Desember 2020

In hierdie feestelike Kersuitgawe is daar iets vir elkeen om te lees. Moenie die pragtige artikel oor die Poolligte misloop nie, dié wonderlike natuurverskynsel word verduidelik met gepaardgaande asemrowende foto’s van die Noorder- en Suiderligte. Lees ook gerus ds. Willem Badenhorst se artikel, “Profetiese geskenke vir die Koning” wat die profetiese simboliek van die wyse manne se drie geskenke verduidelik. As jy egter voel dat Kersfees niks anders as ’n bron van emosionele en finansiële stres geword het nie en wonder hoekom Kersfees hoegenaamd gevier moet word, is die artikel, “Die doel van Kersfees”, spesiaal vir jou.

Vind meer uit oor Oom Angus se Herlewingstrein en hoe jy in samewerking met Geopende Deure vervolgde Christene hierdie Kersfees kan seën.

Ons hoofredaktrise gee haar mening oor plaasmoorde en die stand van sake vir Afrikaanse mense en ons ondersoek waarom Christene bekommerd is oor ’n Biden-presidentskap in Amerika.

Moenie hierdie en vele ander artikels misloop nie. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!

 ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Die Doel Van Kersfees
- Geniet Die Reis Van Die Lewe Met God Se Padkaart
- ’n Ongeleë, Ongemaklike, Ongewenste Kersfees
- Oom Angus Nooi Christene Uit Om Aan Boord Te Klim!
- Die Groot Skudding Het Begin
- Wat Sê Die Bybel Oor Geluk?
- Die Asemrowende Poolligte
- Spinnekoppe: God Se Wonderlike Agtpotige Ingenieurs
- Woorde Van Wysheid
- Skelmstreke Kan Tot Onverwagte Skuldprobleme Lei
- Verkondig Ons Verlossing Sonder Ware Bekering?
- 2020: Die Jaar Wat Was
- Waarom Christene Bekommerd Is Oor ’n Biden-Presidentskap
- ’n Glimlag Vir Kersfees
- Oes Uit Die As
- Hoogtepunte Van Die Jaar 2020 – Radio Tygerberg 104FM
- Karakters Van Die Bybel – Simeon
- Leer Vir God Ken
- Kersfeesvreugde Vir ’n Geboeliede Meisie In Bangladesj – Geopende Deure
- Hoekom Media? – TWR
- ’n Getransformeerde Gesin – Life Child
- ’n Reis Van Onverdiende Guns – Mergon
- Huisinbraak: Hoe Ons Dit Oorleef Het
- Kanker, Voorstelle Vir Doeltreffende Behandeling
- Die Vermenigvuldiging Het Begin! – CfaN
- Hoe Groei Ek In My Liefde Vir God: Werner Joubert
- Profetiese Geskenke Vir Die Koning: Willem Badenhorst
- Geloof, Gedagtes En Jou Gesondheid: Ellenore Meyer
- Redakteursbrief
- Woef-Wyshede
- Briewe
- Bybelvasvra
- Soek Die Woord
- Blokraai
- JUIG! Pitkos
- Vra Jou Vrae: Val Waldeck


November 2020

In ’n tyd waarin dit maklik is vir mense om magteloos te voel oor alles waaroor hulle geen beheer het nie, is dit miskien goed om herinner te word aan Nick Vujicic. Iemand wat magteloos is om enigsins iets te verander aan die feit dat hy sonder arms en bene gebore is, maar wat daardie struikelblok oorkom het en vandag ’n suksesvolle loopbaan en ’n liefdevolle gesin van sy eie het. Lees gerus in ons November uitgawe oor hom en sy gesin.

Met plaasmoorde op almal se lippe, het ons ’n onderhoud met eerw. Kenneth Meshoe van die ACDP gevoer oor die party se versoek dat plaasmoorde as haatmisdade verklaar moet word en dat die kommando teruggebring word om veiligheid op plase te verseker.

Lees ook dr. Elza Meyer se bemoedigende artikel, “Die krag van seën” en hoe belangrik dit is dat ons mekaar seën.

Vind meer uit oor Smart Choices – die nuwe waardegebaseerde leerplan vir seksualiteitsvoorligting – ’n veilige en geloofwaardige alternatief tot die skadelike ideologie van CSE en oor dr. Jacques de Vos se oorwinning. 

Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!

 ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:

  • -Nick Vujicic – God Omskep ’n Struikelblok In ’n Verhoog
  • -Waarborg Christenskap Gemak En Rykdom?
  • -Om Verhoudings Te Genees
  • -Die Effek Van Die Inperkingstyd Op Verbruikers En Kredietverskaffers
  • -Wat Jou Sosialemedia-Boodskappe Vir Ander Oor Jesus Sê
  • -Die Intelligente Seekat – Die Meesteringenieur Het Geweet Wat Hy Doen! 
  • -Dankbaarheid 
  • -Raak Ontslae Van Jou Bekommernisse
  • -Sewe Gewilde Bybelverse Wat Dikwels Buite Konteks Aangehaal Word 
  • -Christenskap In Die Werkplek 
  • -Woorde Van Wysheid 
  • -Wat Sê Die Bybel Oor Selfgesentreerdheid? 
  • -Wat Van Die Selfiekultuur? 
  • -Wat Sê Die Bybel Oor Die Eiegeregtige Kultuur? 
  • -Kinderbediening – ’n Gemeente Se Hoogste Prioriteit
  • -Plaasmoorde – Ons Praat Met Kenneth Meshoe Van Die ACDP
  • -Saggies Loop Oor Ander Se Seer …
  • -In Ál Hierdie Dinge Meer As Oorwinnaars Deur Hom!
  • -Leer Vir God Ken 
  • -Karakters Van Die Bybel – Simon Die Towenaar
  • -Kersfeesvieringe Te Midde Van Dwelmbendes – Geopende Deure 
  • -Van ’n Sinkhuisie Tot ’n Bediening Wat Lewens Verander – Global Challenge 
  • -Die Man Wat Nie Tot Sterwe Kon Kom Nie 
  • -Die Liefde Van Christus Bereik Kinders In Indonesië – FEBA
  • -God Skud Tanzanië –CfaN 
  • -Evangelis Israel Taylor 
  • -My Geloofspad Met Kanker
  • -Hoekom Is Christene So Bang Vir Die Eindtyd: Stephan Joubert
  • -Die Krag Van Seën: Elza Meyer
  • -Reg En Geregtigheid Is Die Grondslag Van Sy Troon: Pearl Kupe
  • -Woef-Wyshede
  • -JUIG! Pitkos
  • -Bybelvasvra 
  • -Soek Die Woord
  • -Blokraai
  • -Vra Jou Vrae: Val Waldeck

Oktober 2020

In hierdie uitgawe spoor ons die leser aan met die pastoor, evangelis en outeur, Raymond Lombard, se getuienis. Mag sy getuienis jou ook aanspoor om jou roeping op aarde te vervul! Lees ook gerus die getuienisse van twee van ons lesers wat op wonderbaarlike manier deur God se ingryping in hulle lewe gered is van groot lyding of dalk selfs die dood.

Ons takel die kwessie van oorbevolking en dalende geboortesyfers met die vrae: Wat sê die Bybel oor bevolkingsbeheer en is Christene volgens die Bybel verplig om kinders te hê? Ellenore Meyer deel ’n getuienis van antwoord op gebed vir hulle dogtertjie en Nico Bougas moedig ons aan om geloof te aan die dag te lê en waag om soos ’n Daniël vas te staan.

Ons sluit in hierdie uitgawe ons reeks oor die sewe kerke van Openbaring af. Hou jouself op hoogte van Christen-nuus en gebeure.

Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!

 ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:

