Desember 2018

Hierdie heerlike Kersuitgawe is ’n allegaartjie met iets vir elkeen. Maak veral seker jy lees ons voorbladartikel, “Die Beker van Lewe”, wat fokus op die Nagmaal en veral die twee bekers wat in daardie laaste ure op Golgota ter sprake is – die lydensbeker wat ons Verlosser vir ons geledig het en die beker van verlossing wat ons in ruil ontvang.
Met die daardie gawe in gedagte, lees asseblief ons sendingafdeling en oorweeg dit om hulle ook met ’n skenking te seën vir Kersfees.
Laat die getuienisse en opbouende artikels jou inspireer gedurende hierdie vakansie. Lekker lees en lekker rus!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Soek Die Woord (Bybelse Woordspeletjie)
- Kerstradisies In Die Kombuis
- Watter Geskenk Gee Jy Iemand Wat Alles Het?
- Ons Hoor Jy sê – Inspirerende Brokkies
- Van Politieke Chaos Na Godvresende Regering?
- Wie Is George Soros?
- Kyk Terug Om Beter Vorentoe Te Kyk: Elza Meyer
- Kerstyd ’n Wonderlike Kans Om Uit Te Reik
- Die Kersverhaal – ’n Hawelose Egpaar En Hul Baba
- Die Bybel In ’n Neutedop – Filemon
- Kan ’n God Van Liefde Haat?
- Die Beker Van Lewe
- Vaardigheid, Waardigheid En Vernuwing
- Woorde Van Wysheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Psalms Van Versekering Wanneer Jy Platsak Is
- Ons Plant Wêreldwyd Kerke – Harvesters Ministries
- Saai Die Saad Van Geloof In Afrika – TWR
- Hulp Vir Getraumatiseerde Kinders – Barnabas Fund
- ’n Geskenk Van Hoop vir Môre Se Leiers In Die Vervolge Kerk – Geopende Deure
- Baviaanskloof
- Geniet Jou Vakansie, Vat God Net Saam
- Vroue Van Geloof
- 90 En Steeds Op ’n Avontuur Saam Met Jesus
- Lewe In Oorvloed
- Dagga En Hennep – Reg Of Verkeerd?
- Geestelike En Liggaamlike Fiksheid Vir Almal
- Kies Vandag Om Hom Te Dien – It’s Time
- Goue Era Van Gospel Skouspel Sluit Af Op Hoogtepunt


November 2018

Die November-uitgawe het ’n heerlike verskeidenheid artikels wat jou sal interesseer. Lees gerus die nuuswaardige artikels om jouself op hoogte van die jongste sake te hou: “Word Magog-profesie ’n werklikheid?” en “Regerings se gebruik van gesigherkenningstegnologie is die einde van jou privaatheid”. Maak seker jy lees “Die era van die leuen” om te vermy dat jy ook die “media-niete” steun in hulle verspreiding van vals boodskappe en nuus – selfs sogenaamde Christelike nuus! Ons sendingafdeling hou aan groei – ondersteun asseblief hierdie bedienings wat Jesus se hande en voete in die wêreld is. Daar is drie pragtige getuienisse om jou te bemoedig.
Vir dames wat graag fiks wil word en gewig verloor, is daar ’n inspirerende artikel, “Body & Soul waar geloof en oefening mekaar ontmoet”.
Met leringsartikel deur prof. Stephan Joubert en ds. Willem Badenhorst maak ons seker dat jou gees ook gevoed word.
Bly op hoogte van Christelike sake, sending en nuus sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Ons Hoor Jy sê – Inspirerende Brokkies
- Word Magog-Profesie ’n Werklikheid?
- Geskiedkundige Agtergrond Van Die Eindtye
- Regerings Se Gebruik Van Gesigherkenningstegnologie Einde Van Jou Privaatheid
- Die Era Van Die Leuen
- Die Kerk En Die Jode – ICEJ
- Project Joseph – Barnabas Fund


