Waar Is Al Die Manne Heen?

Dit was die artikel op Life Site News oor die Costa Concordia-passasierskip wat naby die Italiaanse kus ge¬sink het wat my aandag, vanweë die unieke perspektief op die gebeure, aangegryp het. Die media het aangedui dat die kap¬tein, Francesco Schettino, wat sy skip verlaat het, deur die kuswag beveel is om na die skip terug te keer. Schettino het skynbaar hierop gereageer deur verskeie leuens te vertel terwyl hy besig was om met die reddingsboot te probeer ont¬vlug. Die artikelskrywer vra tereg die vraag: “Watter soort man sluip ongesiens weg en laat 4 200 passasiers aan hul eie lot oor? Watter soort man stamp ou tannies, klein dogtertjies en jong ma’s uit die pad sodat hy eerste op die reddingsboot kan kom? Die antwoord – moderne mans, seksueel-geëmansipeerde mans wat in die feministiese era en volgens moderne lewens¬wyses grootgemaak is!”

Bankrot ideologie word ontbloot
Die Costa Concordia-tragedie het maar net al die foute en probleme van ’n ban¬krot sekulêr-humanistiese ideologie ontbloot. Die Vrouebevrydingsbeweging, bygestaan deur die liberale media, bevorder nou reeds vir langer as vyf dekades hierdie destruktiewe ideologie wat mans teenoor vrouens plaas. Dit het God se instellings, soos die huwelik en die gesin, afgetakel en die lewensbelangrike rol van die pa-figuur in die huisgesin tot iets totaal niksseggend gedegradeer.

Die aaklige gevolge van hierdie volgehoue verswakking van die man in die Wes¬terse samelewing, het op ’n baie tragiese manier in die Costa Concordia aan die lig gekom. In sy artikel ‘Captain Coward: Behold our brave new sexually emancipated world,’ betreur die skrywer van die artikel die tragiese gevolge van feminisme op die Westerse samelewing, en veral op die mans van die samelewing. Hy vra tereg: “Wat kan die uitdrukking: ‘Vroue en kinders eerste’ vir die moderne man, wat grootgeword het met die hele idee dat mans en vrouens gelyk is, dat vrouens eintlik niks meer as seks¬objekte is en kinders niks meer as ’n weggooibare las is nie, beteken?”

Pornografie-bedryf floreer
Dit is tragies dat mans wat met hierdie gereelde dieet van pro-feminisme en pro-homoseksualisme grootgeword het, nie in staat is om in tye van nood en gevaar soos ware here te reageer en op te tree nie. In plaas daarvan om die deur vir die vrou oop te maak, storm die geëmansipeerde man eerste by die deur uit. Die polities-korrekte man is slegs oor sy eie behoeftes en nood bekommerd en sien die vrou bloot as gebruiksitem wat daar is om in sy seksuele behoeftes te voorsien. Dit is om hierdie presiese rede dat die pornografie-bedryf ’n biljoen-dollar-bedryf is.

Pornografie beeld die vrou as blote seksobjek uit en dit lok natuurlik die narsistiese man uit. Self-opoffering, manlike krag en moed is almal eienskappe wat aan ’n vervloë era, toe Christelike waardes nog in die samelewing gegeld het, behoort. Interessant genoeg, het baie mense ’n vergelyking tussen die ‘moderne’ bemanning en dié van die Titanic getref.

Bybelse waardes oorboord gegooi
’n Honderd jaar gelede het die mans aan boord van die Titanic die vroue en kinders in die reddingsbote gehelp met die wete dat hulle hierdeur hulle eie kans op redding prysgee.

Die laaste sien van die kaptein was waar hy met ’n kind in sy arms gestaan het – in ’n poging om haar ’n kans op redding te bied. Slegs ’n honderd jaar later het die feministiese agenda en radikale homoseksualisme daarin geslaag om mans in ydele, verwaande, onverantwoordelike narsiste te verander – liefhebbers van die eie-ek! Die hele idee van dapper, vrymoedige mans wat God eer, moeilikhede oorkom, opofferinge vir sy gesin maak en ander voor homself stel, is saam met ander Bybelse waardes oorboord gegooi. Sekulêre humanisme en godlose idees soos homoseksualisme en feminisme, het mans in vrouens en vrouens in mans verander. Die samelewing hou aan vrouens voor dat hulle nie mans nodig het nie en met mans om seksuele dominansie moet kompeteer.

Die Skrif is egter baie duidelik: God het man en vrou geskape om mekaar te help en in die huwelik te komplementeer. Die feministiese ikoon, Gloria Steinem het met groot bravade verklaar: “Women need men like fish need bicycles.” Die reaksie hierop? Mans het hul vaderlike instinkte oorboord gegooi en jag alle seks wat die feministe kan bied waaroor hulle nie hoef skuldig te voel nie, na. Die absolute ontploffing van vaderlose kindertalle en ook die immerstygende aborsiekoers is maar twee vernietigende gevolge van hierdie godlose ideologie.

