Desember 2024

Die Desember-uitgawe van JUIG! Tydskrif is nou beskikbaar!

Die Kersfees-uitgawe van JUIG! is die perfekte manier om jou geloof in hierdie feestyd te verdiep! Ons voorbladartikel, Wie is Jesus Christus van Nasaret?, delf in die ware identiteit van die Verlosser wie se geboorte ons vier. Sint Nikolaas se storie werp lig op die ware geskiedenis agter ‘Kersvader’, terwyl ons jou inspireer om Kersfees met betekenis te vier, ondanks die geraas van die wêreld.

Ons kyk na waarom ons Geloftedag vier en onthou wat by die Slag van Bloedrivier gebeur het. NASA-ruimtevaarder Barry Wilmore deel hoe sy ervarings in die ruimte sy siening van die Bybel bevestig. Verder bied ons insigte oor hoe om ’n Bybelse wêreldbeskouing te vestig, waarom Teologie saak maak en hoe om ’n diensbare Desember te beleef. Geniet ook ’n oorsig van die Christendom in Botswana en pragtige feeskos-idees vir hierdie feestyd.

Soos altyd is daar ook jou gunsteling-pretbladsye, Bybelvasvrae, en inspirerende lesergetuienisse – alles met die doel om jou hart en denke nader aan Christus te bring. Moenie hierdie spesiale Kers-uitgawe misloop nie, kry jou kopie vandag by jou naaste winkel!

Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en kry 'n GRATIS geskenk!

VOORBLADARTIKEL:
– Wie Is Jesus Christus Van Nasaret?

NUUS:
– Wie’s In Die Nuus?
– Nuus

ARTIKELS:
– Sint Nikolaas: Die Ware Verhaal Agter ‘Kersvader’
– Kersfees-Kritici: Vier Die Verlosser Se Geboorte, Ongeag Die ‘Geraas’
– Die Christendom In Die Wêreld: Botswana
– Eenvoudige En Pragtige Feestelike Kosidees
– Nuwe Lof: In My Taal
– Golwe Van Genade
– ‘Wat ek in die Ruimte gesien het bevestig die Bybel’
– By Jesus Se Voete: Is Maria-Wees In ’n Marta-Lewe Moontlik?
– Waarom Teologie Saak Maak
– Vestig ’n Bybelse Wêreldbeskouing
–’n Diensbare Desember
– Wanneer Is Dit Gepas Vir Christene Om Van Mekaar Te Verskil?
– Geloftedag En Die Slag Van Bloedrivier

REEKSE:
– Het Jy Geweet?
– Karakters Van Die Bybel: Zecharias & Elizabeth
– Vaardighede: Waarom Is Dit So Moeilik Om Mense Te Verstaan?

SENDING EN GETUIENISSE:
– Dankie, Here, Ek Weet Dit Was U
– Onder ’n Oop Hemel – CfaN
– Vreugde Gedurende Die Kerstyd – Geopende Deure
– God Praat Chikunda – The Word For The World
– Hemelse Skatte – Nathaniel Isaacs
– Geloof Getoets Met Vuur – Gail Dyssel

RUBRIEKE:
– Redakteursbrief – Mylpale Merk Jou Geestelike Reis
– Tieners En Hulle Geloof – Herman De Kock
– 3 Punte Om Oor Na Te Dink: Kersfees
– Bewaar jou denke, en bewaar jou lewe – Rudi Briel

GEREELD:
– Vra Val – Bybelse Antwoorde Op Moeilike Vrae
– Soek Die Woord
– Toets Jou Bybelkennis
– Blokraai
– Inkleurpret
– Gebed Vir Bekering
– Briewe Aan Die Redaktrise

Desember uitgawe nou te koop!


November 2024

Die November-uitgawe van JUIG! Tydskrif is nou beskikbaar!

Die nuutste uitgawe van JUIG! is propvol inspirasie en geloof! In ons voorbladartikel vertel Lindie Strydom hoe sy in oorvloed en met oorgawe leef, en ons gesels met Alwyn Uys oor sy ongelooflike reis van uithouvermoë en geloof. Verken die groeiende impak van Christendom in Hongarye, vyf lesse van ouma en oupa en kry jou huis en hart gereed vir ’n betekenisvolle Desember.

