JUIG! Desember 2016
In hierdie uitgawe is daar lekker artikels om te lees terwyl jy vakansie hou. Daar is Stephan Joubert se insiggewende artikel oor stereotipering en hoe om dit as Christen te vermy en te hanteer; Corné Krige moedig ons aan tyd saam met die Heilige Gees en in die Woord te bestee; en Arno van Niekerk spoor ons aan om instrumente van genesing te word.
Daar is ook kort inspirerende woorde te vind in ‘Woorde van wysheid’ en ‘Vroue van geloof’. En op ʼn ligter trant is daar ʼn artikel oor Afrikaanse sporthelde van die verlede. Vir pa’s en ma’s wat hande in die hare sit met verveelde kinders tuis het ons het ook ʼn artikel ingesluit met prettige, bekostigbare gesinsaktiwiteite vir die vakansie.
Lees hierdie artikels en nog vele meer in ons Desember-uitgawe wat jou sal bemoedig, inlig en inspireer. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kerstyd Is Gesinstyd: Elza Meyer
- Hoop In Jesus Op Die Frontlinie Van Vervolging ̶ Geopende Deure
- Ama En Die Verhaal Van Die Groot Boot: TWR
- So Systap Jy Stereotipes: Stephan Joubert
- ʼn Christus Gesentreerde Lewe
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Sagaria
- Wyse Manne Wil Hom Steeds Vind
- Die Kersfees-Wipplank
- Waarom Gedagtes Op Skrif?
- Woorde Van Wysheid
- Die Geheime Sleutel: Arno Van Niekerk
- Christenskap In die Werkplek
- Verkondig Jesus Aan Die Gebrokenes
- Afrikaanse Sport
- Gees Of Vlees: Corné Krige
- Hoe Om Jou Denke Te Vernuwe
- Vroue Van Geloof
- Inenting ̶ Maak ʼn Ingeligte Keuse
- Gesinsaktiwiteite Vir Die Vakansie
- Gospel Skouspel ̶ 10de Vertoning Verras
Category: 2016
November 2016
JUIG! November 2016
JUIG! November 2016
In hierdie uitgawe stel ons een van die volgende geslag se leiers aan ons lesers bekend. Teodor van der Spuy is die seun van ds. Dirkie van der Spuy en is van die begin van die jaar by Kerksondermure se jeug en jongmense betrokke as ʼn gemeenteleier. In die onderhoud praat hy oor die Kerk se grootste uitdaging ten opsigte van die jeug, en oor sy passie vir kleinsakeontwikkeling en armoedeverligting. Hy is voorwaar ʼn leier met ʼn positiewe uitkyk vir ons land.
Henry Jackson bespreek die talle teksverse wat na die ‘hart’ van die mens verwys en hoe dit op ons van toepassing is. Die hart is soos ’n skatkis. Dit wat jy daarbinne bêre, is wie jy word. As jy ernstig is oor jou geestelike lewe, is hierdie ʼn artikel wat jy nie moet misloop nie.
Lees hierdie artikels en nog vele meer in ons Desember-uitgawe wat jou sal bemoedig, inlig en inspireer.Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Die Bedreiging Van Seksuele Regte: Errol Naidoo
- God Se Geregtigheid
- Rusland: FEBA Se Werk Skielik Moeiliker!
- Staan Sterk Te Midde Van Die Storm - Geopende Deure
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Haggai
- Aan Tafel Saam Met Die Meester: Gerald Ferreira
- Die Toestand Van Jou Hart
- Teodor Van Der Spuy - Inspireer Ons Jeug
- Woorde Van Wysheid
- Dit Is Altyd Te Gou Om Tou Op Te Gooi
- Christenskap In die Werkplek
- Die Goeie Nuus Kersboomprojek
- Oorkom Hoë Bloeddruk
- Kankervry!
Oktober 2016
JUIG! Oktober 2016
JUIG! Oktober 2016
Laat hierdie uitgawe jou inspireer vir die lente. Maak seker dat jy die artikel, 5 Verrassende geestelike voordele van minder besittings, lees. Dit sal jou aanspoor om jou lewe en huis hierdie lente te ontrommel. Ter voorbereiding van matrieks wat moet besluit wat hulle volgende jaar gaan doen, bied ons vier uitstekende opsies vir jou kind se oorbruggingsjaar in ons ‘gap year’-afdeling.
