JUIG! Desember 2017
JUIG! Desember 2017
Hierdie heerlike Kersuitgawe is ’n allegaartjie met iets vir elkeen. Gedurende hierdie seisoen is daar talle vrae oor Kersfees, Hanukka, die ontstaan van die Kerstradisies en of jy jou kinders oor Kersvader moet vertel, lees gerus ons artikels oor hierdie onderwerpe. Errol Naidoo bekyk die aanslag op Kersfees in die samelewing en dr. Elza Meyer roer die omstredenheid van Kersfees aan.
Lees gerus ook ons afdeling oor sending met Geopende Deure, FEBA, Die Sending aan die Melaatse en Harvesters Ministries en oorweeg dit om hulle ook met ’n skenking te seën vir Kersfees. Laat ons artikel oor fotografie jou help om julle vakansieherinneringe met goeie foto’s vas te vang en vir diegene met kinders – lees gerus die artikel oor kamp met kinders, dit sal jou toerus met goeie idees vir julle volgende kampvakansie.
Jy sal sommer ook baie idees kry vir goeie Kersgeskenke in hierdie uitgawe met baie van ons adverteerders wat hulle puik produkte bekendstel. Lekker lees en lekker rus!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid
- Stof Tot Nadenke
- Die Ware Betekenis Van Kersfees Is Liefde
- Kim Clement Se Profesie Oor Donald Trump
- Waarna Laat Jy Jou Kinders Toe Om Te Kyk?
- Herlewing Begin By Hoe Jy Brandstof Ingooi: Stephan Joubert
- Hy Bring My By Waters Waar Vrede Is: Corné Krige
- Die Aanslag Op Kersfees: Errol Naidoo
- Die Omstredenheid Van Kersfees: Elza Meyer
- Waarom Vier Ons Kersfees?
- Kerstradisies – Lê Die Oorsprong In Heidense Gebruike?
- Sinterklaas – Wat Moet Jy Jou Kinders Vertel?
- ’n Troeteldier As Kersgeskenk
- Al Wat Ek Vir Kersfees Wil Hê ...
- Hanukka – Moet ʼn Christen Dit Vier?
- Die Bybel In ʼn Neutedop – Romeine (Deel 2)
- Pakistani Deel Evangelie In Moskee – FEBA
- Die Sending Aan Die Melaatse
- Die Oes Is Groot – Harvesters Ministries
- Boer Volgens God Se Beginsels En Verander Gemeenskappe – Geopende Deure
- Woorde Van Wysheid
- Wat Leer Die Woord Van Abba Vader Ons Oor Tydsbestuur? (Deel 2)
- Christenskap In Die Werkplek
- Evolusie: Wetenskap Of Geloof?
- Foto’s Wat Van Die Skepper Getuig – Joggie Van Staden
- Wenke Vir Kamp Met Kinders
- Maak Jou Kind van Kleins Af Reg Groot
- Die Skattejagbybel
- Ons Blydskap Moet Volkome Wees
- Vroue Van Geloof
- Wanneer Jou Man Ver Gaan Werk ...
- 5 Noodsaaklike Kommunikasievlakke Vir Jou Huwelik
- #VREESLOOS – Wie’s Bang?
Category: 2017
November 2017
JUIG! November 2017
JUIG! November 2017
In hierdie uitgawe stel ons Freedom of Religion SA (FOR SA) se advokaat Nadene Badenhorst aan ons lesers bekend en gesels met haar oor kwessies waarvan Christene moet kennis neem.
Ná die verwoestende brande in Knysna en die natuurrampe wat die wêreld teister, takel ons die vraag: Hoekom laat God rampe toe? Ons bespreek ook depressie in mans en die Filadelfia-artikel beklemtoon die noodsaaklikheid van Manne in die beradingsbediening.
Hierdie uitgawe lê beslis klem op die gesin met die artikels: ‘Veg Vir Jou Gesin’, Die Invloed Van Godvresende Ouers’, Dare2share’ en ‘Die Skattejagbybel – Leer Jou Kind Om Jesus Dieper Lief te hê’.
As jy belangstel in die skepping, sal die artikel “Die Ouderdom Van Die Aarde En Waarom Dit Belangrik Is’ vir jou baie interessant wees.
Lees gerus ons Christen-nuus voor in die artikel en hou jouself op hoogte van Christelike sake sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid
- Stof Tot Nadenke
- Christenskap In Die Werkplek
- Tydsbestuur: Wat Leer Abba Vader Se Woord Ons?