  • - Raymond Lombard – Toegewyde Pastoor En Sendeling
  • - Hoe Kan Ek ’n Christen Word?
  • - Gee God Net ’n Kans
  • - Het Jy Hulp Nodig Met Jou Skuld?
  • - Christenskap In Die Werkplek 
  • - Wie Was Konstantyn Die Grote? 
  • - Waag Om ’n Daniël Te Wees
  • - 40  Vrae Wat Jesus Vra 
  • - Woorde Van Wysheid 
  • - Manjifieke Loodglasvensters 
  • - Herstel Van Rumatoïede Artritis 
  • - Universiteite Moet Sonvangers Wees 
  • - Evolusie, Die Groot Leuen 
  • - Die Wêreldwye Afname In Geboortesyfers
  • - Wat Sê Die Bybel Oor Bevolkingsbeheer?
  • - Is Christene Volgens Die Bybel Verplig Om Kinders Te Hê?
  • - In Verhouding Met Mekaar Verander Lewens 
  • - Ons Vier Ons 27ste Verjaardag
  • - Leer Vir God Ken 
  • - Karakters Van Die Bybel – Salomo
  • - Die Sewe Kerke Van Openbaring – Laodisea
  • - “Moenie Dit Doen Nie” –’n Vreemdeling Se Waarskuwing Van God Af 
  • - God Sal Jou Nooit Verlaat Nie – Aanranding By Die Rivier 
  • - Getuienisse Van God Se Goedheid – CfaN 
  • - Hulpbronne Vir God Se Boodskappers – Judea Harvest
  • - TWR Praat Van Hoop Te Midde Van COVID-19 
  • - ’n Gebedstryder En Moeder Vir Weeskinders – Geopende Deure 
  • - ’n Antwoord Op Gebed: Ellenore Meyer
  • - Jou Nalatenskap: Pearl Kupe
  • - Woef-Wyshede
  • - Briewe
  • - Vra Jou Vrae: Val Waldeck
  • - Bybelvasvra 
  • - Soek Die Woord
  • - Blokraai
  • - JUIG! Pitkos

September 2020

In ons Lente-uitgawe stel ons Pickard en Nadia Henn aan ons lesers bekend. Hierdie jong egpaar van Christ in Action, “soek eers die Koninkryk” met hart en siel. Die woorde op Pickard se T-hemp som dit mooi op: “All day, everyday, Jesus”. Laat hulle vurige liefde vir Jesus en ander mense jou sommer ook opnuut aanspoor.  Kyk gerus ook na die meesterkunstenaar, René Snyman, se pragtige kuns en lees meer oor haar reis om lig op uitsonderlike manier in haar skilderkuns uit te beeld. 

Stephan Joubert gee ons ’n bemoedigende tien padwysers om die koronatyd nie net te oorleef nie, maar seëvierend te bowe te kom. Daar is ook raad oor hoe om beskadigde vriendskappe te herstel en baie goeie riglyne vir ongetroudes wat dalk nog vir daardie “regte een” wag om op te daag.

Moenie die onderhoud met pastoor Kobus Erasmus van Querencia-bedieninge misloop nie. Ons het in die lig van die onlangse aanval op hulle kerk met hom gesels oor hoe hulle gemeente hulleself nou teen hierdie tipe aanvalle voorberei en beveilig. Hy getuig kragtig oor die Here se beskerming op daardie dag.

Dr. Pearl Kupe praat met ouers oor die wêreldwye druk vir die normalisering van pedofilie en wat ouers kan doen om hierdie euwel teen te staan.  

Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!

 ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:

  • - Pickard En Nadia Henn – Soek Die Koninkryk Met Hulle Hele Hart
  • - Hoe Weet Ek Die Bybel Is Waar?
  • - René Snyman – ‘In U Lig Sien Ek Die Lig’
  • - ’n Vaste Sekerheid In God
  • - Waarom Het Christene Nie Almal ’n Konsekwente Wêreldbeskouing Nie?
  • - Waarom Waarsku Jesus So Ernstig Teen Louwarm Geloof?
  • - Wat Beteken Dit Om Aan Die Brand Te Wees Vir Jesus?
  • - Wat Is Christelike Herlewing?
  • - Skuldberading 
  • - Herstel Beskadigde Vriendskappe 
  • - Die Vier Gevare Om Te Glo Dat Die Huwelik Jou Sal Voltooi 
  • - Volhard Soos Iemand Wat Die Onsienlike Sien 
  • - Woorde Van Wysheid
  • - Wêreldwye Druk Vir Normalisering Van Pedofilie 
  • - Kerkveiligheid
  • - Kan Christene Hulleself Bewapen?
  • - Die Viering Van Vermaak Wat ’n Verskil Maak
  • - Leer God Ken
  • - Karakters Van Die Bybel – Kaleb
  • - Die Sewe Kerke Van Openbaring – Filadelfia
  • - Robert Pollard, Evangelis Met ’n Hart Vir Die ‘Geringstes’ 
  • - Skep Moed! Lions Of The Valley
  • - Van Hawelose Tot Bron Van Hoop Vir Ander 
  • - CfaN Vier 40 Jaar
  • - Ons Bemagtig Mishandelde Vroue In Indië – FEBA
  • - ’n Lewe Van Gevaar Vir Hom – Geopende Deure
  • - Neem Jou Vreugde Terug: Tanya Powell
  • - My Leefmanifes In ’n Tyd Van Korona: Stephan Joubert
  • - Lewe Van Geloof: Elza Meyer
  • - Woef-Wyshede
  • - JUIG! Pitkos
  • - Bybelvasvra 
  • - Soek Die Woord
  • - Vra Jou Vrae: Val Waldeck

