene onthoof word. In aansluiting hierby bied ons sendingartikels van Sending Sonder Grense, FEBA en Geopende Deure om jou op hoogte te hou van sendingbedienings en manier waarop jy jou Christen-broers en -susters kan ondersteun. Lees gerus ook die insiggewende artikel oor die mite dat menslike en sjimpansee-DNS met net 1% van mekaar verskil. Waarom sou evolusie-wetenskaplikes willens en wetens aanhou om dié mite te verkondig, wat selfs van binne eie geledere as onjuis beskou word? Vind uit wie die drie Christen-wetenskaplikes was wat Einstein se helde was en teen sy muur gepryk het. Ons sluit ook ons reeks oor stiefouers af met die artikel, ‘Dissipline in die saamgestelde gesin’. Lekker lees!
- Interessante Feite Oor Moeders
- Terrorisme ̶ Die Nuwe Stand Van Sake
- Bring Lig En Lewe ̶ Sending Sonder Grense
- Van Die Ooste Na Die Weste ̶ FEBA
- Kameroen ̶ Geopende Deure
- Geskiedenis In Perspektief
- Jan Van Riebeeck
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Hooglied
- Kortpad Deur Die Bybel: Stephan Joubert
- ʼn Oop Hemel: Elza Meyer
- Die Abraham-reis
- Die Silwerkroon-toekenning 2015
- Einstein Se Helde
- Die Mite Van Die 1%
- Dit Kos ‘Guts’ Om Te Bly Glo
- Christenskap In Die Werksplek
- Skakel Jou Brein Aan ̶ Meer-As-Een-Ding-Gelyktydig-Doen Is ʼn mite
- Natuurlike Genesing
- Beth Moore ̶ Breek Vry
- Nuwe Lewe In Christus
- Dissipline In Die Saamgestelde Gesin
- Oppas Dat Jy Nie Val Nie: Angus Buchan
- NueLight ̶ ʼn Nuwe Klank
- Tygerberg 104FM ̶ Anton Treurnich
- Op Die Man Af ̶ Hoe Belangrik Is Erkenning Vir Jou As Christen?
April 2015
JUIG! April 2015
JUIG! April 2015
Jesus nooi ons: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Lees meer oor hierdie uitnodiging in die hoofartikel van JUIG! se Paas-uitgawe wat 23 Maart beskikbaar sal wees en gee jou swaar laste en probleme vir Hom. Skop skoene uit en lees hoe die Paralimpiese kampioen, Fanie van der Merwe, een van die moeilikste terugslae saam met Jesus oorkom het. Is die Christendom ʼn Westerse godsdiens? Vind uit wat die antwoord op hierdie vraag, en nege ander mites oor die Christendom, is. In die artikels, ‘Waarom vermoor kinders hulle ouers’, ‘Die Saamgestelde Gesin’ en ‘Dawid ʼn man na God se hart’ word gesinsverhoudings en ons verhouding met God ondersoek. Vind praktiese wenke en hulp om jou gesinsverhoudinge en verhouding met God te versterk. Gretha Wiid pak die bul by die horings in haar rubriek en spreek haar onomwonde oor die rolprent, ’50 shades of Grey’ uit. Vind uit waarom ons besorgd moet wees oor Iran se toenemende oorheersing in die Midde-Ooste, maar lees ook Stephan se uitstekende artikel, ‘ ʼn Bedreigde Godsdienstige spesie’, wat ons bemoedig om te midde van ʼn verlore wêreld as helder ligte te skyn en nie in vrees terug te deins nie! Angus Buchan se artikel, ‘Wees nugter, wees waaksaam’, is ʼn gepaste boodskap vir die uur, lees dit gerus saam met ‘ ʼn Profetiese Waarskuwing Van Die Heilige Gees’ wat ook interessante inligting oor die leringe van Bileam en die sewe gemeente van Openbaring bied en ons aanmoedig om standvastig te wees en ons doktrine suiwer te hou.
- 10 Historiese Mites In Die Wêreld Oor Die Christendom
- Iran Se Opkomende Ryk
- Indonesië ̶ Geopende Deure
- Die Kruis, Christus & ʼn Uitroep Van Vreugde ̶ FEBA
- Waarom Vermoor Kinders Hulle Ouers?
- Wees Nugter, Wees Waaksaam: Angus Buchan
- Kom Almal Wat Vermoeid Is
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Prediker
- Jy Word Dit Waarop Jy Fokus: Daniel Kolenda
- Dawid ʼn Man Na God Se Hart
- Een God, Een Volk
- Onthou Sy Goedheid En Guns
- ʼn Bedreigde Godsdienstige Spesie: Stephan Joubert
- ʼn Profetiese Waarskuwing Van Die Heilige Gees
- 50 Shades of Grey ̶ Of 1 Kleur Van Waarheid: Gretha Wiid
- Christenskap In Die Werksplek
- Die Silwerkroon-toekenning 2015
- Fanie Van Der Merwe – ʼn Geloof Wat Skitter!
- God Se Tyd Is Altyd Volmaak
- Moenie Bloot Oorlééf nie, Leef!