Markplein nou ’n oorlogsone
Die markplein is nog ’n oorlogsone waar die feministiese agenda bevorder word. Vrouens word aangemoedig om hul moe¬derinstinkte agterweë te laat, die gesin tot ’n minder belangrike status te rangeer en op hulle sukses op die korporatiewe leer te fokus.

Al hoe meer vrouens maak kinders sonder enige man in die verhouding, groot. Mans word genadeloos met pro-homoseksuele en feministiese propaganda in Hollywoord-flieks en liberale media gebombardeer – in so ’n mate dat eens gesogte manlike deugde soos vaderskap, moed en ridderlikheid uitgesterf het. Die sogenaamde ‘battle of the sexes’ het in die sosiale spektrum mans teenoor vrouens geplaas en is hulle betrokke by die mees bisarre geslagspel.

Feminisme het verder daarin geslaag om die sterk, sorgsame en ook liefdevolle man en verantwoordelike vader, oorbodig te verklaar en sodoende is die gesinseenheid vernietig.

Die humanistiese ideologie wat mans in ’n voortdurende geveg vir oorheersing teen vrouens stel, het egskeidingsyfers die hoogte laat inskiet. Lojaliteit en toewyding is die natuurlike slagoffers in hierdie ideologie wat aan die self toegewy is.

Huwelike beteken niks meer nie
Mans dink absoluut niks daarvan om hul huwelike prys te gee en by toevallige seksmaats wat toenemend beskikbaar is, betrokke te raak nie. Hierdie betrokke artikel verwys ook na Michael Voris, Katolieke Apologeet, se reeks video’s oor die ‘ontmanning’ van die mansgeslag en die effek van feminisme op die Katolieke Kerk en die wêreld oor die algemeen. Volgens hom is die soort man wat deur die feministies-beheerde media goedgekeur word, swak, minder intelligent en oneffektief. Beheer deur sterk, moderne en intelligente vroue is dus noodsaaklik. En dit, volgens Voris, het veroorsaak dat sterk mans die Kerk en die gesin verlaat het om ’n kanaal te vind waar hulle hul manlikheid in ongesonde omgewings soos byvoorbeeld misdaad en die objektivering van vrouens, sonder skuldgevoel kan uitgeoefen.

Katastrofiese gevolge
Die katastrofiese invloed van feminisme in die gemeenskap is onbetwisbaar, veral in die lig van die toenemende aantal mans wat hulle vrouens en kinders verlaat. Va¬derlose kinders is die grootste faktor in die sosiale destabilisering van die Westerse samelewing.

Die opstande in Julie 2010 in die VK – waarin hoofsaaklik jonges uit disfunksionele gesinne betrokke was – het die ontsettende gevolge van vaderlose gesinne gedemonstreer.

Die Bybelse wêreldbeskouing gee mans die opdrag om hul gesinne lief te hê en te beskerm – en dit het ’n kultuur van selfopoffering en sosiale verantwoordelikheid by mans wat die samelewing tot voordeel is, tot gevolg. In plaas daarvan om die man se beeld op te bou, het feministe dit totaal afgetakel deur hulle van hul Godgegewe manlikheid en doel te beroof. Volgens die artikelskrywer het feminisme daarin geslaag om manlike krag te demonetiseer en hulle voor te hou as monsters, vroueslaners en kindermisbruikers.

Herontdekking van manlikheid noodsaaklik
Die geëmansipeerde man is die tragiese gevolg van dekades se volgehoue indoktrinasie deur die feministiese en homoseksueel-gedomineerde liberale media. Bybelse waardes word verkleineer en as argaïes afgeskryf. Die waarheid is egter dat die waardes en beginsels wat in die Bybel uitgestip word, die dapperste, galantste en manlikste mans in die geskiedenis tot gevolg gehad het.

Die Westerse samelewing het die rykste en gevorderdste van alle samelewings geword juis as gevolg van Christelike beginsels. Van die gevaarlikste en avontuurlikste ontdekkings kan aan mans wat ’n Bybelse wêreldbeskouing gehandhaaf het, toegeskryf word.

In vandag se feministiese kultuur is dit ondenkbaar. Die man wat deur die Bybel geïnspireer is, het van die ontwikkeldste beskawings in die geskiedenis gevestig, want hy het die doel van sy manlikheid verstaan. Die ‘ontmande’ man se verlossing hang dus van die herontdekking van sy manlike krag en die gebruik daarvan tot eer van God af om so-doende sy Godgegewe doel te vervul.


Jesus Naam Bo Alle Name

Woorde is baie belangrik. “Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God.” Joh 1:1.

God se volk het in die Ou Testament baie goed verstaan wat dit beteken om eer aan God te betoon deur Sy Naam te eer. Die skrywers wat die Skrif met die hand moes oorskryf, het baie komplekse reëls gehad wat hulle in staat gestel het om die Woord akkuraat en versigtig oor te skryf. Die woord- en lettertal is aan die einde van elke bladsy aangedui en moes verseker dat daar nie iets uitgelaat of bygevoeg is nie. Wanneer hulle by die sekondêre Name van God, soos Elohim of El-Shaddai, gekom het, het hulle ophou skryf, hulle penne neergesit, nuwe penne geneem en die Naam baie versigtig neergeskryf.