Ons kyk na vrae en antwoorde oor die Heilige Gees en drie punte om oor na te dink wanneer rusteloosheid dreig om jou vrede te steel. Ondersoek die reise van die 12 apostels en leer wat dit beteken om terug te val in geloof. Word bemoedig deur inspirerende getuienisse, soos God se stem in drome en wonderwerke wat lewens verander. Jy wil ook nie ons gewilde “Het jy geweet?”, blokkiesraaisels, inkleurkompetisie en pretaktiwiteite misloop nie!

Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en kry 'n GRATIS geskenk!

VOORBLADARTIKEL:
Lindie Strydom: Lewe In Oorvloed Met Oorgawe

NUUS:
– Wie’s In Die Nuus?
– Nuus

ARTIKELS:
– Die Christendom In Die Wêreld: Hongarye
– Ledemate Van Lig
– Onderhoud met Alwyn Uys
– Vrae & Antwoorde Oor Die Heilige Gees
– Wat Beteken Handelinge 3:6?
– Wat Beteken Dit Om Terug Te Val?
– Infografika: Onbereikte Nasies
– Berei Jou Huis En Hart Voor Vir ’n Betekenisvolle Desember – Jean Symons
– Die Kern Van Goddelike Liefde In Ons Daaglike Lewe – E.H. J. van Rensburg
– Die Bediening Van Derek Prince
– 5 Lesse Van Grootouers – Bobby Cooley
– Die Reise Van Die 12 Apostles – Peter Hammond
– Die Mantisgarnaal – Ray Comfort

REEKSE:
– Het Jy Geweet?
– Karakters van die Bybel: Nebukadnesar & Belsasar
– Die ABC Van Herbelyning: Deel 2 – Dr Mario Denton

SENDING EN GETUIENISSE:
– Die Onbekostigbare Reddingsboei
– Dankie, Here, Ek Weet Dit Was U
– God Se Stem In Drome – Elmarie Strydom
– Moslem Draai Na Jesus Na Wonderbaarlike Genesing – FEBA
– ’n Ontploffing Van Wonderwerke – CfaN
– Hoopvol Ondanks Wrede Vervolging – Geopende Deure
– Ons Reis Met Outisme – Odile Swartz

RUBRIEKE:
– Redakteursbrief – Gebruik Jy Jou Swaard?
– Verag Nie Die Dag Van Klein Dinge Nie – Rudi Briel
– 3 Punte Om Oor Na Te Dink: Rusteloosheid
– Dagstukkie – Maretha Maartens
– Tieners En Hulle Geloof – Herman De Kock

GEREELD:
– Briewe Aan Die Redaktrise
– Soek Die Woord
– Toets Jou Bybelkennis
– Blokraai
– Vra Val – Bybelse Antwoorde Op Moeilike Vrae
– Gebed Vir Bekering
– Inkleurpret


Oktober 2024

Die Oktober-uitgawe van JUIG! Tydskrif is nou beskikbaar!

Oktobermaand se JUIG! Tydskrif is propvol insiggewende, inspirerende artikels en praktiese wenke –  ’n uitgawe wat jy nie wil misloop nie! Hoezit Samelewing se skreeusnaakse Francois Boyce deel die hart agter sy humor en die ontstaan van sy platform, waarop hy daagliks vreugde en hoop aan duisende Suid-Afrikaners bring. Rolene Strauss gesels oor geloof, familie en lewensdoel, en ons kyk na die geestelike ervaring van mense met demensie.

Ontdek 6 dinge wat ouers oor KI (kunsmatige intelligensie) moet weet, asook 'n Bybelse perspektief op stres en hoe ons dit kan hanteer. Verken Dawid se rol in die Bybel en bestudeer Jesus se gelykenis van die verstandige en dwase bouers. Ander waardevolle inhoud sluit in praktiese wenke om swendelary te verhoed, die groeiende Christendom in die Filippyne, en ’n eksklusiewe onderhoud met We Are Messengers se Darren Mulligan. Daar is iets vir elke leser, met talle getuienisse en opbouende kort pitkosartikels vir die maand. Soos altyd is daar ook pretbladsye propvol Bybelkennis, -raaisels, en ons inkleurkompetisie – alles vir jou om te geniet!

Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en kry 'n GRATIS geskenk!