Kry waardevolle gesondheidsraad in die artikel, Bemagtig jou immuunstelsel, en, Geestelike oorsaak van hoë bloeddruk.
Lees ook gerus die onderhoud met Julita Kok en put inspirasie uit haar getuienis, asook uit Lee Grady se getuienis in, God Is Ook In Elke Klein Wonderwerk. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Afrikaanse Literatuur
- Die Krag Van Een
- Van Trane Na Blydskap ̶ TWR
- Die Transformerende Krag Van Gebed ̶ Geopende Deure
- Reis Saam Met Geopende Deure
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Sefanja
- “Volg My!”
- Liberale Denke ̶ Waar Staan Ons? (Deel 1): Arno van Niekerk
- Die Kerk Durf Die Geheim Van Die Linksgesindes Nie Ignoreer Nie
- Die Eenvoud En Krag Van Die Evangelie: Elza Meyer
- Julita Kok ̶ ʼn Nuwe Lig ʼn Nuwe Lewe
- 5 Verrassende Geestelike Voordele Van Minder Besittings
- Christenskap In die Werkplek
- Hoe Lyk ʼn Ware Leier: Corné Krige
- Geestelike Oorsaak Van Hoë Bloeddruk
September 2016
JUIG! September 2016
JUIG! September 2016
In hierdie uitgawe kyk ons saam met Radiokansel terug oor 35 jaar van bediening. Lees ook Gustav Petersen, die seun van die besturende direkteur van Kansel Media Groep, dr. Roelf Petersen, se getuienis oor sy nieroorplanting. Daar is ook ʼn wonderlike getuienis van pastoor Dee Harris wat haar stembande weens kanker verloor het, maar steeds oor God se goedheid praat. Myan Subrayan gee goeie raad oor die uitdagings van emigrasie.
Laat dr. Bennie Mostert se artikel oor volhardende gebed wat tot die val van die Berlynse muur gelei het, jou inspireer om aan te hou bid vir ons land!
Lees hierdie artikels en nog vele meer in ons September-uitgawe wat jou sal bemoedig, inlig en inspireer. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Vir Verandering Voeg Sout By: Errol Naidoo
- Afrikaanse Musiek
- Radiokansel Vier 35 Jaar!
- Vergifnis ̶ Geopende Deure
- Hoekom Radio ̶ FEBA
- Hoe Om Te Reageer Wanneer Jou Geloof Bespot Word
- Geestelike Straatvegters: Stephan Joubert
- Geloof Sonder Werke Is Dood
- Die Gras Is Nie Altyd So Groen Nie
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Habakuk
- Lojaliteit Teenoor God: Gerald Ferreira
- Gebed En Die Val Van Die Berlynse Muur
- Bethel ̶ Gewild. Omstrede. Invloedryk
- Hoekom Genees God Soms Nie?
- ʼn Nier Vir My Broer
- Christen In die Werkplek
- Leana Platt ̶ Gryp Die Nuwe Lewe Aan
- Dee Harris ̶ Jy Sal Nie Stilgemaak Word Nie
- Ons Kinders Verdrink In ʼn See Van Seks: Gretha Wiid
- Uitvlucht
- Op Die Man Af! Hoe Tree ʼn “Regte Man” Op Teenoor Sy Vrou
- Terugblik Op Tygerberg 104FM Se Jaar
- Gospel Skouspel Vier Sy Tiende Jaar
- 4de Rut Vroue Konferensie
Augustus 2016
JUIG! Augustus 2016
JUIG! Augustus 2016
In hierdie uitgawe is daar artikels propvol inligting oor groenenergie, lees gerus: ‘Hernubare Energie, Pronkstuk Van Die Groen Rewolusie’; ‘Energie: Alternatiewe is haalbaar’; en ‘Neem Beheer van energieverbruik!’ Dr. Michelle Strydom verduidelik waarom perfeksionisme tot siektes soos diabetes en Alzheimer se siekte kan lei en Johan Jacobs van Go Natural bespreek die belang daarvan om by die grondoorsaak van siektetoestande uit te kom.
Voed jou gees met ons gereelde medewerkers se uitstekende bydraes en neem gerus kennis van Hallelujah Namibia en Gospel Skouspel 2016 – twee gospel- en aanbiddingsgeleenthede wat jy nie moet misloop nie.