Die skryf van God se Naam
Wanneer hulle egter by die hoofnaam van God, waardeur Hy Homself aan Moses in die brandende braambos getoon het – Jehovah of Yahweh, waarvoor hulle net vier letters, JHWH, gebruik het – gekom het, moes hulle van hulle stoele opstaan, hulleself gaan was en nuwe, skoon klere wat spesiaal vir die doel daar was, aantrek. Hulle moes dan bid, hulle sondes bely, ’n nuwe pen en vars ink gebruik om dan daardie vier letters, JHWH, neer te skryf.

Mense doen dit nie meer vandag nie. Dit is egter ons missie by JUIG! om te verseker dat elke woord wat na God verwys, insluitende voornaamwoorde, met hoofletters geskryf word. Ons doen dit ook met woorde soos Bybel, Redder, Evangelie en Opstanding.

Die vrees van die Here
Die Bybel leer: “Eerbied van die Here is die begin van Wysheid.” Ps 111:10. Klaarblyklik kom baie mense deesdae wysheid kort. Wat eens onwettig en ondenkbaar was, word nou op televisie gebeeldsend, oor die radio uitgesaai, in films vertoon en in die media gedruk. Ons word letterlik deur goddeloosheid gebombardeer.

Wees versigtig, lasteraars!
Toe ek vir militêre diensplig opgeroep is, was ek uiters geskok om te hoor hoe soldate, sonder om ’n oog te knip, die Here se Naam misbruik. Tog het baie van hulle ongemaklik gevoel as hulle dit in die teenwoordigheid van ’n Christen gedoen het. Hulle sou dan omdraai en verskoning maak omdat hulle geweet het dit maak Christene seer dat hulle Heer en Meester se Naam so ydellik en ligtelik aangeroep en misbruik word. Ek moes die individue tog daarop wys: hulle moes mý nie om versko¬ning vra nie. Ek was so ontsteld oor die lastering, dat ek gevra het om die offisier in bevel te spreek. Toe ek by sy kantoor instap, het hy dadelik gevra wat die probleem is.

Ek het hom gevra of dit teen die wet is om die Naam van God te belaster. “Natuur¬lik!” was sy antwoord. “Word die Here se Naam in hierdie eenheid gelaster?” Ek moes antwoord: “Ja, Kommandant. Dit is so dat die Here se Naam daagliks ydellik deur die korporaals en sersante gebruik word,” waarop hy dadelik geantwoord het dat hy die saak verder sou hanteer.
Die volgende Vrydag, tydens parade, het hy die eenheid toegespreek: “Die Here Jesus Christus is in bevel van hierdie weermag. Hy is die een wat bepaal of ons lewe of sterwe. Die oorwinning of nederlaag is in Sy hande. Jul lewens is in Sy hande. Enig¬iemand wat die Here, ons God, se Naam ydellik gebruik, is ’n verraaier en sal as sulks hanteer word. Ek sal nie enige laster in hierdie eenheid duld nie!” En hy het nie. Sommige offisiere het selfs hulle rang as gevolg hiervan verloor.

‘Geknoopte’ tong
’n Nuwe gelowige het by een geleentheid vir ’n berugte vloekbek-korporaal wat weer die Here se Naam gebruik het, gesê: “Die Here sal jou oordeel!” Die vloekbek het weer gevloek, sy Cokeblikkie opgetel om sy koeldrank verder te drink en is toe deur ’n by, wat hy nie op die blik sien sit het nie, op die tong gesteek. Sy tong het onmiddellik dik opgeswel en hy kon vir etlike dae glad nie praat nie. Die hele peloton kon nie help om uit te bars van die lag nie.

’n Ander vuilmond in ons eenheid is deur ons Bybelstudiegroep gewaarsku dat God die trotsaards sou oordeel. Kort daarna het hy sy nek so beseer dat hy vir ’n aantal weke ’n nekstut moes dra. Waar hy ookal gegaan het, het ander heidene vir hom gelag en die woorde wat ons vir hom gesê het, herhaal.

In Handelinge lees ons hoe God met Ananias en Saffira gehandel het: Hulle het die doodstraf gekry omdat hulle vir die Heilige Gees gelieg het en só God se Naam onteer het. “Hy het neergeval en gesterf… Die hele gemeente het groot geskrik en al die ander wat hiervan gehoor het, het net so geskrik.” Hand 5:5,11.