Oktober 2018

Lees meer oor die gewilde Survivor-deelnemer, Werner Joubert, in hierdie Oktober-uitgawe. Vind uit hoe hierdie pastoor van Shofar Christen-kerk die ervaring beleef het en wat die grootste uitdaging vir hom was.
Suid-Afrika staan aan die vooraand van een van die belangrikste tye in sy geskiedenis. Lees dr. Arno van Niekerk se bemoedigende siening oor ons land en ons rol as Christene. In aansluiting daarmee, vertel Annalea van Niekerk, ’n boer van Reitz haar getuienis en waarom sy ’n toekoms in Suid-Afrika sien.
Lees ook gerus Francois Carr se artikel oor herlewing en intimiteit met God en vind meer uit oor die komende It’s Time Pretoria wat in Oktober gehou sal word.
Bly op hoogte van Christelike sake, sending en nuus sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Vrae En Vrese Beantwoord Oor Die Eindtye
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Soek Die Woord (Bybelse Woordspeletjie)
- Ons Hoor Jy sê – Inspirerende Brokkies
- It’s Time Pretoria
- Aan Die Vooraand: Arno van Niekerk
- Boerin Van Reitz
- God Werk In Indië – Harvesters Ministries
- TWR Se Bediening In Oos-Afrika Groei
- Vervolging Ontsien Geen ouderdom – Geopende Deure
- Onderhoud Met Daniel Kolenda – CfaN
- Waarskuwing, Stry Vir Die Geloof
- Kan Jy Hom Hoor: Francois Carr
- Herlewing Deur Intimiteit Met God
- Sketse Van Ware Hoop
- Die Bybel In ʼn Neutedop – 1 & 2 Timoteus
- Lucy Se Rugwerwel Dié Van Bobbejaan
- Werner Joubert – ‘Survivor’, Pastoor En Pa Van Twee Wonderwerkies
- Woorde Van Wysheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Voel Jy Oorbodig?
- Vroue Van Geloof
- Moenie ’n Kerk Stokkiesdraaier Wees Nie!
- Daar Is Hoop – God se Gawes Vir Goeie Gesondheid
- Fluoried – Misleiding En Omstredenheid
- Verheerlik God In Alles Wat Jy Doen
- Stof Tot Nadenke: Sias Le Roux
- Wat’s Nuus Op Kampus?
- Geplant Om Vrug Te Dra – Radio Tygerberg 104fm
- Dit Bly ’n Tuiskoms – Radio Tygerberg 104fm


September 2018

In hierdie uitgawe vind ons uit waarmee die akteur, Frank Rautenbach, hom deesdae besig hou en wat hy geleer het oor homself en Christenskap tydens sy verblyf in Amerika. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe Christen-TV-stasie in Afrikaans, RoepTV.
Ons neem mikroskyfie-inplantings onder die loep en ondersoek die vyf manier waarop pornografie jou kinders skade berokken. Lees gerus ons artikel oor vrees en hoe om dit te oorwin om jou te bekragtig vir die uitdagende tye waarin ons ons bevind.
Daar is ’n moedige getuienis van Claudia Roodt wat openlik praat oor geweld in die huis en waarom vrou stilbly daaroor. ’n Leser, Cheryl Green vertel hoe sy van vet tot fiks gegaan het en haar depressie oorkom het deur te begin draf. Hou jouself op hoogte van wat op die sendingveld aangaan en hoe jy jou deel kan doen: lees Geopende Deure, FEBA, Harvesters Ministries en CfaN se insiggewende artikels.
Bly op hoogte van Christelike sake en wees ingelig sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Nuwe Geslag Neem Die Leisels Oor – CfaN
- Soek Die Woord (Bybelse Woordspeletjie)
- Ons Hoor Jy sê – Inspirerende Brokkies
- Grondonteiening: Mededeelsaamheid Herstel Gelykheid
- Saam Met God Het Ons ’n Toekoms In SA: Elza Meyer
- Die Loofhuttefees 2019
- Duisende Ontvang Gewillig Mikroskyfie-inplanting
- Hoekom Bly God Stil As Ek Hom Nodig Het: Stephan Joubert