Artikels in hierdie uitgawe:

VOORBLADARTIKEL:
– Hoezit Samelewing Se Francois Boyce: Jou Daaglikse Dosis Van Humor En Hoop

NUUS:
– Wie’s In Die Nuus?
– Nuus

ARTIKELS:
– Die Morpho-Skoenlapper – Ray Comfort
– Die Christendom In Die Wêreld: Die Filippyne
– Musa Jakuja: Van stemloos na vreesloos
–  Die Beste Sjokoladekoekieresep Ooit
– Sout – Henry Pike
– As Berge Versit Moet Word – Willem Badenhorst
– Swendelaars: Die Era Van Misleiding – Pearl Kupe
– Wenke Om Swendelary Te Verhoed
– Lees Jou Bybel – Justine Pike
– 6 Dinge Wat Jy Oor KI Moet Weet
– Onderhoud Met “We Are Messengers” Se Darren Mulligan
– Asemrowende Aftrede – Elsabe Aldrich
– Wat Is Die Evangelies In Die Bybel?
– Wie Was Die 12 Dissipels?
– Die Geskenk Binne Jou – Jean Symons
– Onderhoud Met Rolene Strauss Oor Geloof, Familie & Lewensdoel
– Wat Sê Die Bybel Oor Stres?
– Die Godsdiensbelewing Van ’n Persoon Met Demensie
– Siloam Kerk: 'n Nuwe Seisoen In Carletonville

REEKSE:
– Het Jy Geweet?
– Die Gelykenisse Van Jesus: Die Verstandige En Dwase Bouers
– Karakters Van Die Bybel: Dawid
– Die ABC Van Herbelyning: Deel 2 – Dr Mario Denton

SENDING EN GETUIENISSE:
– Dankie, Here, Ek Weet Dit Was U
– Jesus Praat My Taal
– Saamstaan In Geloof Ondanks Ontworteling – Geopende Deure SA
– Ploeg Die Grond – Cfan
– Outofagie: Ontsluit God Se Genesing Deur Te Vas

RUBRIEKE:
– Redakteursbrief – God Se Leiding: Die Grondslag Van Ware Sukses
– 3 Punte Om Oor Na Te Dink: Gebed
– Drie Maniere om te kyk – Rudi Briel
– Tieners En Hulle Geloof – Herman De Kock
–  Kom Ons Praat Besigheid – Miskyah Toth

GEREELD:
– Briewe Aan Die Redaktrise
– Soek Die Woord
– Toets Jou Bybelkennis
– Blokraai
– Inkleurpret
– Vra Val – Bybelse Antwoorde Op Moeilike Vrae
– Gebed Vir Bekering
– Dankie Dominee


September 2024

Die September-uitgawe van JUIG! Tydskrif is nou beskikbaar!

Die nuwe uitgawe van JUIG! Tydskrif neem lesers op ’n heerlike geestelike reis deur ’n verskeidenheid artikels wat lesers oud en jonk sal geniet. Die voorbladartikel gesels met David en Chanelle Grobler, die dinamiese pastoorspaar agter Unite180. Hulle vertel hoe hulle kerk deur die COVID-19-pandemie gegroei het en bied insig in hul unieke benadering tot jongmensbediening.

Verder bied hierdie uitgawe ook insig op die transformerende krag van nederigheid en waarsku oor twee soorte valse bekerings waarvoor ons moet uitkyk. Lesers word uitgedaag met ’n nadenkende bespreking oor eindtyd-apatie en die wag op Jesus se wederkoms, en aangemoedig om na uitnemendheid te streef. Leer meer oor die Jesus se gelykenis van die bruilofsfees en ook die krag en betekenis van die nagmaal. Daar is ook persoonlike getuienisse van God se wonderwerke en verslag oor die verlossing en herlewing wat in Uganda plaasvind.

Die JUIG! September-uitgawe sal jou geloof sal versterk, jou denke uitdaag, en jou aanspoor om nader aan God te leef. Soos altyd is daar ook bladsye vol vermaaklike raaisels en inkleurpret. Moet dit nie misloop nie!

Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en kry 'n GRATIS geskenk!