Augustus 2020

Hierdie uitgawe het soveel interessante getuienisse wat jou elkeen op hulle unieke manier sal bemoedig en aanspoor. Suzette Hattingh, op ons voorblad, was jare lank by Reinhard Bonnke betrokke as voorbidder en evangelis. Sy deel haar getuienis en wysheid met ons oor die krag van voorbidding. Werner Joubert sluit by haar aan met sy artikel, “Jesus in my gebedskamer”. Ons kuier heerlik saam met Riekert en Pippa Botha by L’Abri en ontdek waarom hulle so graag die gesprek na Jesus toe draai. 

Hardus Zevenster van die Bloudruk Media Groep getuig van sy siekte en herstel van COVID-19 en Mariette Davina vertel van haar ma se herstel uit ’n koma. Ons voer ook ’n eksklusiewe onderhoud met hoofregter Mogoeng. 

Daar is raad vir werkgewers en -nemers met die nuttige artikel, “Haal die angel uit afleggings en werkverlies” en met die artikel, “Behou Jou Voertuig” gee ’n skuldberader jou advies oor wat om te doen wanneer jy agter raak met jou motorpaaiemente. Radio Tygerberg 104fm, Heartlines en TruthTV nooi jou met #Caring4carers om ’n gesondheidswerker aan te neem en vir hom / haar te bid.

 Dit is maar ’n fraksie van die heerlike en insiggewende artikels van hierdie maand se uitgawe. 

Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!

 ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:

  • - Woefwyshede- Ja! Jy én Jou Kinders Kan Getuig
    - Behou Jou Voertuig Ondanks Agterstallige Paaiemente
    - JUIG! Pitkos
    - Bybelvasvra
    - Blokraai
    - Soek Die Woord 
    - Jesus In My Gebedskamer: Werner Joubert
    - Hoe Hoor Ek God Se Stem: Ellenore Meyer
    - Suzette Hattingh, Voorbidding: Die Kragtigste Wapen
    - Riekert En Pippa Botha, ’n Veilige Hawe
    - In Christus – My Identiteit
    - ‘Die Here Is By My, Ek Ken Geen Vrees Nie’
    - Gebore Uit ’n Verkragting En Aangeneem
    - Loveborn, ’n Herlewing Van God Se Liefde
    - ’n Skool Met ’n Verskil – Vastfontein
    - Mariette Sing Van Haar Ma Se Wonderwerk
    - Waarom Is Die Kerkgeskiedenis Belangrik?
    - Fantastiese Pyporrels Van Die Wêreld
    - Woorde Van Wysheid
    - Karakters Van Die Bybel –Jona
    - 43 Ou-Testamentiese Messiaanse Profesieë
    - God Se Neerbuigendheid
    - Die Geheim Van Vergenoegdheid: Gerald Ferreira
    - Wen Siele Teen Elke Prys – CfaN
    - Christenskap In Die Werkplek
    - ‘Ek Het Hulle Om Genade Gesmeek’ – Geopende Deure
    - Bereid Om Uit Te Reik – TWR 
    - Verseker Dat Jou Kinders Hulle volle Genetiese Potensiaal Ontwikkel
    - ICEJ Aliyah, Help Die Joodse Volk Om Huis Toe Te Kom
    - Wat Sê Die Bybel Oor Anargie?
    - Eksklusiewe Onderhoud Met Hoofregter Mogoeng Mogoeng
    - Radio Tygerberg 104fm, Heartlines en TruthTV Het ’n Oop Hart Met #Caring4Carers
    - Ek Het My Werk Verloor, Maar Nie My Hoop Nie

Julie 2020

Hierdie uitgawe is so vol inligting oor aktuele sake dat dit moeilik is om te kies watter vir jou die interessantste sal wees. Ons takel kwellende sake met die artikels: ”Bevordering Van Transgenderisme In Openbare Skole”, “Die Donkerkant Van China Se Noue Bande Met Suid-Afrika” en “Rasseversoening: Waar Begin Ons?” Alles sake waaroor ons as Christene ingelig moet wees en ernstig voorbidding moet doen. 