Augustus 2018

In hierdie uitgawe leer ons Neil Powell, die Springboksewesafrigter en sy vrou, Tanya beter ken. Lees hoe hierdie nie net ’n beroep vir hom is nie, maar ook ’n roeping aan ’n vaderlose geslag jongmanne. Soos gewoonlik takel ons ook ’n paar aktuele onderwerpe: Errol Naidoo het ’n onderhoud met hoofregter Mogeoeng Mogoeng en Christene in die politiek; ons verskaf ’n paar insiggewende feite oor Noord-Korea en takel die kwessie van padwoede.
Daar is ’n bemoedigende getuienis van Hendrik Cloete wat kanker oorwin het met alternatiewe behandeling. Hou jouself op hoogte van wat op die sendingveld aangaan en hoe jy jou deel kan doen: lees Geopende Deure, TWR, Harvesters Ministries en CfaN se insiggewende artikels.
Hou jouself op hoogte van Christelike sake en wees ingelig sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Afrika Vir Christus – Die Millennium Crusade
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Ons Hoor Jy sê – Inspirerende Brokkies
- Soek Die Woord (Bybelse Woordspeletjie)
- 10 Bisarre Feite Oor Noord-Korea
- Bring God Terug In Die Politiek Hoofregter Mogoeng Mogoeng
- Stof Tot Nadenke: Sias Le Roux
- Wat’s Nuus Op Kampus?
- Jou Ambassade In Jerusalem
- Jesus En Die Ouderdom Van Die Aarde
- Die Bybel In ʼn Neutedop – Kolossense
- Prof. Gerrie Bester
- Persoonlike Transformasie En Die Krag Van Volgehoue Gebed
- Padwoede: Bestuur Jy Soos ’n Christen?
- Neil En Tanya Powell – ‘Laat Jou Lewe Die Praatwerk Doen’
- Woorde Van Wysheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Die Oorspronklike Terroris
- Stilte – Die Geestelik En Liggaamlike Voordele
- Net Een Plek Vir Vervulling: Esté Geldenhuys
- Vroue Van Geloof
- Aan Die Etenstafel – ’n Plek Van Seën Liefde En Tuiskoms
- Ek Het Kanker Oorwin
- Hoender- Of Arendperspektief: Arno Van Niekerk
- Media Kan Gemeenskappe Verander – TWR
- Die #OfcourseMeToo Van Christen-Vroue In Colombia – Geopende Deure
- Evangelisasie In Brasilië – Harvesters Ministries
- Geestelike Padkos Op Jou Sakereis
- Jesus Culture Se SA Toer ’n Groot Sukses
- Klankgolf – Rooibaard Raak Sag


Julie 2018

Hierdie uitgawe is propvol getuienisse van oorwinning wat jou sal aanspoor in jou geloof. Lees gerus Llewellyn Veenendaal se getuienis, ‘Van bendes tot baristas’ asook Adri Alberts van Turn2God Bediening se ontmoeting met God in Koning Hiskia se tonnel in Israel.
Lees hoe ’n gemeente in Vereeniging nie net vir ’n inkomste gesorg het vir hulle predikant nie, maar ook werk skep en ander bediening kan seën met hulle nuwe inkomste.
Dr. Elza Meyer se artikel, ‘Lewegewende Gesinne en families’; is ’n verkorte weergawe van haar kragtige boodskap wat sy by Mighty Families vir gesinne gebring het. Dawie Spies lig in sy uitstekende artikel oor rampartytjies uit, hoe ánders ’n Christen se benadering tot die partytjies en die huweliksonthaal sal wees omdat ons volgens God se liefde en standaarde leef.
Vind ook in hierdie uitgawe ’n bietjie meer uit oor die slim vrou agter boeke oor denke – dr. Caroline Leaf. Hou jouself ook op hoogte van Christen-nuus en aktuele sake deur die nuus en sendingartikels te lees.
Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Soek Die Woord (Bybelse Woordspeletjie)
- Ons Hoor Jy sê – Inspirerende Brokkies
- Geen Misdaad Om Bybelse Waarheid Te Verkondig Nie
- Wat’s Nuus Op Kampus?
- CfaN – Evangelisasie “Van Kaapstad Tot Kaïro”
- Die Apologeet – Hoe Lyk Jóú Lewe?
- Sien Jy Regtig Uit Na Jou Ewige Adres: Stephan Joubert
- Lewegewende Gesinne & Families: Elza Meyer
- Rampartytjies – Hoekom Hou Ons Dit: Dawie Spies
- Die Bybel In ʼn Neutedop – Filippense
- Elke Woord Tel
- Liefde Trek Die Ossewa Uit
- Jou Sukses Lê In Jou Denke – Dr. Caroline Leaf
- Prof. Gerrie Bester
- Christenskap In Die Werkplek
- Woorde Van Wysheid
- Kampkos-Idees
- Gemeente Met ’n Wenplan!
- Llewellyn Veenendaal – Van Bendes Tot Baristas
- Laat Daar Lig Wees
- Karel En Elaine Beneke – In Die Voetspore Van Jesus Se Bediening
- 12 Maniere Waarop Satan Christelike Huwelike Aanval
- Vroue Van Geloof
- Jou Woedebuie: Is Dit Waarom Jou Kinders So ‘Stout’ Is?
- Jesus Bo Alles – Geopende Deure
- Sentraal –Asië Hoor Die Evangelie – FEBA
- Van Moordenaar Tot Kerkplanter – Harvesters Ministries
- Ons Voeg Daad By Die Woord – Radio Tygerberg 104fm
- Jo Black