Artikels in hierdie uitgawe:

Voorbladartikel:
– David En Chanelle Grobler: Die Pastoorspaar Met ’n Brandende Passie Vir Jesus En Jongmense

Nuus:
– Afrikaans Kraai Koning
– Wie’s In Die Nuus?
– Nuus
– Christene Veg Vir Die Geloof Ná Olimpiese Bespotting

Artikels:
– ‘n Kykie Agter Die Luggolwe
– Die Transformerende Krag Van Nederigheid
– Eindtyd-Apatie... Wanneer Gaan Jesus Terugkeer?
– Twee Soorte Valse Bekerings Om Voor Uit Te Kyk
– Wat Doen Jy?
– Nagmaal: Meer As Net ’n Ritueel
– Die Christendom In Die Wêreld: Mauritius
– ‘Welkom By Ons Kerk In Mauritius!’ – CTMI
– Streef Na Uitnemendheid
– Die Verhaal Van Die Twee Mossies Op Die 1 Sent-Muntstuk
– Die Vreugde Van Samesyn

Reekse:
– Het Jy Geweet?
– Karakters Van Die Bybel: Hagar & Ishmael
– Die Gelykenisse Van Jesus: Die Bruilofsfees
– Die ABC Van Herbelyning – Dr Mario Denton

Sending En Getuienisse:
– Dankie, Here, Ek Weet Dit Was U
– Oorlog Van Die Gode In Taiwan
– Verlossing En Herlewing In Uganda
– Karlien Van Der Merwe: My Wonderwerkstorie

Rubrieke:
– Redakteursbrief – Tekens Van God Se Teenwoordigheid
– Kom Ons Praat Besigheid – Miskyah Toth
– 3 Punte Om Oor Na Te Dink: Die Verdediging Van Christenskap
– Maak Jouself Los Van Die Verlede  – Rudi Briel
– Tieners En Hulle Geloof – Herman De Kock

Gereeld:
– Briewe Aan Die Redaktrise
– Soek Die Woord
– Toets Jou Bybelkennis
– Blokraai
– Inkleurpret
– Vra Val – Bybelse Antwoorde Op Moeilike Vrae
– Gebed Vir Bekering


Augustus 2024

JUIG! Augustus-uitgawe

Die opwindende nuutste uitgawe van JUIG! Tydskrif bied lesers 'n rykdom van inspirerende en insiggewende artikels. Die voorbladartikel vertel Nicky Lonte se verhaal van geloof en hoop in die stryd teen borskanker. Vele ander persoonlike getuienisse, soos Nick du Toit se ontmoeting met Jesus en Julita Kok se “God-oomblikke” in Zambië, sal lesers se hartsnare roer. Hierdie uitgawe bied ook insig op aktuele sake soos die vinnige groei van die Chinese kerk in die VK. Dit bespreek hoe Christenskap anders is as ander gelowe, waarom gebed saak maak, en hoe om op God te vertrou as jy hopeloos voel.

 Lesers word uitgedaag uit om die kritiese kwessies wat Christene vandag in die gesig staar, te oorweeg. Leer meer oor die rol van Sara in die Bybel, en Jesus se gelykenis van die skape en die bokke. Ander artikels sluit in inspirerende verhale soos Reinhard Bonnke se goddelike ontmoeting en Miskyah Toth se vasberadeheid en onwrikbare geloof in God se plan vir haar lewe. En dit is nie al nie! Soos altyd is daar ook pretbladsye propvol Bybelkennis, -raaisels, en ons inkleurkompetisie – alles vir jou om te geniet. Daar is ’n ietsie vir elkeen met talle opbouende kort pitkosartikels vir die maand.

Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en kry 'n GRATIS geskenk!

Artikels in hierdie uitgawe:

VOORBLADARTIKEL:
– Nicky Lonte: God Se Pêrels

NUUS:
– Wie’s In Die Nuus?
– Chinese Kerk Is Die Vinnigste Groeiende Kerk In Die VK
– Nuus

ARTIKELS:
– Goddelike Ontmoeting ­– Reinhard Bonnke
– Kaapse Kansel: Die Gawe Van Hoop
– 7 Leuens Wat Jou Kind Se Foon Haar Vertel
– Die Wêreld Se Tyd Loop Uit – Jan Markell
– Christene Swem Teen Die Stroom... Die Wêreld Het Sy Doel Verloor!
– Jesus, Ons Voorsiener – Johan Schoonraad
– Alle Gelowe Is Mos Maar Dieselfde?! – Schalk Strauss
– Kerk & Kultuur: Die Verweefde Tapisserie Van Geloof
– Hopeloos? Vertrou Op God! – Jean Symons
– Die Volstruis: ’n Herinnering Aan Die Skepping En Die Sondeval
– Gebed Maak Saak! – Daniel Kolenda
– Jou Kanaal Om Israel Te Troos – ICEJ 