- Hoop In Jesus
- ʼn Ongelooflike Oes
- Een Miljoen Stemme Van Hoop – Geopende Deure
- Hoekom Laat God Rampe Toe?
- Die Ouderdom Van Die Aarde En Waarom Dit Belangrik Is
- Dooie Vormgodsdiens Vs. Lewe In Christus
- Die Behoefte Aan Hernude Hervorming
- Die Bybel In ʼn Neutedop – Romeine (Deel 1)
- Nadene Badenhorst – Voorstander Van Godsdiensvryheid
Oktober 2017
JUIG! Oktober 2017
JUIG! Oktober 2017
Ons Oktober-uitgawe is soos gewoonlik propvol idees vir skoolverlaters wat inligting soek oor moontlikhede vir ʼn brugjaar. In hierdie uitgawe stel ons ook ʼn nuwe jong gospeltalent, Johan Brits bekend.
Lees gerus ook ons getuienisartikels: ‘Trauma met ʼn kettingsaag’ en ‘Strome van lewende water uit die Kalahari’. Ons het ook sterk getuienisse van die sendingorganisasies, FEBA en Geopende Deure wat jou sal begeester.
Vind gerus uit hoe jou kerk by ʼn veldtog kan aansluit wat poog om die land dorp vir dorp, stad vir stad te evangeliseer deur Bennie Mostert se artikel te lees. Laat pastoor Nevile Norden se artikel oor geloofsvlakke jou inspireer en jou geloof versterk.
Die artikel oor die fopnuusepidemie, ‘Die waarheid het gesneuwel’, is een wat jy nie moet misloop nie. Stuur dit sommer aan almal wat fopnuus goedsmoeds na jou aanstuur en nie onbewus is van die nuwe neiging om vals nuus doelbewus te versprei.
Lees hierdie artikels en nog vele meer in ons Oktober-uitgawe wat jou sal bemoedig, inlig en inspireer. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid
- Stof Tot Nadenke
- Die Rol Van JUIG! Tydskrif In Suid-Afrika
- Vreugde Is Ook Vir Ons Bedoel: Stephan Joubert
- Harvesters Ministries
- Cai Se Getuienis ̶ FEBA
- “Ek Het God Uiteindelik Gevind” ̶ Geopende Deure
- Die Gesin, Die Fokus Van Maatskaplike Ontwikkelingsbeleid: Errol Naidoo
- Die Waarheid Het Gesneuwel
- Goliat Moet Val
- Evangeliseer Die Land: Bennie Mostert
- Bybel In ʼn Neutedop: Handelinge (Deel 2)
- Dawid Se Aanbidding
- Baie Naby Aan God: Elza Meyer
- Oop Deure ̶ Die Deurgang Na Geestelike Seisoene
- Geloofsvlakke
- Woorde Van Wysheid
- Gerrie Bester ̶ My Verantwoordelikheid As Werknemer
- Is Jy ʼn Sprinkaan Of ʼn Reus?
- Trauma Met ʼn Kettingsaag
- Strome Van Lewende Water Uit Die Kalahari
- Johan Brits ̶ Aanbidding Met Visie, Passie, En Inspirasie
- Brugjaar 2018
- Waar Die Kerk Fouteer Met Enkellopendes En Die Huwelik
- Vroue Van Geloof
- O Ja! Mans Kan Ook Kos Voorberei
- TBN-Televisiegids
- Die Voete100-Projek ̶ Samaritan’s Feet
September 2017
JUIG! September 2017
JUIG! September 2017
In hierdie uitgawe kyk ons na die hof se beslissing oor Christenskap in openbare skole en hoe dit op Christene van toepassing is; dr. Victor Kuligin bespreek die gevare om God se skeppingsorde te verwerp in sy artikel, ‘Minagting van God’, en in sy artikel moedig dr. Arno Van Niekerk ons aan om onderskeiding aan die dag te lê te midde van die aanslag op godsdiensvryheid, ons jeug en Christelike waardes. Lees asseblief hierdie artikels om jouself in te lig sodat jy betekenisvolle gesprekke met ongelowiges kan voer en met insig kan bid.
Dan het ons twee interessante getuienisartikels: lees in ‘Getuienis van genesing en gebed’, hoe die Here ʼn seuntjie se gekraakte been wonderbaarlik genees. Lees ook Diederick Reid se getuienis oor sy reis na herstel van veelvuldige sklerose.