Junie 2018

Maak ’n koppie koffie en gaan sit en lees JUIG! se Junie-uitgawe – begin sommer by die artikel, “Koffie en die kerk” en vind uit waar die kerk se eeu lange verbintenis met die koffieboontjie begin het en hoe amper die geliefde drankie dalk verbode was vir Christene! Volg dit op met die interessante artikel van Thabazimbi se apiesdoringkarnaval waar daar nog kerkbasaar gehou word soos van ouds.
Vir hierdie Vadersdag-uitgawe is daar natuurlik artikels vir die pa’s in ons lewens: “5 Redes om pa’s te vier”; “Die nalatenskap van ’n vader” en “Die Juwele In ’n Pa Se Lewe”. Leer met ons voorbladartikel vir prof. Gerrie Bester ’n sakeman, leraar en seun van Abba Vader, beter ken.
Laat die sendeling wat in Soedan gemartel is, se oorwinnende getuienis jou bemoedig en versterk jou geloof met Isak Burger se artikel oor God se Woord wat ons absolute verwysingspunt in die lewe is.
Daar is iets vir die vroue met Gretha Wiid se artikel, “Wanneer paartjies saam bid” en ’n uitstekende artikel oor hoe om die verslawende houvas wat videospeletjies op jou kind het, te verbreek.
Vir die gesondheidsbewustes onder ons is daar Go Natural se artikel oor suiwer water as die grondslag van gesondheid. Kuier saam met ons by Witbank Huis van Gebed en laat ons jou gelooflewe opnuut inspireer.
Lekker lees!

ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Ons Hoor Jy sê – Inspirerende Brokkies
- Gemartelde Sendeling Se Oorwinning
- Soek Die Woord (Bybelse Woordspeletjie)
- Die Nalatenskap Van ’n Godvresende Pa – Geopende Deure
- Tien Wonderlike Jare: TWR Wes-Afrika – TWR
- Die Lig Skyn In Kambodja – Harvesters Ministries
- Witbank Huis Van Gebed
- Die Bybel In ʼn Neutedop – Efesiërs
- Die Oorspronklike Terroris
- Absolute Verwysingspunt: Isak Burger
- Nalatenskap Van ’n Vader: Dawie Spies
- Prof. Gerrie Bester
- Woorde Van Wysheid
- Die Juwele In ’n Pa Se Lewe
- 5 Redes Om Pa’s Te Vier
- Smullekker Kampkos-Idees
- Koffie En Die Kerk
- Kerkbasaar Soos Van Ouds
- Breek Die Verslawing Van Videospeletjies
- Wanneer Paartjies Saam Bid: Gretha Wiid
- Vroue Van Geloof
- Suiwer Water, Die Grondslag Van Gesondheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Stof Tot Nadenke: Sias Le Roux
- Wat’s Nuus Op Kampus?
- Geseën Om Tot Seën Te Wees
- Radio Tygerberg 104fm Vier #Nuwebegin