Op ’n ligter trant het ons ’n heerlike onderhoud met die pragtige twee skoonsussies en dokters, Rolene en Ledivia Strauss wat saam RevitaHealth bedryf. Hulle wy uit hoe Christenskap hulle werk en lewensuitkyk beïnvloed en help ons om van binne na buite gesond te lewe met goeie wenke oor gesondheid – beide liggaamlik en sielkundig. 

Ons loer na eugenetika en hoe dit tot siektes onder opreggeteelde honde ly en ons vra sommer ook die vraag hoekom die wetenskaplike gemeenskap so teen kreasionisme gekant is.

Lees gerus ook die artikels van ons geestelike leiers om jou gees te voed in hierdie uitdagende tye: Elza Meyer se artikel oor die Heilige Gees, Stephan Joubert se artikel oor aanlynevangelisasie en –bediening en Riekert Botha se insiggewende uiteensetting oor wat dit beteken om vergenoegd te wees en “geen gebrek” te ly nie.

Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!

 ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:

  • - Woefwyshede
  • - Spreuke 18
  • - JUIG! Pitkos
  • - Hoe Spel Kinders Liefde: Neil Powell
  • - Dit Is Julie 2020: Karien Basson
  • - Bybelvasvra
  • - Blokraai
  • - Soek Die Woord 
  • - Eugenetika, Opreggeteelde Honde Betaal Die Prys
  • - Waarom Is Die Wetenskaplike Gemeenskap So Teen Kreasionisme Gekant?
  • - Bybelse Waarskuwings Oor Hongersnood In Die Eindtyd
  • - Gevaarlike Geloof In Noord-Korea – Geopende Deure
  • - Die Woord Van Die Here Uit Die Hart Van Die Sahara – FEBA
  • - Genees Deur Die Seun Van God – CfaN
  • - Die Here Is Ook Aanlyn: Stephan Joubert
  • - Heilige Gees, 3 Redes Om Beheer Aan Hom Oor Te Gee: Elza Meyer
  • - Ledivia En Rolene, ’n Oorvloedige Lewe In Hom
  • - Die Kleur Van Vergifnis
  • - Karakters Van Die Bybel – Maria Magdalena
  • - God Se Ondeurgrondelikheid
  • - Vryheid – Wie Se Definisie Hang Ons Aan? (Deel V)
  • - Sterkte En Eer Is Haar Kleed – Beautiful Gates
  • - Jy Sal Geen Gebrek Ly Nie: Riekert Botha
  • - Die 7 Kerke Van Openbaring – Sardis
  • - Woorde Van Wysheid 
  • - Ja, Kinders Kan So Bid!
  • - Oorweeg Skuldberading
  • - Christenskap In Die Werkplek
  • - Bevordering Van Transgenderisme In Openbare Skole
  • - Rasseversoening: Waar Begin Ons?
  • - Die Donkerkant Van China Se Noue Bande Met Suid-Afrika
  • - GROOTfm 90.5 Jou Metgesel Van Vroeg In Die Oggend Tot Laat In Die Aand

Junie 2020

Geniet in hierdie uitgawe ons heerlike kuier saam met Hykie Berg. Hy praat oor sy nuwe boek wat eersdaags beskikbaar gaan wees, sy pragtige vrou, Gerridene, die gig-ekonomie (vind sommer uit wat die nuwe woord beteken) en hoe om te midde van die pandemie te floreer. “Ons kyk na die doughnut, maar praat net oor die gat. Op die oomblik is die gat groot, maar dit betken die doughnut is net soveel groter,” nooi hy ons uit. 

Ons het ook ’n heerlike onderhoud met Marzanne Leroux-Van der Boon, die skrywer van die gewilde reeks oor die Krige-gesin in Israel. Ook haar nuutste boek is nou op die rakke.