Ons hoofartikel handel oor een van die geliefde geestelike vaders van Suid-Afrika, pastoor Nevil Norden. Vind gerus meer uit oor sy interessante verlede en laat sy artikel oor geloof, ‘Geloof verdryf twyfel’, jou ook sommer inspireer.
Hou jouself op hoogte van Christelike sake en laat ons artikels jou inspireer, bemoedig en inlig. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid
- Stof Tot Nadenke
- Waarop Bou Jy Jou Identiteit: Corné Krige
- Van Toeka Tot Toep
- Harvesters Ministries
- Vervolging Neem Toe In Indië ̶ Geopende Deure
- God Se ‘Groenlig’ ̶ TWR
- Onderskeiding & Verwagting Oor Suid-Afrika: Arno Van Niekerk
- Beslissing Oor Christenskap In Openbare Skole
- Minagting Van God
- Christenskap In Die Werkplek
- Gerrie Bester
- Pastoor Nevil Norden ̶ ʼn Geloof Wat God Behaag
- Geloof Verdryf Twyfel
- Bemeester Die Vaardigheid Van Volharding
- Bybel In ʼn Neutedop: Handelinge (Deel 1)
- Woorde Van Wysheid
- Ja, Jy Kan Herstel Van Multipele Sklerose
- Getuienis Van Genesing En Gebed
- Jou Hoopvolle Toekoms!
- Ambassadeurs Vir Christus In Die Gramadoelas
- Aggressie In Die Huwelik: Gretha Wiid
- Vroue Van Geloof
- Idees Om Jou Kinders buite Te Kry
- My Filadelfia-Voorreg ̶ ʼn Reis Tot Roeping
- TBN-Televisiegids
- GROOTfm 90.5 Vermaak Wat ʼn Verskil Maak
Augustus 2017
JUIG! Augustus 2017
In hierdie uitgawe ondersoek ons ʼn paar moeilike onderwerpe in die artikels: ‘Aardverwarming – Die waarheid of ʼn leuen?’; ‘Is daar iets soos ʼn sielsgenoot?’; ‘ Is dit moontlik om met die verkeerde lewensmaat te trou?’ en ‘Mag Christene na sekulêre musiek luister?’
Laat Angelique du Toit se getuienis jou bemoedig en inspireer wanneer sy deel hoe sy haar moeilike kinderjare oorkom het en oor haar pad van vergifnis en genesing. Pastoor Rob Lucas deel ook sy getuienis en praat oor bevryding en om God se stem te hoor. Lees gerus Stephan Joubert se bemoedigende artikel en lees natuurlik ook ons gereeld Bybel in ʼn neutedop waar die boek Johannes behandel word.
Lees ook in hierdie uitgawe van wonderlike toere na Israel; FEBA en Geopende Deure se insiggewende artikels oor sending en die vervolgde Kerk; en kry wenke hoe om ʼn kampvuur in te span om Christelike lewenslesse op ʼn prettige manier aan jou jeuggroep of kinders oor te dra.
Hou jouself op hoogte van Christelike sake en wees ingelig sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid
- Stof Tot Nadenke
- Wees Versigtig Wie Jy Naboots
- Verdraagsaamheid: Die Nommer Een Sonde Wat Deur Die Nasie Trek
- Onoorwonne In Christus ̶ Geopende Deure
- Van Tragedie Tot Triomf! ̶ FEBA
- Aardverwarming ̶ Is Dit Bybels?
- Die Bevolkingsontploffing & Aardverwarming ̶ Waarheid Of ʼn Leuen: Errol Naidoo
- Bybel In ʼn Neutedop: Johannes
- Jesus Die Beloner
- Gebed Ontsluit Die Hemel En Laat Die Bose Sidder: Elza Meyer
- Ek kan Dit Nie Verklaar Nie: Bennie Mostert
- Angelique Du Toit
- Vroue Van Geloof
- Die Perfekte Jy
- Plak ʼn Slag Dié Plakker Op Mense, Want Die Here Doen Dit: Stephan Joubert
- Is Daar Iets Soos ʼn Sielsgenoot?
- Woorde Van Wysheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Gerrie Bester
- 4 Kampvuurlesse ̶ Span Die Bekoring Van ʼn Kampvuur In
- ʼn Lig In Dubai
- Rob Lucas ̶ “Julle Is Tot Vryheid Geroep”
- CLF & Bernina RSA
- TBN-Televisiegids
- Mag Christene Na Sekulêre Musiek Luister?