Laat die positiewe artikels in hierdie uitgawe jou inspireer vir die maand wat voorlê. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Hallelujah ̶ ʼn Nasie Bring Lof
- Wen Verlore Veld Terug: Corné Krige
- Die Kerk, ʼn Pilaar Vir Die Wêreld: Errol Naidoo
- Quo Vadis ̶ Waarheen Gaan Suid-Afrika: Elza Meyer
- Tunisië ̶ Geopende Deure
- ʼn Sterker Stem Vir Jesus ̶ TWR
- Susan Lombaard, Onbeskaamd Afrikaans
- Kaaps-Hollandse Argitektuur
- Christenskap In Die Werkplek
- Hernubare Energie, Pronkstuk Van Die Groen Rewolusie
- Energie: Alternatiewe Is Haalbaar
- Neem Beheer Van Energieverbruik!
- Vertrou Op God
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Nahum
- Nie My Wil Nie
Junie/Julie 2016
JUIG! Junie/Julie 2016
Hierdie uitgawe van JUIG! is propvol positiewe artikels wat jou sal bemoedig met talle van hulle wat jou van praktiese maniere sal vertel waarop mense hulle geloof uitleef en ʼn verskil in ons land help bewerk.
Lees gerus ons voorbladartikel oor Joe Niemand en sy nuwe CD, Vryheid, wat oor die identiteit van die Afrikaner gaan met die Here wat soos ʼn goue draad deur ons geskiedenis gevolg kan word.
Ons medewerkers Corné Krige, Arno van Niekerk en Stephan Joubert se artikels moedig ons aan om te woeker met ons talente, om ons lewe op die fondasie van Christus en niks anders te bou nie en dat Jesus genoeg is vir alles wat ons in die gesig moet staar. Greta Wiid moedig ons aan om ons kinders ‘God-gereed’ te maak en David Malherbe brei in sy artikel verder uit hoe om op praktiese wyse grense te stel in ʼn oorvol lewe.
Lees ook oor Solidariteit en hoe hulle verskillende afdelings, kanale vir ons bied om ʼn positiewe bydrae en verandering in ons land teweeg te bring. Geniet hierdie positiewe en bemoedigende uitgawe en laat dit jou inspireer en toerus vir die maand wat voorlê. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Ek Het Geleer...
- Kerke Beplan Groot Veldtog Vir Versoening
- KMMC 2016 ̶ Duisende Bid Vir Herstel
- Suster Liu Se Lewe Verander Deur “Draagbare Sendeling" ̶ FEBA
- Sirië: Burgeroorloog Van Vyf Jaar ̶ Geopende Deure
- #SAMustRise Vrede En Hoop: Errol Naidoo
- Klein Begin – Groot Nalatenskap
- Waarom Sou God Hom Ophou Met ʼn Klein Planeetjie?
- Jesus Is Genoeg, Regtig: Stephan Joubert
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Miga
- God Rig ʼn Bevryder Op: Gerald Ferreira
- Christenskap, ʼn Geloof Wat Ons Anker
- ʼn Samelewing Wat Op Sand Bou: Arno Van Niekerk
- Joe Niemand
- Woeker Wys Met Jou Talente: Corné Krige
- Solidariteit: Na 114 Jaar Sterker As Ooit!
- Dorsles Vir ʼn Volhoubare Toekoms
- Deur Te Doen, Blom Die Boom
- Tuisonderrig: ʼn Geloofwaardige Alternatief Tot Formele Onderwys
- Christenskap In Die Werksplek
- Maak Jou Kind God-Gereed: Gretha Wiid
- Die Geheim Agter Allergieë
- ʼn Gesonde Leefstyl Is Nie Duur Nie
- Vroue Van Die Bybel
- NueLight ̶ ʼn Nuwe Klank
- Tieners En Leiers: Christen-Avontuurkampe
- #GROOTindieklein ̶ Tygerberg 104FM
- Op Die Man Af! Daar Is Hoop Selfs Na Die Dood
Mei 2016
JUIG! Mei 2016
JUIG! Mei 2016
Vir diegene wat vuisvoos voel ná al die geweld op kampusse, die teleurstellende politieke verwikkelinge in die land, en ʼn onsekere ekonomiese klimaat in die land bied ons artikels met insiggewende Bybelse perspektief wat jou sal bemoedig en met hoop sal vul. Lees gerus Corné Krige se eerste bydrae tot JUIG!; Arno Van Niekerk se artikel oor ons verantwoordelikheid om Suid-Afrika ʼn ommekeer te laat maak, Dawie Spies se artikel oor negatiewe gedagtes en sy hoop vir ons land, en Stephan Joubert wat ons aanmoedig om die pad oor te steek en want ons het nie luukse om alles meer vanuit ’n “veilige afstand” te beskou nie. Ons is geroep om padoorstekers en verskilmakers te wees!