God se vul¬lishoop
Die ‘Westminster Kategismus’ leer dat ‘die mens se hoofdoel is om God te verheerlik’. Indien ons Sy Naam belaster, skend ons die doel van ons bestaan. Wat gebeur met ’n elek¬troniese item indien dit nie meer werk nie? Dit land op die vullishoop. Die Here het die ewige hel as ‘Gehenna’ beskryf – die branden¬de vullishoop buite Jerusalem. Net soos die rook voortdurend uit die brandende vullis na bo trek, sal die rook uit die Ewige Vuur – Sy vullishoop – opstyg, het die Here gesê. Diegene wat Hom nie vereer nie, sal beslis nie die Ewigheid saam met Hom deurbring nie. Hulle sal vir altyd van Hom geskei wees en op die Ewige vul¬lishoop – die hel – wees. Wanneer die bestaan van die Lewege¬wer ver-smaad word, word die lewens van mense ook versmaad. Indien God gedegra¬deer word, word ons, skepsels uit Sy hand, waardeloos.

Aanbidding in die werksplek
Sir Christopher Wren, die argitek van die St Paul-katedraal in Londen, het be¬veel dat groot kennisgewingborde tydens die bou van die katedraal opgesit word waarop bouers en werkers gewaar¬sku word dat enig¬een wat die Here se Naam ydellik gebruik, dadelik in die pad gesteek sou word. Vir hom was dit on¬onderhandelbaar – die Here moet deur Sy skepsels, vereer en verheerlik, en nie gelaster nie, word.

Gebede en sang is tevergeefs
Jy het miskien nog nooit oorweeg om die Derde Gebod direk te verbreek nie, maar bid of sing jy soms waarin jy die Here se Naam op ondeurdagte, amper meganiese wyse gebruik? Wanneer ons in hartelose en onverskillige aanbidding verval, verbreek ons ook inderwaarheid die Derde Gebod. Ons nader God se Troon in gebed en liefde deur Sy Naam.

Ons durf nie die Naam ligtelik gebruik nie. Prys ons Hom op ’n manier dat Sy Naam vir ons geen betekenis inhou nie? Ons moet altyd ernstig, heelhartig en entoesias¬ties in ons lofprysing en gebed wees. “Julle skynheiliges! Die profeet Jesaja het julle raak beskryf: Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Hulle gods¬diens is blote skyn, want hulle hou menslike leerstellings voor as wette van God.” Lees ons in Matt 15:7-9.

Wêreldse aanbidding
Betekenislose aanbidding is die onvermydelike uitvloeisel van ’n wêreldse gees. In baie kerkgeboue hang mense op ’n luilek¬ker manier rond, bekyk ander mense, sit en beskinder ander en wend geen po¬ging aan om hul hart en gees op die verheerli¬king van God te fokus nie. Sommige wend nie eens ’n poging aan om die lofprysings¬liedere saam te sing nie. Baie predikante help hierdie gees aan deur hulle eie oor-gemaklike drag, ligsinnige praatjies en onvanpaste grappe.

Dit help nie ontsag en eer tot God en Sy Heiligheid aan nie. “Hulle kom en luister ewe vroom na jou prediking, maar hulle doen nie wat Ek vir hulle sê nie. Met hulle monde bely hulle liefde, maar hulle harte is net agter geld aan. Jy vermaak hulle soos iemand wat liefdesliedjies met ’n mooi stem sing of goeie musiek maak. Hulle hoor wat jy sê, maar doen dit nie!” Eseg 33:31-32. Hierdie skynheiligheid is dikwels die gevolg van ’n weiering om die Here se bevele te gehoorsaam. “Waarom noem julle My dan ‘Here’ as julle My nie gehoorsaam nie?” Luk 6:46.

Heelhartige aanbidding
Om die Naam van die Here met ware betekenis en erns te gebruik, vereis heelhartige liefde en gehoorsaamheid. Hulle neem die wet in eie hande en is baie kieskeurig oor die gedeeltes in die Bybel wat hulle wel aanvaar en dit word dan met mensgemaakte beleid en filosofieë gemeng. Die Derde Gebod verbied alle onopregtheid, ondeur¬dagtheid en vlakheid wanneer dit by aanbidding kom. Dit veroordeel skynheiligheid, rebellie en ongehoorsaamheid by diegene wat daarop aanspraak maak dat hulle die Here dien. Die positiewe deugde wat deur die Derde Gebod vereis word, is bedagsaamheid, erns en heelhartige toewyding aan die eienskappe van ons Heer en Verlosser.

Die belangrikste doel vir die mens is om God te verheerlik en Sy teenwoordigheid te geniet. “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” Matt 12:34.


Hulle Sal Aan Hulle Vrugte Geken Word

Ons word in 1 Timoteus 4 gewaarsku dat die tyd sal kom dat Christene deur allerhande dwaalleringe en skynheilige prediking op sleeptou geneem sal word. Daar sal mense wees wat voorgee dat hulle godsdienstig is, maar geen gewete het nie. En ons sien dit daagliks om ons. Dit is hartseer dat leiers deesdae nie oor die moed van hul oortuiging beskik om vir God se Woord en dit wat reg is op te staan nie. Hulle verkies om eerder aan die kant van beroemdes te wees, of vind dit makliker om bloot net die Waarheid van God se Woord te ontken, of hulle is ongemaklik oor die Waarheid omdat dit hulle skuldig laat voel en hulle nie werklik die aangewese kwessies wil hanteer nie.