- Die Saamgestelde Gesin
- ICS International Christian Schools
- Ja! Kleuter Bybelstories
- Neem Die Evangelie Na Die Mense
- Tieners. Wees Wakker. Hier kom #imagine
- Tygerberg 104FM ̶ Jeug
- Op Die Man Af ̶ Harte Gaan Verander
Maart 2015
JUIG! Maart 2015
JUIG! Maart 2015
In ons vrolike Maart-uitgawe is daar heelwat om jou siel mee te voed en te midde van al die slegte nuus en beurtkrag iets te lees wat jou sal bemoedig en versterk. Die artikel, ‘God is vir ons’, fokus op Romeine 8:31: “As God vir is ons, wie kan teen ons wees?” en herinner ons aan ʼn paar onveranderlike waarhede. Lees in ‘Seisoene van die lewe’ hoe om die beste te maak van elke lewensfase en die middeljare van ʼn ‘krisis’ na ʼn suksesverhaal te verander. Ons bied ook iets vir liggaamlike gesondheid met ons voorbladartikel en Johan Jacobs, van Go Natural, se nuwe reeks oor gesondheid. Ons bekyk die gevare van die ‘skynwêreld’ van sosiale media en rekenaarspeletjies en hoe om ons kinders te midde hiervan te lei en toe te rus om hierdie tegnologiese eeu te hanteer. Pastoor Jay Jay Eras van Shofar vertel van sy bekering van dwelms en die nagklublewe tot iemand wat Jesus hart en siel dien. Lees ook bemoedigende getuienisse van die werk wat Geopende Deure en FEBA verrig en laat Stephan Joubert se artikel, ‘As Jesus eerste is’ jou uitdaag. Ons verwelkom ook in hierdie uitgawe vir ds. Elza Meyer wat een van ons nuwe medewerkers vir die jaar is. Lees gerus haar artikel, ‘Twee strategieë vir lewe’, wat ons nooi om weer by die ‘Boom van die lewe’ uit te kom! JUIG! se Maart-uitgawe sal 16 Februarie op die rakke beskikbaar wees, maak seker jy kry joune!
- “Bran-vlokkies”
- Hulle Het Hom Misgekyk
- My Hartsbegeerte En Gebed Na God...
- Geopende Deure ̶ Hoe Om In Die Donker Te Dans
- Jesus Het Altyd Tyd Vir My ̶ FEBA
- God & Wetenskap
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Spreuke (deel 2)
- Die Keursnit: Daniel Kolenda
- Die Mynveld Van Materialisme
- Die Fontein Van Die Hart: Angus Buchan
- God Is Vir Ons
- Twee Strategieë Vir Lewe: Elza Meyer
- As Jesus Eerste Is, Kom Persoonlike Veiligheid Eerste: Stephan Joubert
- Vra Vir ʼn Handdoek Nie ʼn Titel Nie
- Jou Beste Lewe ̶ Gesond In Liggaam & Gees
- Go Natural
- Ons Kinders Se Skynwêreld
- Die Boodskap Van Die Bybel
- Jay Jay Eras Uit Duisternis Na Die Lig
- Seisoene Van Die Lewe ̶ Middeljare En Ander ‘Krisisse’
- Pastoor Fred Joseph
- Andries Enslin Nou Op Kruiskyk!
- Tygerberg 104FM ̶ Christen-Kalender 2015
- Op Die Man Af ̶ 104Concerts Christen-Musiek Uit Die Boonste Rakke
Januarie-Februarie 2015
JUIG! Januarie-Februarie 2015
JUIG! Januarie 2015
Ons skop die nuwe jaar af met ʼn JUIG!-uitgawe propvol artikels wat positief tot jou Geestelike lewe sal bydra. Vir diegene wat belangstel in politieke kwessies en heersende wêreldbeskouings is: ‘Hamas vs. Israel’, ‘In stryd met wêreld-idees’, en ‘Die mislukking van ateïsme in Rusland’ artikels wat nie misgeloop moet word nie. Daar is ʼn artikel met tien praktiese wenke vir kerke om besoekers tuis te laat voel en ons ondersoek ook moontlike redes waarom mense die kerk verlaat. Ons kuier saam met pastoor Gerald Ferreira en sy vrou, Liezl die leiers van Vriend van God AGS-kampusse in Goodwood en Vredekloof. Vind uit hoe die Here die koers van Gerald se lewe verander het en hoe hy sy roeping en ʼn passie vir evangelisasie ontvang het en uitleef. Om die vlam van evangelisasie verder in ons harte aan te wakker, verskaf Daniel Kolenda in sy artikel, ‘Kom Jesus binnekort terug?’ statistiek oor wêreldevangelisasie en hoeveel daar nog vermag moet word; Geopende Deure en FEBA hou ons op hoogte van sendingkwessies en die vervolgde kerk in Pakistan en Noordoos-Afrika. Moet ook nie die uitstekende rubrieke van ons gereelde medewerkers: Gretha Wiid, Stephan Joubert, Angus Buchan en Dirkie van der Spuy misloop nie. Die Januarie-uitgawe van JUIG! sal 5 Januarie op die rakke beskikbaar wees!
- ʼn Kersverhaal In Januarie: Stephan Joubert
- Kom Jesus Binnekort Terug?
- Hamas vs Israel
- Pakistan ̶ Geopende Deure
- Die Boodskap Wat Berge Versit ̶ FEBA
- In Stryd Met Wêreld-idees
- Die Mislukking Van Ateïsme En Die Triomf Van Geloof In Rusland
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Spreuke (deel 1)
- Waarom Verlaat Mense Die Kerk?
- Tien Maniere Om Besoekers Welkom Te Laat Voel
- Vriend Van God ̶ Pastoor Gerald Ferreira
- Alternatiewe Medisyne
- Leuens & Geheime Vernietig Huwelike: Gretha Wiid
- Filadelfia Rus Beraders Toe
- Waak Oor Jou Gedagtes: Dirkie Van Der Spuy
- Hulp Vir Die Verslaafde
- Bipolêre Depressie
- Geestelike Oorwinning
- Wanneer Leeg Nie ʼn Opsie Is Nie
- Moenie Die Klein Begin Onderskat Nie: Angus Buchan
- Tygerberg 104FM ̶ Michael W. Smith In 2015 In Suid-Afrika