- ʼn Nuwe Gospel Skouspel-Talent ̶ Johan Brits
Julie 2017
JUIG! Julie 2017
JUIG! Julie 2017
In hierdie uitgawe doen ons verslag oor 'n paar onderwerpe waarvan Christene moet kennis neem. Ons kyk na gebeure soos Fees-Must-Fall-veldtogte, anti-Zuma-optogte en die Coligny-betogings, wat oor die afgelope paar jaar en maande in Suid-Afrika plaasgevind het as tekens dat Suid-Afrika se ‘Arabiese Lente’ dalk op hande mag wees. Lees ‘Rewolusie: Is Suid-Afrika volgende?’ om die antwoord op hierdie vraag te ontvang. Lees gerus ook ‘Die Darwin-effek ̶ die bloedbevlekte nalatenskap van ewolusie’, in aansluiting hierby.
Die artikel oor kinders en pornografie, ‘My 7-Jarige Seuntjie Het Pornografie Op Sy IPad Gesien’ is ʼn moet-lees-artikel vir elke ouer en lees ook sommer hoe jy jou kind kan help om groepsdruk te oorkom.
Lees ook in hierdie uitgawe oor Hettie Brittz se deelname aan die Freedom Climb-veldtog en die lesse wat God haar hierdeur geleer het. Sy praat ook oor verskillende ouerskapstyle en haar en Louis se hoop vir individue en gesinne. Hou jouself op hoogte van Christelike sake en wees ingelig sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid
- Stof Tot Nadenke
- Hoe Verwerk ʼn Mens Teleurstelling: Corné Krige
- Rewolusie: Is Suid-Afrika Volgende?
- Van Vlam Tot Veldbrand: Arno van Niekerk
- Getraumatiseerde Jong Slagoffers Vind Toevlug In God ̶ Geopende Deure
- ‘Let My People Think!’ Met Dr. Ravi Zacharias ̶ TWR
- Die Darwin-effek ̶ Die Bloedbevlekte Nalatenskap Van Ewolusie
- Die Gevolge Van Darwinisme: Errol Naidoo
- Bybel In ʼn Neutedop: Lukas Deel 2
- Hoe Sou Dinge Anders Kon Wees: Gerald Ferreira
- Woorde Van Wysheid
- Gerrie Bester
- Christenskap In Die Werkplek
- Hettie Brittz ̶ God Se Hoop Vir Elke Individu En Gesin
- Jy Is Sonder Gelyke
- God Gee Vir Almal Nog ʼn Kans
- Bevoegde, Verantwoordelike Bybelse Berading
- My 7-Jarige Seuntjie Het Pornografie Op Sy IPad Gesien
- Hoe Jou Kinders Groepsdruk Kan Oorkom
- Die Krag Van Liefde Wat Siektes Genees
- Orale Patalogie
- Vroue Van Geloof
- Wat Sê Die Bybel Oor Vakansie En Rus?
- As Ek Moeg Word Vir Die Lewe In Die Stad
- Gasvryheid ̶ Herwinning Van Die Christelike Kultuur
- TBN-Televisiegids
- Suid-Afrika By ʼn KRUISpad ̶ Tygerberg 104FM
- Gospel Skouspel Gered Danksy Borgskap!
Junie 2017
JUIG! Junie 2017
JUIG! Junie 2017
In hierdie Vadersdaguitgawe fokus ons uiteraard op die rol van vaders in twee artikels: ‘Christen-Vaders’ en ‘Die Beduidende Rol Van ʼn Vader’.
Dit is ook ʼn unieke uitgawe wat die historiese It’s Time-geleentheid gedenk met ʼn 12-bladsy-artikel!Lees gerus die insiggewende artikels oor Vals nuus en die wettiging van dagga. Bennie Mostert se artikel moedig ʼn mens aan vol vuur en durf standpunt in te neem vir wat reg is en vir die Evangelie.
Lees ook in hierdie uitgawe Annatjie Krige se getuienis oor die krag van woorde en hoe sy depressie met behulp van die Skrif oorwin het.