Ons mag nie oordeel nie
Ons, as kinders van God, is nie hier om ander te oordeel nie. Christene word egter opgeroep om getuies te wees. Christene behoort daarom in staat te wees om teen¬oor die sondaar te getuig van dit wat reg en verkeerd volgens God se Woord is. Tog is dit deesdae makliker om hierdie ou cliché: ‘Haat die sonde, maar bewys liefde teenoor die sondaar’, wat, so terloops, nêrens in die Bybel is nie, as gerieflike verskoning te gebruik om absoluut niks te doen om enige sonde uit te wys nie. Die Bybel is baie duidelik daaroor dat sondaars wat nie hul sonde bely en laat staan nie, gestraf gaan word. Dit beteken dus dat die sondaar saam met sy sonde in die hel gaan eindig. Ons moet versigtig wees dat ons nie enige persoon tot ‘die hel toe’ lief het nie.

Dit is elke Christen, en veral Christen-leiers, se plig om die verantwoordelikheid van hul posisie te aanvaar en die suiwer Woord van God te verkondig. Ons lees: “Die Heilige Gees leer ons duidelik dat in die laaste tye sommige mense sal wegdraai van wat ons glo; hulle sal leuengeeste volg en leerstellings wat van bose geeste af kom. Hierdie dwaalleraars is skynheiliges en leuenaars. Hulle gee voor om godsdienstig te wees, maar hulle gewete is dood.” 1 Tim 4:1-2.

Christus is die voorbeeld
Dit is duidelik geïllustreer tydens die ver¬kiesing van president Barack Obama in 2009. Op daardie tydstip het invloedryke Christen-leiers (soos Franklin Graham, seun van evangelis Billy Graham, president van ‘Billy Graham Evangelistic Association’ en president sowel as HUB van ‘Samaritan Purse’) in gebreke gebly om openlik te verklaar dat Obama nie ’n Christen is nie (alhoewel hy geloof in God bely het). Leiers het verkies om eerder stil te bly uit vrees dat hulle Obama en sy volgelinge sou vervreem en vandag is die hartseer, vernietigende gevolge van sy ‘Christelike’ beginsels, beleid wat aborsie bevorder, gay-huwelike en ’n hele aantal ander onbybelse agendas voorstaan, egter baie duidelik. En dit net omdat ingeligte leiers, verkies het om stil te bly of om oppervlakkige beloftes oor geloof te steun.

“’n Boom word aan sy vrugte geken. ’n Goeie boom kan nie anders as om goeie vrugte te dra nie. En ’n slegte boom kan nie anders as om slegte vrugte te dra nie.” Matt 12:33. President Obama word gekritiseer vir sy standpunt oor aborsie en sy sienswyse van enkelgeslag-huwelike. Is dit in ooreenstemming met ’n Bybelse standpunt? Of is dit ’n geval van die vrugte wat sigbaar is?

Wat is die antwoord?
Hier ter plaatse word sake net so verdraai. In ‘Rapport’ van 12 Februarie word berig dat dr. Ben du Toit, kommunikasiedirekteur van die NG Kerk, sou gesê het dat hy groot respek vir sy dogter en skoonseun (Yo-landi Vi$$er en Ninja, van die ‘zef-hiphop-groep’, ‘Die Antwoord’) se intellek, begaafdheid, toewyding en kunsvorm het en dat hy en sy vrou baie lief vir hul kinders is. ‘Die Antwoord’ is bekend vir hul kru lirieke, smerige taal, kritiek teen die establishment en die weghol-sukses wat hulle tans oorsee geniet.

Ons is nie by magte om hoegenaamd enige uitsprake oor dr. Du Toit se toewyding en liefde vir sy kinders te maak nie, maar ons is bewus van die leierskapsposisie wat hy in die kerk beklee. En hierdie posisie wat hy beklee, vereis verantwoordelikheid vir die uitsprake wat hy maak. Hoe kan enigiemand respek hê vir ’n kunsvorm wat geen eer aan God bring nie en wat ander jongmense negatief beïnvloed?

Respek misplaas?
Volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) kan ‘respek’ as volg gedefinieer word: ‘Eerbied (hoogagting, gevoel van bewondering), ontsag en agting’. Kan enige mens wat ’n navolger van Jesus Christus is en ’n intieme verhouding met hom het, bewondering/respek hê vir die (soms) walglike lirieke en uitlokkende vertonings van dié groep? Wat het die duisternis met die lig in gemeen?

As Christene kan ons nie stilbly wanneer ons leiers onbybelse stellings maak nie – hulle beïnvloed groot getalle mense en God sal hulle baie strenger hieroor oordeel (Jak 3:1).