REEKSE:
– Het Jy Geweet?
– Die Gelykenisse Van Jesus: Die Skape En Die Bokke
– Karakters Van Die Bybel: Sara

SENDING EN GETUIENISSE:
– Dankie, Here, Ek Weet Dit Was U
– Julita Verken – Julita Kok
– “Jesus Het Persoonlik Vir My Gebid” – Nick du Toit Se Getuienis
– Vind Lig In Duisternis: Die Geloofsreis Van Miskyah Toth
– Duisende In Afrika Ontheem Omdat Hulle Jesus Volg

GEREELD:
– Briewe Aan Die Redaktrise
– Soek Die Woord
– Toets Jou Bybelkennis
– Blokraai
– Inkleurpret
– Vra Val – Bybelse Antwoorde Op Moeilike Vrae
– Gebed Vir Bekering

RUBRIEKE:
– Redakteursbrief – Is Jy Gereed?
– Dagstukkie – Maretha Maartens
– Tieners En Hulle Geloof – Herman De Kock
– Bid Vir Jou Pastoor
– Wanneer God Mense Optel Wat Laat Val Is – Rudi Briel
– Is Optimisme 'n Karaktereienskap In Jou Lewe? – Mario Denton


Julie 2024

JUIG! Julie-uitgawe
Hierdie uitgawe is weereens propvol insiggewende artikels en temas wat jou geloof sal versterk. Ons gesels met Muller Du Plessis, bekende rugbyspeler en uitgesproke Christen. Hy vertel hoe God eerste bly in sy lewe, selfs ná 'n besering wat hom vir maande van die veld af gehou het. Daar is ook artikels wat insig bied in relevante kwessies soos kulturele Christenskap, en die vraag of mense met intellektuele gestremdhede hemel toe gaan.

Verken die Saligsprekinge, vind uit wat die Bybel oor dinosourusse sê, en ontdek hoe Unite180 ‘n verskil maak in gemeenskappe. Leer meer oor die gelykenis van die weduwee en die onregverdige regter, en word bemoedig deur getuienisse soos ‘118 Uur Onder Beton Vasgepen’ en die inspirerende reis van moed oor 900 km. Die nuusafdeling hou jou op hoogte met belangrike gebeure en figure, en soos altyd is daar lekker aktiwiteite soos blokraaie, Bybelvasvrae, en inkleurpret. Elke bladsy is gevul met inhoud wat jou sal inspireer en toerus om in hierdie wêreld as die lig van Christus te leef.

Artikels in hierdie uitgawe: 

VOORBLADARTIKEL:
– Muller Du Plessis – ‘God Eerste In My Lewe’

 NUUS:
– Wie’s In Die Nuus?
– Nuus

ARTIKELS:
– Kaapse Kansel Vier God Se Grootheid By Die Suidoosterfees
– Richard Dawkins Beweer Hy Is ’n Kulturele Christen
– Christenskap
– Die Saligsprekinge
– Gaan Mense Wat Intellektueel Gestremd Is Hemel Toe?
– Hoe Weet Ons Die Bybel Is God Se Woord?
– Unite180, Doeltreffende Kerk & Gemeenskap
– Is Jou Kerk Die Hande En Voete Van Jesus In Die Gemeenskap?
– Wat sê Die Bybel Oor Dinosourusse?
– Diere Wat Mekaar Help?

REEKSE:
– Het Jy Geweet?
– Christendom In Die Wêreld: Tropiese Stille Oseaan-Eilande
– Van Die Bybel: Die Tronkbewaarder Van Filippi
– Die Gelykenisse Van Jesus: Die Weduwee En Die Onregverdige Regter

SENDING EN GETUIENISSE:
– 118 Uur Onder Beton Vasgepen
–’n Reis Van 900 Km Begin Met Een Tree Van Moed
– Oesseisoen – CfaN
– Uitsending Van Lewe Na ’n Sendelingbegraafplaas – FEBA

RUBRIEKE:
– Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
– Tieners En Hulle Geloof: Herman De Kock
– Die Onberekenbare Skade Van Owerspel: Rudi Briel
–’n Man Soos My Pa: Willem Badenhorst
– Presies Waarvan Is Ons Verlos? Elza Meyer
– Sy Meetsnoer Val In Lieflike Plekke: Lourieke Haller
– Ontrommel Jou Denke: Mario Denton
– Kom Tot Stilstand En Besin: Jean Symons 