Hou jouself op hoogte van aktuele sake en wees ingelig sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid
- Stof Tot Nadenke
- Die Gevare Van Vals Nuus
- Geloofwaardige Nuus Vs. Vals Nuus
- Jesus Sal Vir Ewig Regeer: Errol Naidoo
- Kim Se Verhaal Is Nou Ook Ons Verhaal ̶ FEBA
- Alles Op Die Spel Om Geheime Gelowiges Te Versterk ̶ Geopende Deure
- ʼn Christelike Reaksie Op Die Wettiging Van Dagga
- It’s Time-Gedenkartikel
- Die Beduidende Rol Van ʼn Vader
- Christen-Vaders
- 10 Maniere Om Jou Kinders Te Leer Om Jou Te Respekteer
- Bybel In ʼn Neutedop: Lukas Deel 1
- Maak Jy ʼn Verskil: Bennie Mostert
- Groei In Die Here: Stephan Joubert
- Ontmoet Die Heilige Gees
- Woorde Van Wysheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Gerrie Bester
- Om Te Lees...
- Verbly ʼn Kind Se Hart
- Vroue Van Geloof
- Die Christen En Ongeregtigheid: Elza Meyer
- Spanning Versus Lewensvreugde
- Woorde Wat Lewe Bring ̶ Annatjie Krige
- TBN-Televisiegids
- Gospel Skouspel Is Hier Om Te Bly! ̶ Tygerberg 104FM
Mei 2017
JUIG! Mei 2017
JUIG! Mei 2017
In hierdie Moedersdaguitgawe doen ons verslag oor 'n paar onderwerpe waarvan Christene moet kennis neem. Ons kyk na plaasmoorde en die stand van sake in die land; lees asseblief hierdie artikel om jouself in te lig sodat jy met insig kan bid.
Dan het ons nog 'n interessante artikel oor die Karoo Mighty Men Konferensie wat vanjaar vir die laaste keer in Middelburg aangebied word. Vind meer uit oor die uitwerking van okkultisme op jou gesondheid en lees ʼn bemoedigende getuienis van Zanie van den Berg wat ʼn amputasie moes ondergaan en nou haar kinderdrome verwesenlik om aan sport te kan deelneem.
Lees ook in hierdie uitgawe Dieter Voigt se getuienis, die gevare van emosionele uitbranding en hoe sy liefde vir atletiek daartoe gelei het dat hy nou te midde van sy besige lewe as aanbieder van Pasella en onderwyser ook nog kinders afrig en uiters suksesvolle atlete oplewer!
Hou jouself op hoogte van Christelike sake en wees ingelig sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid
- Stof Tot Nadenke
- Maak SA Weer ʼn Christelike Nasie
- Plaasmoorde ̶ Die Stand Van Sake: Arno Van Niekerk
- Moeders Op Die Frontlinies ̶ Geopende Deure
- Turning Point Saam Met Dr. David Jeremiah ̶ TWR
- Geloofsreis Op Die Vleuels Van Gebed
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Markus Deel 2
- Elisama ̶ Dienskneg Van die Koning:Gerald Ferreira
- Woorde Van Wysheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Tegnologie En Jou Huwelik: Gretha Wiid
- Dieter En Martelize Voigt
- Oorkom Bekommernis
- Vroue Van Geloof
- Wees Gelukkig ̶ Emosionele Gesondheid
- Cefas En Zanie ̶ In My Swakheid Is Ek Sterk
- Die Uitwerking Van Okkultisme Op Ons Gesondheid
- Bybelse Gasvryheid
- Die Oorsprong Van Tandbederf
- TBN-Televisiegids
- Musiek Vir Die Siel
- Ervaar Die Unieke Skoonheid En Kultuur Van Die Heilige Land ̶ Tygerberg 104FM
- #JouMenseMyMense...Saam Is Ons Beter
April 2017
Voorspoedige Nuwe Jaar! In hierdie eerste uitgawe van 2020 wil ons elke leser bemoedig. Daarom het ons ’n hele paar positiewe getuienisse van lewens wat aangeraak is deur die Here se goedheid. Lees gerus Tanya Powell se getuienis oor haar stryd om swanger te word, die pragtige “Droogtelesse, ’n Boesmanlander se getuienis” waarin Madeleen Visser die lesse met ons deel oor God se goedheid te midde van die vreeslike droogte. Leer die man agter die kolf ken in JP Duminy se openhartige onderhoud met ons.
Ons takel die onderwerpe van werkloosheid en bankrotskap en hoe om God te midde van die uitdaging te vind en te vertrou. Daar is ook ’n artikel gewy aan ons desperate boere waarin Henry Jackson, die “Zim-boer”, hulle bemoedig. Ons verskaf ook inligting waar boere vir hulp kan aanklop of vir dié wat graag skenkings wil maak om sukkelende boere se nood te help verlig.
