Ons wens al ons JUIG!-lesers ’n geseënde Kersfees toe. Mag dit voorwaar ’n Christus-fees wees. Geniet gerus ons Kersartikels, “Leer jou kinders van ware Christenskap” en “Elke knie sal buig voor die Koning van die konings”.
Lees ook “’n Dokter se ervaring in die voorste linie gedurende die COVID-pandemie” asook Phil Minnaar se getuienis oor sy ervaring in die hospitaal nadat hy COVID opgedoen het, “’n Kykie in die nagmerrie van ICU-psigose”. Dit bied ’n nuwe hoek op mense se ervarings en help ons om met insig vir dié te bid wat deur COVID geraak word.
As jy wonder wat die verskil tussen gerubs, serafs en lewende wesens is, lees gerus ons artikel, “Veertien Bybelse feite oor engele”.
Ons het weer eens ’n heerlike skeppingsartikel vir kinders (en volwassenes) propvol interessante feite oor vlinders – het jy byvoorbeeld geweet dat daar kannibalistiese vlinders is! Moet ook nie ons gospelsangkompetisie misloop wat ons in samewerking met Kruiskyktv, Crossplus TV en Patmos Ateljee aanbied nie (kyk op bl. 64 in die tydskrif vir meer inligting).
Bly op hoogte van sake met Christen-nuus en sendingsake. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Leer Jou Kinders Van Ware Christenskap
- Nuus
- Skole Onder Druk Om CSE-Inhoud Te Gebruik
- Woorde Van Wysheid
- Kommentaar Oor Filippense
- Kan Jy ’n Gelowige Wees, Sonder Om ’n Dissipel Te Wees?
- Christenskap In Die Werkplek
- Die APA En Die Wyse Weste
- Duur Liefde
- Elke Knie Sal Buig Voor Die Koning Van Konings
- Leer Jou Kinders Van Ware Christenskap
- Veertien Bybelse Feite Oor Engele
- Fleurige Vlinders
- Vertel Vir Jou Kind Ware Mense Se Verhale Uit Die Bybel
- Die Stille Tragedie Wat Vandag Se Kinders Beïnvloed
- Sal Bitcoin Die Eenwêreldgeldeenheid Van Die Eindtyd Wees?
- Vroue In Die Voorgeslagte Van Jesus
- ’n Vader-En-Seun-Reis Na Bybelse Manwees
- Vier Kersfees Saam Met Die Kinders Van Die Vervolgde Kerk – Geopende Deure
- Is Jy Seker Jy Is Gered?
- ’n Dokter Se Ervaring In Die Voorste Linie Tydens Die COVID-Pandemie
- ’n Kykie In Die Nagmerrie Van ICU-Psigose
- Herstel Van Kanker, My Nuwe Begin
- FEBA Malawi Is Goed Op Dreef Onder Goeie Leiding
- Dertig Evangelie-Veldtogte In Vyf Dae – CfaN
- Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie de Lange
- Dankbaarheid: Lourieke Haller
- Kalahari-Inspirasie: HJ Cronjé
- Hier Is Ek, Stuur My: Julita Kok
- Die Lot Van Verwaarloosde Diere: Hermien Van Den Bergh
- Geloof Wat Werk: Phillip Pretorius
- Die Skepping Vertel Van Die Skepper: Isak Burger
- Redakteursbrief
- Woefwyshede
- Briewe
- Blokraai
- Bybelvasvra
- Soek Die Woord
- Vra Jou Vrae
- Toeka Se Dae
- Ek Weet Dit Was U, Here