GEREELD:
– Redakteursbrief
– Briewe
– Inkleurpret
– Blokraai
– Bybelvasvra
– Soek Die Woord
– Ontsyfer Die Kode
– Vra Jou Vrae
– Ek Weet Dit Was U, Here


Junie 2024

JUIG! Junie-uitgawe

Betree ’n wêreld van inspirasie, kennis en kreatiwiteit met ons nuutste tydskrifuitgawe! Elke maand stel ons spesiaal vir jou ’n versameling boeiende artikels, pragtige illustrasies en inhoud saam wat stof tot nadenke bied. Lees Werner Strydom se inspirerende getuienis, iemand wat as kind ’n ernstige spraakgebrek gehad het en vandag ’n stem geword het om die herlewingsvure in harte aan te steek.

Ds. Elza Meyer daag ons uit om soos Jesus te dink en van vasgeval na vrygestel te beweeg! Het jy al ooit gewonder hoe die embrio in ’n eier dan suurstof kry of waar gekleurde voëleiers se kleur vandaan kom? In ons skeppingsartikel ondersoek ons die geheimenisse van die skepping se perfekte verpakking  – die eier! Neem ’n oomblik om te lees oor Bybelkarakters se worsteling met die einste waarom-vrae waarmee jy dalk worstel en put moed en insig uit die artikel, “Die vreeslike tyd van waarom-vrae” vir jou eie geloofsreis.

En dit is nie al nie! Brei jou kennis uit met ons nuutste nuus- en sendingartikels en moenie vergeet om ’n bietjie tyd in te ruim vir ons pretbladsye propvol Bybelkennis, -raaisels, en ons inkleurkompetisie nie – alles vir jou om te geniet.

Daar is ’n ietsie vir elkeen met talle opbouende kort pitkosartikels vir die maand. Kry gerus vandag jou nuwe JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!

–  Werner En Shantél Strydom – ‘Wees Die Herlewing Wat Die Wêreld So Nodig Het!’
–  Nuus
–  Wie’s In Die Nuus?
–  Verkiesing: Gebede Vir Die OVK
–  JUIG! Interessante Feite En Inligting
–  Weet Jy Wie Koning Dawid Se Ma Was?
–  Die Opstanding: Die Spil Waarom Die Hele Evangelie Draai
–  Voorspoed In Tye Van Onstuimigheid
–  Bestaan Die Hel Werklik?
–  Paradigmaskuif
–  Wees Dapper In Jou Roeping
–  Geanker In Geloof
–  Die Eier
–  Dink, Praat En Maak Soos Jesus
–  Het Jy Geweet?
–  Die Christendom In Die Wêreld: Nederland
–  Karakters Van Die Bybel: Titus
–  Die Gelykenisse Van Jesus: Die Goddelose Huurders
–   ‘Jy Sal Nie Glo Wat Met Ons Oes Gebeur Het Nie!’
–  Oorwinning Tree Vir Tree Saam Met Jesus
–  ‘My Besoek Aan Die Gasa-Grens’
–  Gaan En Preek! – CfaN
–  Wonderwerke Te Midde Van Gewelddadige Vervolging – Geopende Deure
–  Die Vreeslike Tyd Van Waarom-Vrae: Maretha Maartens
–  Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
–  Tieners En Hulle Geloof:
–  Herman De Kock
–  Dink Soos Jesus: Elza Meyer
–  Sewe Seisoene Van ’n Man: Rudi Briel
–  Onvervuld By Die Werk Vs. ’n Onmisbare Werknemer: Mario Denton
–  Redakteursbrief
–  Briewe
–  Inkleurpret
–  Blokraai
–  Bybelvasvra
–  Soek Die Woord
–  Ontsyfer Die Kode
–  Vra Jou Vrae
–  Ek Weet Dit Was U, Here
–  Dankie Dominee


Mei 2024

JUIG! Mei-uitgawe

Kom kuier heerlik saam met ons in hierdie Mei-uitgawe. Ons gesels met die vrolike Lynette Beer en vind ’n bietjie uit wie die volkleurmens agter die sielkunde is. Dr. Caroline Leaf help ons om van gedagte (denke) te verander en dr. Richard Blackaby deel sy insigte hoe om die lewe se storms te trotseer. Ontdek die verstommende feite oor die helderkleurige toekans, neem deel aan ons inkleurkompetisie en moenie vergeet om ’n tyd in te ruim vir ons pretbladsye propvol Bybelkennis en raaisels nie – alles vir jou om te geniet.