Hierdie uitgawe is stampvol opbouende en insiggewende inhoud wat jou pitkos sal bied deur die moeilike tyd waardeur ons gaan.

Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!

 ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:

  • - Woefwyshede
  • - Ware Lofprysing
  • - JUIG! Pitkos
  • - Christelike Vereistes Aan Ons Kinders, Voldoen Ons Self Daaraan?
  • - Die Vaderhart Van God: Werner Joubert
  • - Bybelvasvra
  • - Blokraai
  • - Soek Die Woord 
  • - Hoe Die Koronavirus Die Tafel Vir Die Eindtyd Dek
  • - Die Geestelike Wortel Van die Koronavirus
  • - Die Gevaar Van Isolasie
  • - Hykie Berg, Invloedryke Stem Vir Die Koninkryk
  • - Huldeblyk Aan Ravi Zacharias
  • - Vervalste Spinnekopfossiel Flous Wetenskaplikes!
  • - Gee Dié Wat Honger Is, Kos
  • - Laat Ons Jou Toerus Vir Die Bediening!
  • - Evangelie-Uitsendings Vir Afrika –TWR 
  • - God Se Smokkelaar Getuig Van Wonderwerke – Geopende Deure
  • - Wat Is God Se Geaardheid?
  • - Karakters Van Die Bybel – Timoteus
  • - Christenskap In Die Werkplek
  • - Spreuke 17
  • - Vryheid – Wie Se Definisie Hang Ons Aan? (Deel IV)
  • - Vir Jesus Deur Die Storm – CfaN
  • - Hoop Vir Die Kwesbares In Ons Midde – Living Hope
  • - Gebore Uit Liefde Vir Israel
  • - Die 7 Kerke Van Openbaring – Tiatira
  • - Hoe Om ’n Boek Self Uit Te Gee
  • - Drome
  • - ’n Veranderende Wêreld Vereis Vernuwende Denke
  • - Woorde Van Wysheid 
  • - Christenskap In Die Werkplek
  • - Om In Onsekere Tye Betekenis Te Vind
  • - Is Daar Enigie

Mei 2020

Met hierdie uitgawe gaan ons jou help om positief en bemoedig te bly tydens die ongewone tydperk waarin ons ons bevind met die koronapandemie. Ons skop af met ’n bemoedigende rubriek, “Jesus aan die stuur”, geskryf deur die nimlike Johan Stemmet. Hy pryk ook op ons voorblad en gesels onder meer met JUIG! se lesers oor uitdagings in sy lewe, deel sy insig oor pa-wees en wat vir hom en sy vrou, Colleen, werk in hulle huwelik van 40 jaar.

Stephan Joubert se artikel, “Wanneer die koronavirus amok maak, maak ons geloof die verskil”, is net die regte medisyne vir ons almal wat tuis ingekluister is, met vrae en onsekerheid wat deur ons gedagtes maal. Lees gerus ook Elza Meyer se bemoediging en geestelike insig oor ons beskouing van die koronavirus.

En terwyl ons nog op die onderwerp is, lees ook die insiggewende artikels, “ ’n Kontantlose wêreld weens virusvrees” en “Wat sê die Bybel oor (pandemiese) siektes?

Vind uit wat die pad vorentoe is vir die NG Kerk ná die beraad by die Moreletapark Gemeente.
Ons “Blokraai”, “Soek die Woord” en “Toets jou Bybelkennis” sal jou help om die ure te verwyl.

Geniet hierdie uitgawe propvol getuienisse en Skrif wat jou sal bemoedig!

 ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:

- Jesus Aan Die Stuur: Johan Stemmet
- Woefwyshede
- God Se Belofte Van Beskerming
- JUIG! Pitkos
- Toets Jou Bybelkennis
- 3 Basiese Redes Waarom Die Bybel Die Onfeilbare Woord Van God Is
- Blokraai
- Soek Die Woord 
- Is Jesus God?
- Bybelgenootskap Van Suid-Afrika
- Kan Ons Vir God Ken?
- Spreuke 16
- Hoe Die Apostels Gesterf Het
- Karakters Van Die Bybel – Romeinse Soldaat By Die Kruis
- Adopt-A-Sheep, Steun ’n Boer In Nood
- Wanneer Die Koronavirus Amok Maak: Stephan Joubert
- Nou Is Die Aangewese Tyd: Elza Meyer
- Drome Is Soos Legkaarte
- Johan Stemmet, So Eie Aan Afrikaans Soos Biltong En Beskuit
- Daniel du Toit – ’n Jong Evangelis Vuur En Vlam Vir Christus
- Sam Se Verhaal, Van Gevangenis Tot Evangelis
- ’n Lewende Voorbeeld Van Jesus Se Liefde Aan Die Jeug
- Vryheid – Wie Se Definisie Hang Ons Aan? (Deel III)
- Die 7 Kerke Van Openbaring – Pergamum
- ’n Anker Vir Kanker
- Nie Elkeen Wat Sê “Here, Here”, Sal Die Koninkryk Binnegaan Nie
- In Die Voetspore Van Jesus En Sy Dissipels
- Reis En Die Koronavirus – Gereelde Vrae
- Christenskap In Die Werkplek
- Woorde Van Wysheid
- Kanja Roep Uit Na Jesus – FEBA
- Geheime Gelowiges Tydens Ramadan Geïsoleer – Geopende Deure
- Wat Sê Die Bybel Oor (Pandemiese) Siektes?
- ’n Kontantlose Wêreld Weens Virusvrees
- Jou Kind Se Liefde Vir Die Bybel
- Die Spesiale Beraad Moreletapark Gemeente
- Vroue Wat My Laat Dink En My Inspireer: Karien Basson
- “Blinde Geloof” In Aksie
- Radio Tygerberg 104fm – Nuwe Stemme En ’n Kraakvars Programskedule!


April 2020

Geseënde Paasfees! In hierdie Paasuitgawe het ons ’n pragtige artikel oor die Hermanus Passiespel wat reeds die afgelope 23 jaar in Afrikaans aangebied word. 

Ons fokus ook op jou as ouer en die rol wat jy speel om jou geloof aan die volgende geslag oor te dra. Lees gerus die artikel, “Hoe om jou kind te leer bid”. Dit is propvol praktiese aktiwiteite en speletjies om jou kind op ’n prettige manier te leer wat gebed is en hoe om met God te praat. Lees ook Herman de Kock van Geloofstroom se artikel, “Jou huis vir kinderbediening” en ook die artikel, “Moet jy kinders geloof leer of dit net leef?”

Daar is twee getuienisse om jou te inspireer. Ilse Barlow getuig van haar stap van gehoorsaamheid om haar op 82 te laat doop en Alvin Michie vertel van ’n skrikwekkende dag toe hy in ’n rotsskeur afgeval en vasgesit het.

Van die meer aktuele en nuuswaardige artikels is:  “Sprinkaanplaag van Bybelse omvang bedreig Afrika met Hongersnood”, Onderstebo wêreld – Pous Francis ontmoedig evangelisasie; Kanye West verkondig die Evangelie” en “SEKSploitasie’ – sê nee vir CSE en ja vir FSE (Family Sex Education)

Ons hou jou op hoogte van Christen-nuus op die sendingveld sowel as internasionale sake wat betrekking het op ons Christenskap. 

Daar is iets vir elkeen in hierdie Paasuitgawe wat 16 Maart op die rakke sal wees. Lekker lees! 

 

 ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:

- Hoe Om Jou Kind Te Leer Bid

- Geloofstroom

- Drie Basiese Redes Waarom Jy Christus Moet Aanneem

- Simbole Vir Die Heilige Gees 

- Hermanus Passiespel

- Moet Jy Jou Kinders Oor Geloof Leer, Of Dit Net Leef?

- Vryheid – Wie Se Definisie Hang Ons Aan? (Deel II)

- Christenskap In Die Werkplek

- Woorde Van Wysheid

- Die Noodsaaklikheid Van Slaap

- God Praat In Drome

- Sprinkaanplaag Van Bybelse Omvang

- Onderstebo Wêreld

- ‘Seksploitasie’

- MercyMe – Liedjies Om Jouself Mee Te Vereenselwig

- Woema Vir Die Dag

- Leer God Ken

- Spreuke 15 – Die Lewenspad Van Die Regverdige

- Die Sewe Kerke Van Openbaring (Smirna)