Mei 2018

Vir hierdie Moedersdag-uitgawe is daar artikels oor twee inspirerende vroue uit ons Christen-geledere: Sua du Plessis, deur wie se hande baie van die Christelike boeke wat jy lees, op die een of ander manier gegaan het, en Nina Smit een van Suid-Afrika se bemindste Christelike skrywers. Daar is ook iets vir enkelmoeders en idees vir Moedersdag vir die manne.
Ons takel ook die grondkwessie met die artikel, “‘Grondgryp’ – Wat is waar en wat lawaai?” en daar is weer artikels vir ons jonger garde met ons studenteblad.
Lees gerus ons artikel oor kamp vir die ouer garde, “Grypskoppe is ook gaande oor kamp!” en die interessante feite oor die afgelope It’s Time Kaapstad.
Moenie Elza Meyer se treffende artikel oor die Heilige Gees se inwonende teenwoordigheid misloop nie. Daar is iets weer iets vir elkeen in hierdie uitgawe wat 23 April op die rakke sal wees. Lekker lees!

ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Soek Die Woord (Bybelse Woordspeletjie)
- Ons Hoor Jy sê – Inspirerende Brokkies
- Stof Tot Nadenke: Sias Le Roux
- Wat’s Nuus Op Kampus?
- Kry Jou Banksake Met Lekkerkry Klaar
- Die APA: Tersiêre Onderrig In Klassieke Styl
- Wees Lief Vir Israel, Die Land En Die Mense
- ‘Grondgryp’ In Suid-Afrika – Wat Is Waar Em Wat Lawaai?
- ’n Sekte Neem Jesus Aan – Harvesters Ministries
- Sammy Se Ontdekking – FEBA
- ‘Hulle Sê Ons Bestaan Nie . . . – Geopende Deure
- Die Bybel In ʼn Neutedop – Galasiërs
- God Het ’n Tweede Testament Ook!
- EK IS Wat EK IS: Elza Meyer
- Die Heilige Gees En Emosies
- Sua Du Plessis – Woordsmid Vir Haar Koning
- Staan Op!
- Gee Haar Die Beste Moedersdaggeskenk
- Enkelmoeders Wat Is God Se Boodskap Vir Hulle?
- Vroue Van Geloof
- Nina Smit – Skrywer, Sielsgenoot En Blouoog-Mooi
- Wat Sê Die Woord Van God Oor Skuld (Deel 2)
- Christenskap In Die Werkplek
- Woorde Van Wysheid
- Gryskoppe Is Ook Gaande Oor Kamp!
- It’s Time Kaapstad – Interessante Feite


April 2018

Geseënde Paasfees! In hierdie Paasuitgawe van 2018 het ons twee pragtige leringsartikels, die een van A.W. Tozer, “Aan die opstandingskant van die Kruis” en die ander “Christus van die Pasga” wat die betekenis van die elemente van Jesus se laaste maal saam met Sy dissipels uitlê. Daar is ook ʼn artikel met ʼn heerlike resep vir Paasbolletjies sowel as ʼn artikel oor die herkoms van Paasbolletjies en die simboliek van die lekkerny.
Daar is weer artikels vir ons jonger garde met ons studentegetuienis asook die artikel, Enkellopend? Goeie vriende is jou steunpilare”.
Met die grondkwessie voorop in die nuus het ons die ACDP se reaksie op die grondonteiening sonder vergoedingskwessie gepubliseer en dr. Arno van Niekerk gee riglyne oor hoe om deel te wees van die genesing van ons land.
Daar is iets vir elkeen in hierdie Paasuitgawe wat 19 Maart op die rakke sal wees. Lekker lees!

ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Soek Die Woord (Bybelse Woordspeletjie)
- Ons Hoor Jy sê – Inspirerende Brokkies
- Stof Tot Nadenke: Sias Le Roux
- Wat’s Nuus Op Kampus?
- “Berei Julle Voor Op Die Ergste” – Studentegetuienis
- Enkellopend? Goeie Vriende Is Jou Steunpilare
- Die ACDP-Reaksie Op Suid-Afrika Se Grondkwessie
- Die Genesing Van Ons Land: Arno Van Niekerk
- Geloof Waar Die Evangelie Die Ergste Weerstand Ervaar – Geopende Deure
- Vermeerder Die Oes – Harvesters Ministries
- Die Bybel In ʼn Neutedop – 2 Korintiërs
- Christus Van Die Pasga
- Aan Die Opstandingskant Van Die Kruis
- Paasbolletjies: Waar Kom Dit Vandaan?
- Verwerp Deur Mense, Gelei Deur God: Gerald Ferreira
- Die Vyf Krone Van die Nuwe Testament
- Is Jy ’n Perd Of ’n Valk?
- Christenskap In Die Werkplek
- Woorde Van Wysheid
- Neem Jou Wonde Na Hom Toe: Gretha Wiid
- Leef Voluit Te Midde Van Uitdagings!
- Die Vier-Tot-Veertien-Venster – Jeugevangelisasie
- Gesond Eet Is Maklik
- Vroue Van Geloof
- Aanbidding Is Meer As ’n Liedjie
- 100% Worship – TWR
- Klein Voetjies Moet Groot Drome Dans
- Ervaar Jesus Culture Se “Rooftops” In Stereo