Natuurlik is ek maar te bewus dat ons as ouers dikwels die optrede en dade van ons kinders afkeur en dat ons hulle ten spyte van die verkeerde dinge bly liefhê. God het ons immers as sondaars, ten spyte van ons sondes, so liefgehad dat Hy Sy Seun aan die Kruis vir ons laat sterf het. Sou dit egter nie meer gepas gewees het om maar liewer in die openbaar oor ‘sy kinders’ te swyg eer¬der as om te verklaar dat hy hulle respekteer nie? Dit is soms so maklik om te sê dat hulle professionele lewe hul verantwoordelikheid is, maar wat het met die priester Eli in die Ou Testament gebeur omdat hy nie sy twee seuns gedissiplineer het nie? (1 Sam 2:27 – 1 Sam 4:22). As ouers het ons ’n enorme verantwoordelikheid teenoor ons kinders, maar indien ons enigsins in ’n leierskapsposisie is, is ons verantwoordelikheid soveel groter.

Kulturele Christenskap bestaan nie
Ons kan nie langer bekostig om te sien dat dit wat in die Woord verkeerd genoem word, goed gepraat word nie. Ons mag nie oordeel nie, maar ons het die ver¬antwoordelikheid om bo¬me aan hul vrugte uit te ken en te waarsku indien dit wat by die mond uitkom, nie tot Sy eer is nie. “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. ’n Goeie mens bring uit die oorvloed goeie dinge te voorskyn en ’n slegte mens bring uit die oorvloed slegte dinge in sy hart die slegte te voorskyn. Dít verseker Ek julle, julle sal op die oordeelsdag rekenskap moet gee van elke onverskillige woord wat julle sê. Op grond van wat jy nou sê, sal jy eendag vrygespreek of veroordeel word.” Matt 12:35-37.

Jesus is, en bly, die enigste Antwoord!


Christus Het Waarlik Opgestaan

Die liggaamlike Opstanding van Jesus Christus uit die dood is geweldig belangrik. Die dood is die mens se grootste vyand; dit oorwin alle mense, maar dit kon Christus nie oorwin nie. Nasies, stede en mense ontstaan om ’n spe¬sifieke rede, groei ’n seisoen lank en ver¬dwyn dan weer. Huise, klere, selfs voertuie, verweer en vergaan uiteindelik net soos hulle eienaars.

Al die stigters van die groot gods¬dienste en bewegings het gesterf en hulle grafte kan vandag nog besoek word – dink maar aan Zoroaster, Confucius, Boeddha, Mohammed, Marx en Darwin. Hulle is almal dood en het reeds in hul grafte vergaan. Maar Jesus Christus lewe!

Die Opstanding van Jesus Christus is uiters belangrik omdat dit Christus se oorwinning oor die dood demonstreer. Dit bring hoop vir alle mense; dit bewys dat die Ewige Lewe vir die gelowige beskikbaar is; dit wys op die uiteindelike oorwinning van God oor die bose en dit bied ’n onbetwisbare bewys dat die boodskap oor Jesus Christus, as Regter sowel as Verlosser, die waarheid is.

“Hy het immers ’n dag bepaal waarop ’n Man wat Hy beskik het, in geregtigheid oor die wêreld gaan oordeel. As bewys vir almal wie dié Man is, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.” Hand 17:31.

Navorsing van Skeptici
Die Opstanding is die basis van die Christelike geloof en uiters belangrik – juis daarom word dit verbete aangeval. Frank Morison, ’n regskundige, was vasbeslote om te bewys dat die Opstanding nié plaasgevind het nie om sodoende die Christendom te ondermyn. Die gevolg van sy onverpoosde navorsing was dat hy hom tot Christus bekeer het en ’n boek, ‘Who Moved the Stone?’ geskryf het. Hierin word daar oorweldigende bewyse van die Opstanding van Jesus Christus gegee.

’n Skeptiese universiteitsdosent, Josh McDowell, wat net so vasbeslote was om te bewys dat die Christelike geloof eintlik ’n vals geloof is, het getuienis teen die Opstanding ondersoek. Ook hy het hom tot Christus bekeer en die feno¬menale boek ‘Evidence That Demands a Verdict’ geskryf waarin dokumentasie en bewyse wat dié historiese gebeurtenis bewys, vervat is. Boonop word die feitelike akkuraatheid, argeologiese bewyse, manuskripbewyse, vervulde profesieë en veranderde lewens daarin genoem en dien as bewys dat Christus uit die dood opgestaan het en dat die Christelike geloof op die waarheid gegrond is.

Thomas Arnold, geskiedenisprofessor aan Oxford en een van die grootste historici van die 19de Eeu, het geskryf: “I know of no one fact in the History of mankind which is proved by better, fuller evidence of every sort, to the understanding of a fair enquirer, than the great sign which God has given us that Christ died and rose from the dead.”

Die Integriteit van die Woord
Een van die mees gerekende regspraktisyns ooit en vader van die Harvard Law School, Simon Greenleaf, word as die gesaghebbendste persoon gereken ten opsigte van wat geldige bewyse in enige regsaak is.