Lees gerus die aktuele artikels, “Kerklos, kerkloos, goddeloos”, “Hoekom die huwelik saak maak” en “Is jy besig om uit te brand?” En dit is nie al nie! Brei jou kennis uit met ons nuutste nuus- en sendingartikels – kyk veral na ons Kiesersgids om te sien watter partye se waardes strook met joune.

Daar is ’n ietsie vir elkeen met talle opbouende kort pitkosartikels vir die maand. Kry gerus vandag jou nuwe JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!

Lynette Beer – Kleurvolle Koningskind!
Nuus
Wie’s In Die Nuus?
Bybelse Kiesersgids
– ‘Saterag Samesyn’ Kry ’n Nuwe Stem!
Trotseer Die Lewe Se Storms
– Wat Gebeur As Ons Sterf?
Tien Maniere Hoe Die Christendom Die Wêreld Gevorm Het
Kerklos, Kerkloos, Goddeloos
– Kategismusse Vir Die Onderrig Van God Se Woord
Die Apostoliese Geloofsbelydenis
Die Onse Vader
Die Tien Gebooie
Dr. Caroline Leaf: Transformering En Hernuwing Van Denke
Hoe Om Van Gedagte Te Verander
Die Waarde Van ’n Drukkie
Hoekom Die Huwelik Saak Maak
Die Toekan Kan!
Het Jy Geweet?
Die Christendom In Die Wêreld: Brasilië
Karakters Van Die Bybel: Kain En Abel
Die Gelykenisse Van Jesus: Die Talente
FEBA Se Heartline Radio: Indonesië Se Invloedrykste Christen-Radiostasie
Verlos Van Vervolging In Indië – Geopende Deure
Gee ’n Jaar Lank Vir Die Evangelie – CfaN
Skoonheid Uit Die As
Tieners En Hulle Geloof: Herman De Kock
Die Uitstorting Van Die Heilige Gees: Rudi Briel
Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
Is Jy Besig Om Uit Te Brand? Mario Denton
Redakteursbrief
Briewe
Dankie Dominee


April 2024

JUIG! April-uitgawe

Kom op ’n ontdekkingsreis saam met ons in hierdie April-uitgawe van JUIG! Tydskrif! Vandeesmaand roep ons jubelend saam met Christene wêreldwyd uit: “Jesus leef!” Ons nooi jou om die triomfantelike oorwinning van die opgestane Christus saam met ons te verken. Ontdek die geheimenisse van jellievisse — wonderlike diere sonder ’n hart, skelet, oë of ’n brein en tog is hulle uiters doeltreffende roofdiere! Ons ondersoek ook die aktuele uitdagings wat Christene vandag moet trotseer. Ons kyk na ’n waterskeidingsaak oor vryheid van spraak met ’n NWU-student wat opgestaan het vir Christen-waardes, ons bespreek die korrupsiekrisis in Suid-Afrika en vra hoekom Israel belangrik is. ’n Akademikus en wetenskaplike getuig van haar reis van evolusionisme na erkenning van God se Woord as die waarheid en rigsnoer.

En dit is nie al nie! Brei jou kennis uit met ons nuutste nuus- en sendingartikels en moenie vergeet om ’n bietjie tyd in te ruim vir ons pretbladsye propvol Bybelkennis, -raaisels, en ons inkleurkompetisie nie – alles vir jou om te geniet.

Daar is ’n ietsie vir elkeen met talle opbouende kort pitkosartikels vir die maand. Kry gerus vandag jou nuwe JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!