Al ooit gewonder hoekom God muskiete geskape het? Vind uit wat die antwoord is in ons Januarie-uitgawe wat 30 Desember op die rakke sal wees.
Ons sien uit na ’n geseënde en voorspoedige 2020 saam met al ons lesers. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Soek Die Woord
- Waarom Het God Muskiete Gemaak?
- Bybelvasvra
- Blokkiesraai
- ’n Boodskap Aan Alle Desperate Boere
- Droogtelesse, ’n Boesmanlander Se Getuienis
- JP Duminy – Wanneer God Jou Roep
- Wanneer Die Wiegie Leeg Bly, ’n Getuienis Van Hoop: Tanya Powell
- Wat Moet Ons Reaksie Wees Op Christene Wat Christene Word
- Genade Onbeskryflik Groot: Benescke Janse Van Rensburg
- Roaring Truth
- Oorwin Die Draak – CfaN
- Karakters Van Die Bybel – Paulus
- Spreuke 13
- Inleiding Tot Die Sewe Kerke Van Openbaring
- Wat Sê Die Bybel Oor Geld Leen?
- Hoe Kan Ek God Vertrou As Ek Werkloosheid Of Bankrotskap In Die Gesig Staar?
- Christenskap In Die Werkplek
- Em’seni-Kamp
- Noorweë Se Donker Kant
- Wat Sê Die Bybel Oor Kinderregte?
- Hoop Te Midde Van Trauma – Geopende Deure
- Skenk ’n Bok Aan Christen-Vlugteling In Uganda – Barnabas Fund
- TWR
- Michael Cassidy & Die Verkiesing Van 1994 – African Enterprise
- ‘Jy Behoort En jy Is Geliefd’ – Sozo Stigting
- Vroue Van Geloof
- Vra Jou Vrae
- Woorde Van Wysheid
- Cholesterol Is Jou Vriend
- 6 Kampwegbreke Vir ’n Ongelooflike Paasnaweek
- GROOTfm 90.5 Se Gee- En Dankfees
Feb-Mrt 2017
JUIG! Feb-Mrt 2017
JUIG! Februarie/Maart 2017
In hierdie uitgawe doen ons verslag oor 'n paar onderwerpe waarvan Christene moet kennis neem. Ons kyk na die omstrede verkiesing van Donald Trump as Amerikaanse president en ʼn paar ter saaklike kwessies word uitgelig wat in die liberale media verdraai word; lees asseblief hierdie artikel om jouself in te lig sodat jy met insig kan bid.
Dan het ons nog 'n interessante artikel oor die belangrike sake en aangeleenthede wat godsdiensvryheid en Christene raak. Freedom of Religion South Africa (FOR SA) is reeds druk besig om voorleggings voor te berei oor wetsontwerpe en regeringsbeleid en -verslae wat 'n invloed op godsdiensvryheid kan hê. Die belangrikste en dringendste kwessies word in die artikel bespreek.
Lees ook in hierdie uitgawe Wanda Bam se getuienis, die gevare van posttraumatiese stresversteuring (PTSV) en hoe Wanda se genesing gely het tot die Heelvroukursus waartydens soveel vroue reeds emosionele, fisieke en geestelike genesing ontvang het.
Hou jouself op hoogte van Christelike sake en wees ingelig sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid
- Stof Tot Nadenke
- Afrikaanse Beeldende Kunste
- President Donald Trump En Christelike Amerika
- Belangrike Sake En Aangeleenthede ̶ FOR SA
- Thru the Bible En Rondom Die Wêreld ̶ TWR
- Praktiese Geloof In Oos-Afrika ̶ Geopende Deure
- Trek ʼn Streep In Die Sand: Bennie Mostert
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Matthéüs
- Hoekom Is Christene So veroordelend?
- Die Eer Van Diensbaarheid
- Is Ons Regtig Bereid Om God Te Volg: Gretha Wiid
- Wat Is Ons Doel As Christene: Arno van Niekerk
- Woorde Van Wysheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Barend Vos ̶ “Met Jou Pa Kan Jy Eerlik Wees”
- Wanda Bam ̶ ʼn Hart Van Waarheid
- Vergewe My Asseblief
- Vroue Van Geloof
- Gewigsverlies ̶ ʼn Belangrike Bybelse Insig
- ʼn Bekostigbare En Gesonde Lewenswyse
- TBN-Televisiegids
- Rooiwarm Radio Op Sy Beste ̶ Tygerberg 104FM