Hy het ’n baie deeglike studie van die objektiewe bewyse en getuienis van die vier Evangelieskrywers, Matteus, Markus, Lukas en Johannes gemaak en ’n boek daaroor gepubliseer – ‘The Testimony of the Evangelists’ (Baker, 1874). Daarin het hy tot die gevolgtrekking gekom: “It was therefore impossible that they could have persisted in affirming the truths they have narrated, had not Jesus actually risen from the dead, and had they not known this fact as certainly as they knew any other fact.”

Simon Greenleaf het ook verklaar dat enige geregshof, indien die bewyse voorgelê sou word, uitspraak ten gunste van die integriteit en akkuraatheid van die Evan¬gelieskrywers oor die Opstan¬ding sou lewer.

Wat is die ware feite?
Die godsdienstige leiers, die Fariseërs en Sadduseërs, wat ’n veldtog gelei en saamgesweer het om Christus te arresteer en triomfantelik tereggestel het, het ’n baie groot belang gehad in die weerlegging van enige aanspraak op die Opstanding. Hulle het gedink dat Jesus se teregstelling die bedreiging van hulle godsdienstige magsbasis sou elimineer en Sy ondersteuners vir ewig sou stilmaak. Hulle was grootliks bekommerd oor die Liggaam van Jesus en het die Romeinse goewerneur, Pontius Pilatus, vir militêre hulp genader om die graf te beveilig. (Matt 28:62-64).

Die Romeinse goewerneur se belange was om die oproerige Palestina-provinsie se vrede en stabiliteit te herstel. Hy het die politieke probleme wat uit hierdie situasie met die godsdienstige Leermeester, wat hy drie keer onskuldig verklaar het, kon voortvloei, erken. Uiteindelik het hy sy hande voor die skare gewas en verklaar: “Ek is onskuldig aan die dood van hierdie man. Dit is op julle reke¬ning.” Matt 27:24. Pilatus was maar té bewus van die be¬spotting wat daar van die gereg gemaak is en die laaste ding wat hy nodig gehad het, was ’n herbeskouing van sy skandalige gedrag en die ontduiking van verantwoordelikheid en plig in hierdie saak. Deur seker te maak dat die liggaam in die graf bly, was daarom definitief in Pilatus se politieke belang. “Hier is ’n wag vir julle. Gaan beveilig die graf so goed as moontlik.” Matt 27:65.

Die Geseëlde Steen
Omdat die hoofpriesters die Romeinse goewerneur genader het, en omdat die Griekse woord ‘Koustodia’ gebruik word om ’n afvaardiging van soldate te beskryf, wás dit dus ’n Romeinse wag voor die graf. As slegs ’n tempelwag gebruik is, sou dit nie nodig gewees het om Pilatus daaroor te nader nie.

Die kommer van die wagte om ná die Opstanding teen die gevolge en die goe¬werneur beskerm te word (Matt 28:14), be¬vestig dat die wagte by die graf inderdaad Romeinse wagte was. Die afvaardiging sou uit ten minste 16 soldate bestaan. Vier soldate per diensbeurt is direk voor die ingang na die graf geplaas. Die Romeinse militêre wet het vereis dat enige wag wat sy pos sou verlaat of wat aan die slaap sou raak tydens sy wagbeurt, gekruisig sou word. Enigiemand wat die Romeinse seël sonder toestemming sou breek, sou agtervolg en tereggestel word.

Die Ware Messias
Alhoewel dit die voorneme van die godsdienstige en politieke leiers was om seker te maak dat hierdie hele ‘Jesus-fenomeen’ by die graf sou eindig, het hierdie buitengewone veiligheidsmaatreëls net die waarheid, dat hulle ’n onskuldige man vermoor het en dat Jesus Christus waarlik die Messias, die Seun van die Lewende God was, bevestig. “…en van Jesus Christus, die betroubare getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het en wat heers oor die konings van die aarde…die Lewende. Ek was dood en kyk, nou leef Ek vir altyd en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk.” Openb 1:5,18.

Christus se Oorwinning oor die Dood
Ten einde die leë graf te verduidelik, moes die vyande van die Evangelie desperaat na misleidende teorieë gryp. Die eerste een was om voor te gee dat die dissipels die liggaam gesteel het. Dié ongelooflike teorie gee voor dat dieselfde dissipels wat in die tuin geslaap, tydens Sy arrestasie gevlug, voor die jong diensmeisie ontken en bang agter toe deure weggekruip het, gesament¬lik 16 professionele Romeinse wagte kon oorval, dit durf waag het om die Romeinse seël van die graf te breek en ’n twee-ton-rots beweeg het net om ’n liggaam te steel! ’n Dooie Messias sou tog mos geen doel vir die dissipels hê nie.

Hulle het absoluut niks gehad om te wen nie, maar kon alles verloor. Elkeen van die dissipels het onder ernstige vervol¬ging gely en die meeste het as martelare gesterf. Sou jy vir ’n leuen sterf?