- Karakters Van Die Bybel – Marta en Maria 

- God Beweeg In Brasilië

- Van Toeka Tot Nou  – Harvesters Ministries

- Ilse Barlow: My Stap Van Gehoorsaamheid

- Vasgeknel – Hoe God My Lewe Wonderbaarlik Gered Het

- Van Bendelid Tot Agent Vir Positiewe Verandering – gold

- God Antwoord Gebede In Burkina Faso – Geopende Deure

- Hoop Ken Geen Grense – TWR

- Slegs Deur Die Werk Van Die Heilige Gees: Werner Joubert

- Doelwitte, Tree Uit Jou Gemaksone: Ellenore Meyer

- JUIG! Pitkos

-      Vra Jou Vrae: Val Waldeck

- Blokkiesraai

- Soek Die Woord

-          Bybelvasvra


Februarie – Maart 2020

Op ons voorblad pryk drie manne wat nie net almal aan Survivor SA deelgeneem het nie, maar ook voluit vir Jesus leef en hulle talente vir Sy Koninkryk inspan. Lees gerus hoe Corné Krige, Werner Joubert en Rocco van Rooyen die platform wat bekendheid hulle bied, gebruik om die kerk na die wêreld te neem. 

Ons raak ook aan ’n paar omstrede onderwerpe en wil graag ons lesers se mening oor die volgende  artikels hoor: ‘Is SA vervloek oor die regering se besluit oor Israel’, ‘Moet Christene Donald Trump ondersteun?’ en ‘Die Stryd vir ons jeug – Waarom die skepping steeds van belang is.’ 

Lees ook RoepTV se onderhoud met Abby Johnson oor wie se lewe die rolprent, Uplanned, gaan. Sy was voorheen die direkteur van ’n aborsiekliniek, maar nadat sy op ’n skerm tydens ’n aborsie gesien het wat met die ongebore baba gebeur, is sy nou ’n vurige kampvegter teen aborsie. 

En vir dié wat dalk nog nie ’n liefdesmaat het nie en met Valentynsdag om die draai, is daar ’n bemoedigende getuienis van iemand wat haar man eers laat in haar lewe ontmoet het. Sy deel vyf lewenslesse wat sy geleer het – onder meer: Jy is genoeg net soos jy is!

Bly op hoogte van Christelike nuus en behou ’n Bybelse wêreldbeskouing op aktuele sake.

Lekker lees!  

ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:

  • - Bybelvasvra
  • - Blokkiesraai
  • - Soek Die Woord 
  • - God Genees Twee Siek Skape
  • - Gee 2020 Vir God: Karien Basson
  • - Liefde Verg Soms Ongemaklike Gesprekke: Tanya Powell
  • - Vroue Van Geloof
  • - Ontdek Liefde In Al Sy Gewade
  • - Spreuke 14 
  • - Survivor – Ons Talent Tot Beskikking Van God
  • - ‘Unplanned’ – Wat Is Die Waarheid Oor Aborsie
  • - In Samewerking Met Skole Om Gemeenskappe Te Transformeer – VitaAmp
  • - Geseënd Is Die Naïewes Wat Vir Die Waarheid Leef Terwyl Almal Daaroor Veg: Stephan Joubert
  • - God Vs. Mens: Elza Meyer
  • - Die Stryd Vir Ons Jeug – Waarom Die Skepping Steeds Van Belang Is
  • - Ons Oortuigings Oor Die Skepping – Hoe Beïnvloed Dit Die Res Van Die Teologie
  • - Vryheid – Wie Se Definisie Hang Ons Aan?
  • - Die Onsigbare Oorlog – CfaN
  • - Die 7 Kerke Van Openbaring – Efese
  • - Karakters Van Die Bybel – Nehemia
  • - Vervolging Van Christene Styg In Afrika – Geopende Deure
  • - Voorheen ’n Weduwee, Nou ’n Bruid Van Christus – FEBA
  • - 1 001 Christelike Pakistanse Gesinne Van Skuldslawerny by Steenoonde Bevry – Barnabas Fund
  • - Christenskap In Die Werkplek
  • - Woorde Van Wysheid
  • - Stap Deur Die Bybel In Israel
  • - Is Ons Vervloek Weens Ons Regering Se Besluit Oor Israel?
  • - Prins Harry & Meghan … en Soveel Christene Laat Vaar Hul Koninklike Verpligting Vir Eiebelang
  • - Donald Trump – Moet Christene Hom Ondersteun?