Lees ook gerus ons voorbladartikel wat ʼn onderhoud met die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel. Ek nooi jou uit om saam met ons ondersoek in te stel en te kyk of aansprake wat oor hulle gemaak word, geregverdig is. Dalk kom jy ook tot die gevolgtrekking dat Kallie ʼn man vir die oomblik is – vol hoop en een wat God eerbiedig.
Laat die positiewe en bemoedigende artikels in hierdie uitgawe jou inspireer en toerus vir die maand wat voorlê. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Suid-Afrika Wat Sal Dit Verg Om Weer Op Te Staan: Arno Van Niekerk
- Dekriminalisering Van Sekswerk Lei Tot Misbruik Van Vroue: Errol Naidoo
- Wêreldwaarnemingslys 2016 ̶ Geopende Deure
- TWR Nuus ̶ Knielend En Gebroke Voor Die Here
- Rêrig?!! Intellektueles ‘herbedink’ Die Afrikaner-identiteit
- Kallie Kriel
- Hou Ons Meisies In Die Skool
- Die Afrikaner Se Godsdienstige Ervaring
- Laat Jy Toe Dat Vrees Nesmaak: Dawie Spies
- Die Bybel In ʼn Neutedop
April 2016
JUIG! April 2016
Te midde van al die betogings en politieke verwikkelinge in die land, het ons ʼn paar artikels wat jou insig sal gee, in hoe om voorbidding te doen vir ons land. Lees Peter Hammond se artikels, ‘Kommunistiese chaos op kampus’ en ‘ Rassisme – Die hart en siel van Karl Marx’. Errol Naidoo bemoedig ons met sy artikel, ‘Vrede te midde van die chaos’, en Gretha Wiid spoor ons aan om deel te wees van ʼn rein Bruid wat haarself voorberei vir die koms van die Bruidegom.
Daar is twee uitstekende artikels oor landbou en die bydrae wat dit lewer tot ons land en deel is van God se plan om genesing te bring in ons land en Afrika, sien: ‘Jannie De Villiers – landbousektor kan genesing vir ons land bring’ en ‘Agri all Africa – ván Afrika vír Afrika’.
Laat die positiewe en bemoedigende artikels in hierdie uitgawe jou inspireer en toerus vir die maand wat voorlê. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Van Europeër Tot Afrikaner
- Vrede Te Midde Van Die Chaos: Errol Naidoo
- Kommunistiese Chaos Op Kampus
- Rassisme ̶ Die Hart En Siel Van Karl Marx
- Eritrea ̶ Geopende Deure
- FEBA Bereik Die Minderheid Van Malawi
- Die Leë Graf
- Die Oorwinning – Sy Offer Op ʼn Skilderdoek
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Obadja
- Christenskap In Die Werkplek
- Jannie De Villiers – Landbousektor Kan Genesing Vir Ons Land Bring
- Agri all Africa – Ván Afrika Vír Afrika
- Verskietende Ster
- Ouers Wat Mishandel ̶ Hoe Moet Ons Hulle Eer?
Feb-Mrt 2016
JUIG! Feb-Mrt 2016
JUIG! Februarie/Maart 2016
Is jy vertroud met die term ‘transhumanisme’? In hierdie uitgawe doen ons verslag oor 'n paar onderwerpe waarvan Christene moet kennis neem. Transhumanisme is ʼn gevaarlike praktyk, maar is egter niks nuuts nie. Hitler het met hierdie einste kwessies geëksperimenteer, maar vandag se wetenskaplikes voer dit uit onder die dekmantel van “navorsing” en ontvang volle befondsing van sekulêre regerings en universiteite af.