Oorweldigende Getuienis
Ander bevraagteken weer die feit dat Christus werklik aan die Kruis gesterf het. Moontlik het Hy net flou geword? Hierdie flou teorie wil ons laat glo dat die Romeinse soldate wat professionele moordenaars was, gefaal het in hul pogings om seker te maak dat hierdie hoë-profiel-gevangene waarlik dood is.

As die wreedaardige géseling wat Jesus moes deurmaak, die verskriklike kruisiging en die spies in Sy sy, waar water en bloed uitgevloei het, in gedagte gehou word, is dit oortuigende en genoegsame bewys dat Hy werklik gesterf het.

Die leë Graf
’n Ander desperate poging om die Opstanding weg te redeneer, is om te sê dat hulle – Maria Magdalena, Petrus, Johannes, die ander vroue, almal na die verkeerde graf gegaan het. En op ’n manier het nie die Fariseërs, die Sadduseërs, die Romeinse soldate of Josef van Arimathea, wie se graf dit was, daaraan gedink om daarop te wys dat die regte graf nog steeds die liggaam bevat het nie! Hierdie teorie is net so vergesog! Daar was geen ander graf in dié tuin nie!

Die Afwesigheid van die Liggaam
Al wat die Romeinse en Joodse leiers moes doen om die Christendom te beëindig, was om ’n liggaam as bewys na vore te bring. En hulle kon nie! Selfs toe die Apostel Petrus die dag met die uitstorting van die Heilige Gees opgestaan en verklaar het: “Die hele Israel moet dus verseker weet: God het hierdie Jesus wat júlle gekruisig het, Here en Christus gemaak!” Hand 2:36. “Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus…” Hand 4:33. Duisende in Jerusalem, insluitend baie Fariseërs, het daar tot geloof gekom.

Die Geloofwaardigheidskrisis
Dit was vir die Joodse godsdienstige leiers die grootste nagmerrie – ’n ramp! Die ver¬klaring van die Opstanding van Christus het dus hul mag en geloofwaardigheid ondermyn. Duisende van hulle volgelinge het geglo dat hulle ’n onskuldige man, die Messias, ter dood veroordeel het.

Dié nuwe godsdiens het hul magsbasis ondermyn. Indien die liggaam van Jesus gevind sou kon word, sou die Christendom daar en dan tot ’n einde gekom het en die bedreiging wat dit vir die godsdiens¬tige leiers ingehou het, sou beëindig wees. Omdat hulle die liggaam so dringend nodig gehad het om hul eie saak te be¬vorder, sou hulle alles in die stryd werp om die liggaam te vind – indien dit hoegenaamd moontlik sou wees.

Die Ooggetuies
Ons het egter nie net met die leë graf en die afwesigheid van die liggaam te doen nie, maar ook met die verslag van die ooggetuies. By ten minste twaalf verskillende geleent-hede is Jesus gesien nadat hy uit die dood opgestaan het.

Om hierdie getuienis ‘weg te verduidelik’, probeer die vyande van die Christendom voorgee dat dit bloot hallusinasies, of dalk nog die gevolg van hipnose of histerie, was. Ver van liggelowig, was Sy dissipels skepties en traag om te glo dat dit werklik Hy was. Thomas het selfs verklaar dat Hy nét sal glo indien hy persoonlik sy vingers in Jesus se wonde aan Sy hande, voete en sy kon druk.

Die Veranderde Dissipels
Ons het nie net die verslae van ooggetuies nie, maar ook die dramatiese verandering van die dissipels self as bewys. Die Opstandig van Jesus het hulle rou in vreugde verander. Hul lafhartigheid het in vrymoedigheid, en hul skeptisisme in geloof ver¬ander. Hulle was ook baie vasbeslote en gedetermineerd. Saulus, die vervolger van die Kerk, het in Paulus, dié apostel van die Kerk, verander.

Dit het ook die gemeenskap en die geskiedenis verander. Dit het die Joodse Sabbat in die Christelike Dag van die Here verander. Die Opstanding het die Joodse oorblyfsel in die wêreldwye Christelike Kerk verander. Jesus het Self geprofeteer dat Hy uit die dood gaan opstaan. En omdat dit vervul is, kan ons absoluut seker wees dat Jesus Christus, God met ons is, soos wat Hy gesê het. Ons kan dus weet dat ons sonde deur Sy bloed wat aan die Kruis op Golgota gevloei het, vergewe is.

Juis op grond van Sy dood aan die Kruis kan ons ons verheug – ons sonde is vergewe, geregverdig deur geloof. Op grond van Sy Opstanding uit die dood kan ons uitsien na die Ewige Lewe.

Ons dien ’n Opgestane Heer en Redder
Ons dien ’n Opgestane Heer en Redder! Die dood is oorwin. Christus het opgestaan – oorwinnend oor die dood, hel, satan en die graf. Hy is die Opstanding en die Lewe! (Joh 11:25).

“Alle eer aan God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy Sy liefde aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop om dat Jesus uit die dood opgestaan het.” 1 Pet 1:3.