Feb/Maart 2018

Hierdie uitgawe van JUIG! Tydskrif is propvol interessante en uitdagende artikels – iets vir die hele gesin. JUIG! dien die hele Liggaam van Christus met een doel voor oë – om die Woord van God te verkondig en ’n Christelike Bybelse wêreldbeskouing te bevorder.
As jy It's Time Bloemfontein bygewoon het, moet jy nie die voorbladartikel, Mighty Families, misloop nie. Dit is die volgende stap ná It's Time Bloemfontein - 'n geleentheid vir gesinne as die boustene van ons nasie om versterk te word. Vind meer uit hieroor in die gesinsartikel. Vind sommer ook meer uit oor It's Time Kaapstad wat almal weer eens uitnooi om van reg oor die land in Kaapstad byeen te kom om vir die Wes-Kaap en ook vir die res van die land te bid.
Daar is wonderlike getuienisse op ons "Wat's Nuus op Kampus"-blaaie met goeie nuus oor wat geestelik in ons studentegemeenskap aan die gebeur is. Ons gaan voort met ons gewilde Bybel in ʼn neutedop-reeks met deel 2 van die boek 1 Korintiërs en ons medewerkers, prof. Stephan Joubert en Elza Meyer inspireer en bemoedig jou om voluit vir Hom te leef.
Vir bruide is daar 'n heerlike artikel om jou te help met jou troudagbeplanning en pa's kan gerus die artikel, "15 Gesprekke wat 'n pa moet hê" lees vir goeie wenke vir daardie moeilike gesprekke met jou kinders.
Lees gerus ons Christen-nuus en hou jouself op hoogte van Christelike sake sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Soek Die Woord (Bybelse Woordspeletjie)
- Ons Hoor Jy Sê
- Stof Tot Nadenke: Sias Le Roux
- Wat's Nuus Op Kampus?
- God Is Sterk In Jou Swakheid
- So Lyk Spanwerk
- Is Oorlog Met Noord-Korea Regverdigbaar Volgens Die Bybel?
- CNN, Fopnuus & Etiese Beriggewing
- Sien God (Nog) Wat Ons Doen?
- Wanneer Jy God Probeer Onttroon: Stephan Joubert
- Meer Werd As Tien Van Die Beste Preke - Geopende Deure
- Getuienis Van Mishandeling Tot Hoop - FEBA
- Die Wonderlike Verhaal Van Tsjad - Harvesters Ministries
- Die Bybel In ʼn Neutedop - 1 Korintiërs (Deel 2)
- Geloof En Vrees
- Wat Sê Die Woord Van God Oor Skuld - Deel 1
- Christenskap In Die Werkplek
- Mighty Families - Sterk Gesinne Bou 'n Sterk Nasie
- Gebruik Die Natuur Om Jou Kinders Van God Te Leer
- Perfeksionisme, Millenniërs Se Doring In Die Vlees
- 15 Gesprekke Wat 'n Pa Moet Hê
- Vroue Van Geloof
- Jou Storie Is Deel Van 'n Groter Verhaal: Elza Meyer
- 10 Maniere Om 'n Christus-Gesentreerde Troue Te Beplan
- Gasvryheid In 'n Klein Plekkie
- Woorde Van Wysheid
- Hoe Lyk Die Toekoms?
- Kom Bid Saam Vir Kaapstad - It's Time Kaapstad
Hierdie uitgawe is nou te koop! Maak seker dat jy nie ’n uitgawe misloop nie, teken vandag nog in op JUIG! Tydskrif.