Dan het ons nog 'n interessante artikel oor die ‘Die ontluikende kontantlose samelewing’. Wat eens so ver en vergesog gelyk het, staan nou voor ons deur.
In die lig van die voordurende gewelddadige betogings en algemene negatiewe ingesteldheid in die land is Errol Naidoo se artikel, ‘Spreek lewe uit oor Suid-Afrika’, ʼn moet lees. Laat Arno van Niekerk se artikel, ‘Het God ʼn plan met Suid-Afrika?’ jou ook bemoedig.
Laat die positiewe en bemoedigende artikels in hierdie uitgawe jou inspireer en toerus vir die maand wat voorlê. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Spreek Lewe Uit Oor Suid-Afrika: Errol Naidoo
- ACDP-kommentaar
- Het God ʼn Plan Met Suid-Afrika: Arno Van Niekerk
- Afrika Vir Israel
- TWR Nuus
- Bemagtiging Van Vervolgde Vroue ̶ Geopende Deure
- Transhumanisme
- Bye Se Navigasie
- Die Ontluikende Kontantlose Samelewing
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Amos
- Noodsaaklike Boustene Van ʼn Stewige Fondasie
- ʼn Slavin Se Getuienis: Gerald Ferreira
- Van Uitbranding Tot Vernuwing
- Camp David ̶ Roep Julle Dapper Manne Op!
- Marilize De Clercq ̶ Skoonheid Wat Van Binne Kom
- Wat Sê Die Bybel Oor Narcisme?
- Waagmoedige Navolger Van Jesus: Stephan Joubert
- My Reis Na Genesing Saam Met Go Natural
- Christenskap In Die Werkplek
- Regardt Van Den Bergh: “Dis Nie Luck Nie ̶ Net Genade”
- NueLight ̶ ʼn Nuwe Klank
- Die #imagine-beweging
- Tygerberg 104FM ̶ Kalender 2016
- Op Die Man Af! ̶ Is Daar Hoop Vir 2016?
Januarie 2016
JUIG! Januarie 2016
Laat hierdie uitgawe jou inspireer vir die nuwe jaar wat voorlê. Elza Meyer en Stephan Joubert moedig jou aan om jou visie en Sy plan vir jou lewe van die Vader te ontvang voordat jy hierdie jaar verder aanpak. ‘Agenda’ is ʼn moet-lees-artikel wat jou as Christen sal inlig en toerus om die sosialistiese agenda, wat stadig maar seker posvat in die samelewing, te erken en te kan teenstaan. Wat sê die Bybel oor selfverdediging en bewapening? Kan 'n Christen 'n wapen aanhou? Vind meer uit hieroor in 'Geloof en Vuurwapens'.
Lees ook gerus die onderhoud met Arno van Niekerk en staan saam met hom vir God se plan vir ons nasie. Glimlag saam met ons oor kleingoed se snaakse sêgoed in, 'Uit die mond van die suigeling'. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Gees-geïnspireerde Visie Vir 2016: Elza Meyer
- Afrikaans Wen Die Geveg! (Voorlopig...)
- Ons Het Alles Om Na Uit Te Sien ̶ In Hom: Errol Naidoo
- Vyf Keerpunte: Ons Kyk Terug Op 2015 ̶ InContext
- Noord-Korea ̶ Geopende Deure
- Kirgistan ̶ FEBA
- Agenda
- Geloof & Vuurwapens
- Arno Van Niekerk ̶ Opstaan en Saamstaan
- Barbara-Marié Immelman
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Joël
- ʼn Oomblik Van Dapperheid Vir ʼn Leeftyd Se Vryheid: Gerald Ferreira
- God Beweeg Mense: Stephan Joubert
- Laat Die Lig Deur
- Generaal James Barry Hertzog, Held Van Die Anglo-Boereoorlog
- Gluten ̶ Is Dit Die Vyand?
- Die Gevolge Van Emosionele Mishandeling
- Oorwinning Oor Die Duisternis
- Die Geldigheid Van Die Bybel In Psigoterapie
- Geloofsopvoeding Vir Jou Kind
- Uit Die Mond Van Die Suigeling...
- NueLight ̶ ʼn Nuwe Klank
- Tygerberg 104FM ̶ Gebed En Aksie Gaan Hand Aan Hand
- Op Die Man Af! ̶ D.O.E.N.