–  Hy Leef!
–  Nuus
–  Kaapse Kansel Hier Om Te Bly
–  Christene En Die Stryd Om Vryheid Van Spraak
–  Die Korrupsiekrisis
–  Die Christendom In Die Wêreld: Japan
–  God Se Oordeel: Tekens Van Die Here?
–  Hoe Leer Ma’s Hul Dogters Om Goeie Vroue Te Wees?
–  Hoekom Is Israel Belangrik?
–  Onkunde Oor Jode En Die Kerkgeskiedenis
–  Veertig Jaar Se Ontsluiting Van Potensiaal En Inspirasie Vir Leerders
–  Verbeter Jou Bloedsirkulasie
–  Het Jy Geweet?
–  Karakters Van Die Bybel: Judas Iskariot
–  Die Gelykenisse Van Jesus: Die Onvergewensgesinde Dienaar
–  Die Ongelooflike Verhaal Van ’n Familie Se Bybel
–  Afrika Sal Gered Word – CfaN
–  Van Akademiese Evolusionis Na Geesvervulde, Geredde Wetenskaplike
–  Vlugtend Van Skare In Dodelike Nag Van Vrees – Geopende Deure
–  Jellievisse Gee Evolusieteorie ’n Kopseer
–  Vier Maniere Waarop God Gebed Antwoord: Rudi Briel
–  Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
–  Bespeur Die Leuen: Mario Denton
–  Here, Maak ’n Binnekamermens Van My: Maretha Maartens
–  (Op)offer: Rassie Fourie
–  Tieners En Hulle Geloof: Herman De Kock
–  God Se Wiskunde: Johan Schoonraad
–  Redakteursbrief
–  Briewe
–  Vra Jou Vrae
–  Ek Weet Dit Was U, Here
–  Bybelvasvra
–  Soek Die Woord
–  Ontsyfer Die Kode
–  Inkleurpret
–  Dankie Dominee
–  Wie’s In Die Nuus?


Februarie/Maart 2024

JUIG! Februarie/Maart-uitgawe

In hierdie pragtige Februarie/Maart-uitgawe van JUIG! Tydskrif bied ons voorbladartikel ’n intieme blik op die gewaardeerde musikant, Jo Black, wat praat oor die donker put van depressie en hoe belangrik dit is dat mans eerlik is oor hulle geestesgesondheid. Jo onthul sy passie om ander te help met ’n nuwe ondersteuningplatform vir mans wat hy geskep het. In "Hoe geestelik fiks is jy?" ontdek ons die geheim daarvan om jou te kan verbly in alle omstandighede. Die artikel, “Profetiese megatendense wat ons wêreld in 2024 vorm”, ondersoek die ses megatendense wat die landskap van ons geestelike wêreld vorm: van KI tot klimaatsverandering.

Bly op hoogte van Christen-nuus en aktuele sake met ons nuus en sendingartikels en gebruik dit om met insig voorbidding te kan doen. Om lekker te ontspan loer gerus na ons pretbladsye met Bybelvasvra, blokraai, soek die woord en die inkleurblad.

Daar is ’n ietsie vir elkeen met talle opbouende kort pitkosartikels vir die maand. Kry gerus vandag jou nuwe JUIG! Tydskrif. Lekker lees!

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!

– Jo Black – ‘As Jy Val, Weet Ek Sal Jou Dra’
– Nuus
– Profetiese Megatendense
– Hermanus-Passiespel
– Prins William Oorweeg ’n Historiese Wegbreek Van Die Kerk Van Engeland
– Die Rivier Van Die Lewe
– Wat Is ’n Sendeling?
– Wat Weerhou Jou Daarvan Om Te Getuig?
– Unite180
– Ons Sentrum Waar Kindertrauma Aangehoor En Hanteer Word
– Pylgifpaddas – Juweeltjies Van Die Reënwoud
– ‘Jy Ontvang Meer As Wat Jy Gee’
– Het Jy Geweet?
– Karakters Van Die Bybel: Epafroditos & Epafras
– Die Gelykenisse Van Jesus: Die Vyeboom
– Skielik Verlam ... Toe God Se Plan
– Herlewing Onder Die Hmong – FEBA
– WOWZA
– Saleh Se Dapper Geloof Oorkom Doodsdreigemente – Geopende Deure
– Verenig Vir Die Oes – CfaN
– Ek Hardloop, Maar Raak Nie Moeg Nie: Elsabe Aldrich
– Oorwin Katastrofiese Denke: Rudi Briel
– Gebed Vir Elke Dag In 2024: Jean Symons
– Hoe Geestelik Fiks Is Jy? Riekert Botha
– Tieners En Hulle Geloof: Herman De Kock
– ‘Business By The Book’: Mario Denton
– Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
– Redakteursbrief
– Briewe
– Ek Weet Dit Was U, Here
– Blokraai
– Bybelvasvra
– Soek Die Woord
– Inkleurpret
– Vra Jou Vrae
– Wie’s In Die Nuus?
– Dankie, Dominee